Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kies vir jou ’n taal: Engels, liberale ideologie en rassisme

Desmond Painter


Deel 1: Agtergrond

Deel 2: Voorkeurtale

Deel 3: Konstruksies van Engels en isiXhosa

Dit is algemeen in huidige liberale diskoerse oor die rol van Engels in die wÍreld om te verklaar dat dit nie meer verbonde is aan insulÍre oorspronge nie, dat dit nie meer die eiendom van Brittanje, Amerika, Kanada, of AustraliŽ is nie; dit is nou die eiendom van die wÍreld, besit deur wie ook al kies om dit te praat, ’n taal vir almal om te gebruik in globale kommunikasie. Maar is dit? (Pennycook 1998:190-191, my vertaling.)

Ek het in Deel 2 van hierdie artikel verwys na die universele pretensies wat konstruksies van Engels onderlÍ. In Deel 3 ondersoek ek die konstruksie van Engels as ’n universele taal in meer besonderhede. Ek argumenteer dat hierdie status Engels as ’n taal van keuse in publieke domeine normaliseer, ander tale dus relegeer tot private domeine, en op hierdie manier spesifiek isiXhosa gevange hou as ’n vaste rassebetekenaar (“racial signifier”). Anders gestel, eerder as om alle tale voor te stel as wedersyds uitsluitende merkers van etniese identiteit en op hierdie manier regverdiging te bied vir ’n vorm van etnotalige segregasie (wat “kulturele” of “differensiŽle” rassisme genoem sou kon word), is Engels deur die deelnemers aan my studie gekonstrueer as die taal van inklusiwiteit en gemeenskaplike begrip - “ons” taal. Weerstand teen veeltaligheid is gelegitimeer deur dit te blameer vir die ondermyning van wedersydse begrip en nierassigheid in publieke ruimtes (’n strategie wat “refleksiewe” rassisme genoem kan word: “veeltaligheid is net ’n dekmantel vir hulle rassisme”).

Alistair Pennycook (1994:11) skryf:

Ö die siening van die uitbreiding van Engels as natuurlik, neutraal en voordelig is sentraal in die diskoers van Engels as ’n internasionale taal (my vertaling).

Hierdie oordeel is by uitstek van toepassing op die beelde van Engels wat in my data aangetref word, en is beslis nie beperk tot Engelssprekende deelnemers nie; ook Afrikaans- en isiXhosasprekende deelnemers onderskryf, meestal sonder protes, die dominansie van Engels op grond van die taal se internasionale status. Trouens, eerder as “internasionaal” word Engels emfaties gekonstrueer as “universeel”.

  • Uittreksel 5
    Tanya: Okay obviously we need to learn to speak Xhosa, English and Afrikaans. Not in this world, just in this country. To live in South Africa you have to know how to speak English.

  • Uittreksel 6
    Tanya: Our language is a universal language, and I mean, most or many people around the world speak English. Black people, I mean in South Africa for example, you won’t find many people who can’t speak English. And it’s like very seldom that you actually, like very seldom, come across a black that can’t speak English.

    In beide hierdie uittreksels word Engels as terselfdertyd globaal en nasionaal gekonstrueer. In die lig van die taal se globale status word die noodsaaklikheid van veeltaligheid gekwalifiseer as slegs ’n plaaslike vereiste (Uittreksel 5). Op grond van dieselfde konstruksie, naamlik dat Engels oral is en dat almal dit kan praat, word egter ook geargumenteer dat dit selfs hiťr, in Suid-Afrika, onmoontlik is om oor die weg te kom sonder kennis van Engels. Tog, alhoewel Engels dus noodsaaklik is, word niemand gedwing om dit te praat nie: die meeste Suid-Afrikaners, ook swart Suid-Afrikaners, deel ten minste een kenmerk met mekaar en met die meeste ander mense in die wÍreld: hulle (ons?) kan almal (alreeds) Engels praat (Uittreksel 5).

    Ten spyte daarvan dat sy haar universele aanspraak versag met die kwalifikasie “or many” (Uittreksel 6), is die algemene strekking van Tanya se argument dat Engels ’n vanselfsprekende gegewe is. Die aanvanklike vanselfsprekendheid van veeltaligheid word dus byna onmiddellik ondergeskik gestel aan die meer fundamentele vanselfsprekendheid van Engels en op hierdie manier eintlik onnodig gemaak. Soos later gesien sal word, is dit maar ’n kort tree van hierdie onnodigheid van veeltaligheid na die onwenslikheid daarvan.

