Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kies vir jou ’n taal: Engels, liberale ideologie en rassisme

Desmond Painter

Deel 2: Voorkeurtale


Deel 1: Agtergrond

Ek begin my analise met ’n uittreksel uit ’n gesprek tussen ’n groep wit Engelssprekendes. Die uittreksel bied ’n goeie voorbeeld van hoe deelnemers liberale idees mobiliseer om hulself van rassisme te distansieer, of in hierdie geval meer spesifiek van die geskiedenis van apartheid, terwyl hulle terselfdertyd vir ’n posisie argumenteer wat die status quo wat tydens apartheid gegeld het, wesenlik in stand hou.

  • Uittreksel 1

    Nick: In the apartheid era they were all forced to learn Afrikaans, so, like, it was quite unfair.
    Tanya: Yes, well, it’s unfair that they score all the jobs, and we have to suffer (.) in the future. You know that they ask for Xhosa-speaking people, and some of the English people don’t even know it, and we’re losing out on the jobs.
    David: Most of the bosses are black now also.

    Die ongeregtigheid van ’n vorige orde, waarin swart mense (“they”) gedwing was om Afrikaans te leer, word hier direk in verband gebring met die huidige (en, belangrik, verwagte toekomstige) situasie van ’n omgekeerde rassisme. Apartheid was, volgens hierdie sprekers, ’n ongeregtigheid omdat dit individue se reg om te kies ingeperk het - in hierdie spesifieke voorbeeld deur ’n taal op mense af te dwing - en hierdie ongeregtigheid word nou eenvoudig omgekeer in die voorkeurbehandeling wat isiXhosasprekers en swart mense in die werkplek ontvang (“they ask for Xhosa-speaking people”; “the bosses are black now also”).

    Tot sover dus: ’n oorbekende stukkie Suid-Afrikaanse retoriek.

    Behalwe dat hierdie voorstelling herinner aan die geykte manier waarop sosiale verandering in Suid-Afrika dikwels teengestaan word deur dit gelyk te stel aan apartheid en dus aan ’n vorm van “omgekeerde rassisme”, illustreer dit ook hoe idees oor taal (veral oor Afrikaans) en rassisme retories oorvleuel en verstrengel raak.

    Hierdie retoriese verstrengeling onderl minstens drie implisiete argumente, almal belangrike onderdele van die liberale argument teen eentaligheid wat ek in hierdie artikel beskryf:

    1. Omdat die ongeregtigheid van “gedwonge Afrikaans” hier behandel word as retoriese ekwivalent van apartheid en rassisme in die algemeen, kan die werklikheid van ’n omgekeerde rassisme of apartheid aangedui word selfs in die afwesigheid van ’n ooreenstemmende afdwinging, of selfs net bevoordeling, van isiXhosa - dit is genoeg om te argumenteer vir ’n algemene bevoorregting van swart mense. Terselfdertyd maak die retoriek van omgekeerde rassisme of apartheid ’n soort ideologiese vertekening moontlik van wat as taal-diskriminasie beskryf kan word. Die enigste taaldiskriminasie wat volgens die apartheid/omgekeerde legitiem verwoord kan word, is die historiese afdwinging van Afrikaans en die spielbeeld daarvan: gedwonge isiXhosa. Die feit dat isiXhosa ni afgedwing word nie, met ander woorde, die feit dat dit ’n ideologiese ruimte is wat leeg staan, maak nie saak nie. Omgekeerde rassisme, die rassisme van die ander, tree hier op as ’n ideologiese plekhouer.

    2. Dit bemoontlik die fassinerende en onskynlik seepgladde skuif van die neutrale “they” na die taalkategorie “Xhosa-speaking”, en uiteindelik na die rassekategorie “black”. Alhoewel die onderwerp van bespreking hier klaarblyklik taal is, en apartheid slegs bygebring word in verband met ’n bepaalde taalbeleid, glip die bespreking dus soomloos van taal na rassisme. (Hier is dit relevant om te s dat apartheid of rassisme nrens eksplisiet in die vrae en onderwerpe wat die deelnemers moes bespreek, gefigureer het nie.) Alhoewel daar niks natuurlik aan hierdie retoriese gelykstelling is nie (dit is maklik om aan voorbeelde te dink waar taalpolitiek geen verband hou met rassisme nie) is dit maklik om te verstaan hoe dit, gegewe die Suid-Afrikaanse verlede, moontlik is om die taalorde so te konstrueer. Mr interessant is dus die uitsondering op hierdie rel, naamlik, hoe Engels buite hierdie moreel-politiese orde geplaas word. Hieraan gee ek later in meer besonderhede aandag.