  • Uittreksel 7
    Susan: Oh well, they are more than us so obviously the, the main language in the class is English, so having lots of different languages is (.) it’s basically just out on the playground where we have different languages.

  • Uittreksel 8
    Marc: Okay, you can’t expect everyone to speak one
    language.
    Andrew: We don’t actually speak many languages at school. I mean, the black people (.) the black people will speak to each other in Xhosa and they’ll basically know how to speak one other language, let’s say English and they’ll speak to everyone else in English.
    Charmaine: What about the Afrikaans kids?
    Andrew: The Afrikaans kids only really speak to their family in Afrikaans basically and to everyone else =
    Charmaine: = ja I know but =
    Andrew: = but that’s only here though.
    Wayne: Ja, but there are schools where the Xhosas just stick to themselves and talk Xhosa and the whites and everyone else stick to themselves and talk English and Afrikaans.

    Ten spyte van die liberale sentiment in Uittreksel 8 dat daar nie van almal verwag kan word om dieselfde taal te praat nie, word die dominansie van Engels in die skool tog in beide bostaande uittreksels erken en verdedig - en hier is dit relevant om te noem dat Susan (Uittreksel 7) ’n wit Afrikaanssprekende is. Die verdediging van hierdie dominansie berus myns insiens op ’n retoriese onderskeiding wat deur die sprekers tussen publieke en private taalfunksies of -domeine getref word. In publieke funksies of domeine (“in the class”; “at school”) word Engels bevestig as die natuurlike medium; of, om weer aan te sluit by die terminologie wat in Deel 2 gebruik is, as die taal van keuse. Afrikaans en isiXhosa word hierteenoor uitgeskuif na private funksies of domeine (“on the playground”; “family”).

    Ek wil nie die indruk wek van eenstemmigheid rondom hierdie konstruksies nie, dus bespreek ek kortliks die reaksie op Susan se huiwerende weerstand (“ja I know but”) teen die normalisering van ’n Engels-dominante taalorde.

    Andrew reageer deur sy stelling oor Afrikaans te kwalifiseer as geldig “only here”. Hierdie strategie is op meer as een geleentheid in die gesprekke gebruik, naamlik om vir die dominansie van Afrikaans ťlders in Suid-Afrika te argumenteer. Hierdie “eldersheid” was gewoonlik redelik arbitrÍr, soos ander skole, dorpe of provinsies.

    Deur ’n plaaslike uitsondering op die universele norm te identifiseer kry Engelssprekendes egter minstens drie dinge reg: (i) Hulle ontlont enige kritiek dat hulle die universele aansprake vir Engels te ver voer; (ii) hulle kan Afrikaanse aansprake vir meer taalregte afweer deur dit elders te rig; en (iii) hulle kan Afrikaans ietwat bů isiXhosa plaas - laasgenoemde is nooit enige soortgelyke uitsonderings op die reŽl van universele Engels gegun nie.

    Wayne se reaksie is net so onthullend. Hy kontrasteer die beeld wat geskep is van hulle eie skool, wat basies eentalig is, met ander skole waar die veelheid van tale leerders volgens ras verdeel. Die implikasie van hierdie argument is voor die hand liggend: as Engels nie bevestig word as die taal vir algemene kommunikasie nie, ’n soort kulturele gemene deler, sal swart en wit leerders net “stick to themselves”. Dit is natuurlik ’n uiters strategiese manier om retories legitimiteit aan die weerstand teen veeltaligheid en die marginalisering van tale anders as Engels te verleen: deur hierdie priviligering van Engels direk te verbind aan ’n liberale begeerte vir harmonie tussen verskillende groepe.

    Waaraan ek voorts aandag gee is: wat is die effek van hierdie soort konstruksies van Engels en veeltaligheid op isiXhosa?

    Soos reeds genoem, is isiXhosa deurlopend gekonstrueer as ’n “swart” taal. Dit is dus per definisie onmoontlik vir hierdie taal om, soos Engels, op enige soort universaliteit of selfs transkulturaliteit aanspraak te maak. Die noodlot van isiXhosa as ’n publieke of nasionale taal word veel meer as Afrikaans nog afhanklik gemaak van ’n keuse tussen nierassigheid en rassisme. Kortweg, die nierassigheid wat deurlopend met Engels geassosieer is, word retories in stand gehou deur wat self ’n rassistiese strategie is: die voortdurende rassifisering (“racialisation”) van isiXhosa.

  • Uittreksel 9
    Michelle: We are an English school.
    Tanya: Ja, this is mainly an English and Afrikaans school. Xhosa is just like a bonus subject that, I mean, black people take.