    3. Die retoriese ekwivalensie tussen Afrikaans, Afrikaanssprekendes en apartheid beteken dat Engelssprekendes, selfs al erken hulle die ongeregtigheid van apartheid, hulself nie as agente van onderdrukking hoef te posisioneer nie. Ek wil so ver gaan as om te s: selfs wanneer hulle in die konteks van ’n taaldebat oor rassisme praat, word hulle witheid deursigtig gemaak deur ’n verwysing na die Afrikaansheid, en gepaargaande rassisme, van die ander. Om die waarheid te s, deur rassisme op hierdie manier met Afrikaans in verband te bring kan Engelssprekendes selfs aanspraak maak op ’n sekere slagofferskap - in die verlede, omdat ook hulle onderwerp was aan gedwonge Afrikaans (’n tema wat dikwels in die gesprekke voorgekom het), en tans, weens omgekeerde rassisme. Deur vir die Engelssprekende ’n passiewe, amper naewe (“some of the English people don’t even know it”) posisie tussen die irrasionaliteit van twee soorte rassisme - di van die Afrikaners en di van die swart mense - te gee, word hulle deur die spreker hier egter geposisioneer vir ’n belangriker eietydse rol: om hulself, hul taal en hulle kultuur aan te bied as neutraal en inklusief genoeg om Suid-Afrikaansheid te omvat.

    Die volgende uittreksel werp meer lig op hierdie proses:

  • Uittreksel 2
    Tanya: What are the problems? Okay, for instance, okay black people, umm (.) they will find a problem because their life, their whole life, they’ve been learning how to speak Xhosa. They know how to speak English because it is generally all around us. Afrikaans, I mean, it’s just, they’ve been forced to learn Afrikaans, whereas we (.) I think we’re much luckier because we are not forced to take Xhosa. Did you know, I actually think they’re gonna be making it compulsory in schools soon?
    David: Thank God we’re going!
    Tanya: Ja, that they have to start learning Xhosa, because it is now a part of the national language, like, the language of the country.

    Die liberale retoriek van keuse versus dwang speel weer eens ’n belangrike rol in Tanya se argument. Alhoewel sy aanvanklik die vraag probeer beantwoord op die vlak van die ervarings van isiXhosasprekers - deur hulle as ‘t ware as talig minder bevoorreg te sien - is dit merkwaardig dat sy hulle probleme nie met die rol van Engels in verband bring nie. Die probleem is nie, byvoorbeeld, die hegemonie van Engels of die marginalisering van isiXhosa nie. Terwyl dit duidelik is dat veeltaligheid hier as “problematies” gekonstrueer word (wat ’n ideologiese keuse is: dit sou immers ook as “hulpbron” of “rykdom” gekonstrueer kon wees), is Engels nie deel van die “probleem” nie. Hoe kn dit ook wees, as isiXhosasprekers uitgebeeld word asof hulle, nes die res van ons, Engels amper van nature kan praat (“it is generally all around us”)?

    In teenstelling met hierdie algemene onderdompeling in Engels is selfs hulle eerste taal, isiXhosa, iets wat aktief geleer moes word (“their whole life, they’ve been learning how to speak Xhosa”).

    (Terloops, in ’n ander studie van my is Engels as deursigtig en lig gekonstrueer, teenoor Afrikaans en isiXhosa, wat voorgestel is as iets wat swaar, hard, en ondeurdringbaar is, iets wat in die keel vassit - met Engels is dit letterlik ’n geval van “all that is solid melts into air ...”)

    Hoewel dit mag lyk na ’n triviale punt, is dit nogtans iets wat redelik gereeld in die data voorkom, en wat myns insiens van belang is: swart leerders se probleme met taal word toegeskryf aan die obstruksies wat tale anders as Engels voor hulle plaas - hulle eie taal, wat hulle nou al hulle hele lewe lank leer; en Afrikaans, wat hulle gedwing was om te leer.

    Op ’n eerste, klaarblyklike vlak is die “probleem” met taaldiversiteit dus, soos Tanya dit hier verwoord, die feit dat mense gedwing word om tale anders as di van hulle keuse te praat; met ander woorde, die skending van individuele regte. Op ’n dieper vlak, egter, verset die deelnemers hulle hier teen die moontlikheid dat Engelssprekendes gedwing sal word om isiXhosa aan te leer, en daardeur weer eens onderwerp sal word aan ’n eenvoudige ommekeer van een van die ongeregtighede van apartheid - gedwonge Afrikaans. Die vooropstel van swart leerders se taalprobleme verdoesel dus ’n meer fundamentele rede om veeltaligheid teen te staan, naamlik ’n destabilisering van die posisie van Engels in die taalorde. Op hierdie manier kry Tanya dit reg om iets heeltemal anders te doen as die argument waarmee sy begin het: die teenwoordigheid van isiXhosa en Afrikaans in die publieke ruimte van die skool word vir beide wit en swart leerders geproblematiseer. Engels self is eenvoudig dr: mense word nie gedwing om dit te leer nie - hulle het nie eens nodig gehad om dit aktief te leer nie.

    Ek wil selfs meer lees in hierdie kort uittreksel. Terwyl Tanya taaldiversiteit aanvanklik as ’n probleem vir spesifiek swart mense voorstel, word dit uiteindelik deur haar uitgebrei en gekonstrueer as ’n probleem vir “ons”. Wie is “ons”? Wanneer sy s Engels is “generally all around us”, klink die gebruik van “ons” baie inklusief - miskien verrassend in ’n analise wat rassistiese taalgebruik ondersoek en waar mens dalk sal verwag dat die subtiele prosesse van uitsluiting hulle juis hier sou openbaar. Ek wil egter tog argumenteer dat “ons” hier besonder inklusief gebruik word, en dat dit juis hierdie inklusiwiteit is wat die liberale, refleksief-rassistiese weerstand teen Afrikaans en isiXhosa as publieke tale, en veeltaligheid in die algemeen, moontlik maak. Anders gestel: dit is juis hierdie bre inklusiwiteit wat enige oortreding van die “ons” ’n kandidaat maak vir die aanklag van irrasionele etnosentrisme of rassisme; “ons” is dus ’n paradoksale konstruksie wat die partikuliere marginaliseer juis deur inklusiwiteit te universaliseer.

    Die argument werk s: Eerder as die kategoriese “ons en hulle” wat ’n oorblyfsel van apartheid is en deur Afrikaans en isiXhosa, en die etniese en kulturele komplekse wat hulle simboliseer, aan die lewe gehou word, word Engels geassosieer met ’n “ons” wat hierdie soort verskille verbystreef. Presies waar die grense van die “ons” l, word onthul in die “conspiracy theory” dat isiXhosa verpligtend gaan word - en dat dit voortaan die nasionale taal, of die “taal van die land”, sal wees. Die nasionale ons, so ’n bekende troop, nie net in die postapartheidsdiskoers van nasiebou en versoening nie, maar ook histories in die marginalisering van minderheidstale en -kulture, word dus direk geassosieer met Engels - en dit is dus niks minder nie as nasionale eenheid wat bedreig word wanneer tale illegitiem afgedwing word.

    Hierdie aandrang op individuele vryhede en regte binne die konteks van ’n soort burgerlike nasionalisme is natuurlik ’n belangrike komponent van die tradisioneel liberale benadering tot minderhede en etniese en kulturele aansprake binne nasionale grense. Die liberale tradisie hou vol (eenvoudig gestel) dat burgers van ’n demokratiese staat slegs as individue vir regte en voorregte uitgesonder kan word. Individuele burgers word dus nie bevoordeel of teen gediskrimineer op grond van hulle lidmaatskap van ’n sosiale kategorie nie; die sanksionering van individuele regte en vryhede laat mobiliteit toe slegs op grond van dinge soos individuele meriete. Terwyl pluraliteit binne die nasiestaat verduur word en godsdienstige, kulturele of etniese assosiasies verdedig word as ’n basiese en universele (individuele) mensereg, word dit ook, so ver moontlik, gerelegeer tot private sfere van bestaan. Die publieke ruimte word gedefinieer deur ’n f onuitgesproke f aktief bevorderde nasionale kultuur wat die diversiteit wat dit omsluit, tog ook transendeer.

    Soos May (2001:103) dit baie goed stel, liberalisme

    spreek die persoon aan slegs as a politieke wese met regte en verpligtinge wat verbonde is aan hulle status as burgers. So ’n posisie sanksioneer nie private identiteit, insluitend ’n persoon se kommunale lidmaatskap, as iets wat soortgelyke erkenning verdien nie. Die laasgenoemde dimensies word uitgesluit uit die publieke ruimte omdat hul noodwendige diversiteit sal lei tot die ingewikkelde saak van die staat wat sal moet medieer tussen verskillende konsepsies van “die goeie lewe” (my vertaling).

    Die probleem met hierdie voorstelling is natuurlik dat die nasionale kultuur nie neutraal is nie, maar ’n produk van die historiese hegemonie van die belangepolitiek van die magtigste groep(e) binne die staat, eerder as ’n werklike kombinasie van die kenmerke en waardes wat deur almal gedeel word.

    Die konserwatiewe effek van liberale idees in alledaagse gesprekke oor taal word dus nie verkry deur die tradisie van liberale denke te weerspreek nie. Met ander woorde, dit is nie ten volle die effek van die teenstrydige maar ideologies effektiewe retoriese voetwerk van my deelnemers nie. Dit is eerder, tot ’n groot mate, inherent tot die logika van liberale konsepsies van burgerskap en nasionale kultuur.

    Die effekte van die liberale klem op keuse wanneer dit kom by taal en veeltaligheid, is dus primr konserwatief: dit laat Engels onaangeraak in ’n amper onbevraagtekende dominante posisie. Die reg om te kies - so ’n maklik verstaanbare ideaal in ’n land waar vryhede so lank ingeperk was - laat Engels stewig, maar byna ongemerk, in plek.

    Hiermee het ek dan, miskien ietwat omslagtig, die basiese ideologiese posisies teen veeltaligheid en vir Engelse hegemonie, soos dit in hierdie alledaagse gesprekke geartikuleer en gempliseer is, uiteengesit.

    In Deel 3 ondersoek ek meer spesifiek die retoriese en ideologiese konstruksie van Engels en isiXhosa.

    Deel 3: Konstruksies van Engels en isiXhosa

    28 November 2003

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.