  • Uittreksel 10
    Tanya: Okay, Afrikaans comes either first or second, because it’s an English and Afrikaans-speaking school. Xhosa is obviously a third language Ö

  • Uittreksel 11
    Susan: It doesn’t, it doesn’t work effectively because if for instance in class we have two different // languages
    Johan: // three =
    Susan: = three different languages.

  • Uittreksel 12
    Nick: If you know Xhosa, it’s just a bonus because =
    David: = all the black people, most of them, can speak English and Afrikaans, so it doesn’t matter.

    Eerder as dat dit essensieel is, of selfs maar net belangrik, word isiXhosa gekonstrueer as ’n bonus-vak of taal (Uittreksels 9 en 12). Eerder as ’n eerste taal, selfs vir isiXhosasprekers, word dit gekonstrueer as ’n tweede of selfs derde taal (Uittreksel 10). In Uittreksel 11 word daar selfs momenteel van die taal vergeet. Hierdie marginale status van isiXhosa is duidelik verbonde aan die status van die taal as swart: in soveel woorde, isiXhosa is ’n taal wat swart mense praat en leer (Uittreksel 9).

    Verder, aangesien swart mense volgens die deelnemers meestal ander tale, en veral Engels, kan praat, is dit eintlik onnodig vir wit mense om isiXhosa te praat. Soos David dit stel in Uittreksel 12, “all the black people, most of them, can speak English or Afrikaans, so it doesn’t matter”.

    Die implikasie is natuurlik dat wit mense niť sal leer om isiXhosa te praat nie, dat die taal marginaal en met “ras” geassosieer sal bly - en dat isiXhosasprekers veral Engels goed genoeg sal moet bemeester om suksesvol aan die publieke en akademiese lewe deel te neem (iets wat glad nie so vanselfsprekend is soos dit in die gesprekke hier onder bespreking uitgemaak word nie).

    Die konstruksie van Engels as universeel verdoesel, in kort, die wyse waarop hierdie taal geassosieer is met die waardes en belange van baie bepaalde sektore van die bevolking, en dat die taal ’n bydraende faktor kan wees in die voortgesette marginalisering van (veral arm) swart mense. Die deurdringbaarheid van taalgrense (teenoor rassegrense), en die bereidwilligheid van die sprekers om Engels voor te stel as inklusief, verdoesel die feit dat die afdwinging van Engels ’n politieke daad is.

    Presies wat die negatiewe effekte van Engelse eentaligheid vir Suid-Afrika kan wees, is al beter deur ander uiteengesit (byvoorbeeld, Neville Alexander en Gerrit Brand). Ek hoop egter dat ek hier ten minste kon wys hoe suksesvol, en dikwels subtiel, hierdie ideologiese temas alledaagse konstruksies van taal en veeltaligheid struktureer. In die lig hiervan maak ek ten slotte enkele verdere opmerkings oor die voorstelling van isiXhosa as negatief politiserend in die skool.

  • Uittreksel 13
    Susan: Ja, it’s not that we are racist. It’s just, you know, that black people and the white people don’t understand one another. You have one out of how many white people who can understand a black person.

  • Uittreksel 14
    Johan: Okay well, there are not many people that speak different languages to me. They speak English or Afrikaans, obviously. Those that don’t speak English or Afrikaans, not being racist, they don’t (.) the way they look at you when they talk. You can see they’re talking about you.

  • Uittreksel 15
    Johan: When you get out on the playground you have (.) it causes friction, that’s why it’s not effective, that’s all. Because you get people speaking Xhosa, you don’t understand what they are saying, you think they // are
    Susan: // swearing at you, and you want to beat them up.
    Johan: Ja, but the way they look at (.) they’re looking at you and they’re talking about you.
    Megan: Ja, okay.
    Susan: I was in that situation yesterday and I almost hit them (laughter). Okay, what problems can it cause? Just as we said.
    Johan: Friction.
    Megan: Violence.
    Johan: Lots of violence.
    Susan: And then it becomes // umm
    Johan: // social problems.
    Susan: Umm, no (.) racism.

    Die rol van ontkennings (“disclaimers”) in rassistiese uitsprake, soos eksplisiet gevind word in Uittreksels 13 en 15, is al deur verskeie navorsers aangetoon (Bonilla-Silva, 2002; Bonilla-Silva & Forman, 2000; Van Dijk, 1984). Sulke retoriese ontkennings van rassisme word gebruik om aan te toon dat, volgens die spreker, uitsprake wat oor ander gemaak word, nie bevooroordeeld is nie, maar rasioneel en regverdig. In hierdie uittreksels word swart mense klaarblyklik daarvan beskuldig dat hulle die reŽls van algemene ordentlikheid oortree: hulle steek nie die feit weg dat hulle oor jou praat nie; hulle kyk jou op onaanvaarbare maniere aan. Hierdie gebrek aan takt word direk in verband gebring met hulle taalgedrag. Dit is wanneer hulle isiXhosa praat dat misverstand, suspisie, en woede geskep word. Teenoor die sorgsame konstruksie van Engels as neutraal, universeel gedeel, en inklusief van ’n nasionale “ons”, word isiXhosa gesien as uit plek uit: die taal is histories en ideologies gelaai, streeks- en etnies gebonde, en verdelend. Net soos Afrikaans histories gesien is as onliberaal deurdat dit op mense afgedwing was, is isiXhosa nou onliberaal deurdat dit in publieke ruimtes gedwing word waar dit nie hoort nie. Die effek hiervan, van tussen mense kom en misverstande en woede skep, is niks minder nie as geweld en rassisme (Uittreksel 15). Soos so dikwels gebeur in rassistiese spraak, word die slagoffer hier blameer. Wat meer is, hulle word blameer juis vir hulle rassisme.


    Samevatting
    Alhoewel konstruksies van taal, veeltaligheid en rassisme nie as bloot uitruilbaar gereduseer kan word nie, hoop ek dat ek kon illustreer dat hulle, ten minste in hedendaagse Suid-Afrika, ook nie sonder ideologiese konneksies is nie. Interessant genoeg word die rassistiese effekte van bepaalde maniere van praat oor taal en veeltaligheid nie beperk tot konserwatiewe idees oor die onoorskrybare kulturele en etnolinguistiese grense nie. Eerder word liberale konsepsies van individuele regte, en ’n publieke orde gekenmerk deur universele burgerskap, onderskryf en afhanklik gemaak van ’n spesifieke taal, Engels: omdat hierdie taal universeel en toeganklik is. Hierdie soort konstruksie van die politiek van taal in Suid-Afrika mag lyk na die antitese van ’n rassistiese taalorde, maar dit steek rassistiese effekte juis in hierdie liberale terme weg. Dit is om hierdie rede dat die begrip “referensiŽle” rassisme, soos verwoord deur Zizek (2000), so goed daarop van toepassing is.


    Desmond Painter (d.painter.ru.ac.za) is ’n lektor in Sielkunde aan die Rhodes Universiteit.


    Verwysings

    Billig, M. (1987). Arguing and thinking: A rhetorical approach to social psychology. Cambridge: Cambridge University Press.
    Billig, M. (1991). Ideology and opinions. Londen: Sage.
    Billig, M., Condor, S., Edwards, D., Gane, N., Middleton, D. & Radley, A. (1988). Ideological dilemmas: A social psychology of everyday thinking. Londen: Sage.
    Bonilla-Silva, E., & Forman, T.A. (2000). I’m not racist, but Ö: Mapping white college students’ racial ideology in the USA. Discourse & Society 11 (1), 50-85.
    Bonilla-Silva, E. (2002). The linguistics of color-blind racism: How to talk about blacks without sounding “racist”. Critical sociology, 28 (1-2), 41-64.
    May, S. (2001). Language and minority rights: Ethnicity, nationalism and the politics of language. Londen: Longman.
    Pennycook, A. (1994). The cultural politics of English as an international language. Londen: Longman.
    Pennycook, A. (1998). English and the discourses of colonialism. Londen: Routledge.
    Van Dijk, T.A. (1984). Prejudice in discourse. Amsterdam: P.J. Benjamins Publishing Co.
    Wetherell, M. & Potter, J. (1992). Mapping the language of racism: Discourse and the legitimation of exploitation. New York: Harvester Wheatsheaf.
    Zizek, S. (2000). The fragile absolute - or, why is the Christian legacy worth fighting for? Londen: Verso.


    Bylaag: Transkripsienotasie

    Die transkripsienotasie is aangepas van Wetherell en Potter (1992).

        

    //
    =

    (.)
    kursief
    Ö
    ( )


    Oorvleuelende uitsprake
    ’n Uitspraak wat ’n ander een volg sonder enige pouse, maar sonder om te oorvleuel
    ’n Pouse
    Klem
    ’n Aanduiding dat materiaal uitgelaat is
    Transkribeerder se kommentaar binne ’n uittreksel.

    3 Desember 2003

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.