Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Wie almal die kaart teken

Naomi Maartens

  • Die Taalsekretariaat
  • Doelstelling
  • Christa van Louw lag lekker terwyl ek sukkel om die organisasie se nuwe naam op die bladsy voor my opgespoor te kry. “’n Onderhoud in u hoedanigheid as hoof van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans,” vind ek die plek uiteindelik.

    “S sommer die SBA dis makliker,” s sy. Sy klink of sy ’n humorsin het. ’n Goeie ding as ’n mens in hierdie tyd aan die hoof staan van ’n taalorganisasie in die besonder een vir Afrikaans.

    Christa van LouwEn sy lag ook wanneer ek haar kantoor by die UWK binnestap. Sy is fyn en vee soms ’n sagte krul uit haar o. “Sit,” nooi sy en druk die sigaret dood. Maar as sy praat, is dit met gesag. Dan bly ’n mens stil om na haar te luister.

    Haar naam is (dr.) Christa van Louw, gebore Hendricks in Calvinia, vertel sy my. Toe sy drie jaar oud was, het haar gesin stad toe getrek, waar hulle in Bishop Lavis gewoon het. Sy was die sesde van sewe kinders “en ek was vir sewe jaar lank die baba; dit was eintlik lekker gewees voordat die ander boetie gekom het. Hy was ook die enigste een wat in Kaapstad gebore is,” vertel sy die detail uit haar kinderjare.

      Ek het baie vroeg getrou, op agtien as eerstejaartjie op kampus en dit was die beste ding wat kon gebeur het. Ek het ’n baie wonderlike maat in my man gevind hy is baie ondersteunend.

    Sy het twee seuns uit die huwelik.

    In 1990 het sy van die Kaap Sekondre Onderwys verskuif na UWK, waar sy in die Departement Afrikaans as junior lektor aangestel is. Dit was net nadat sy haar honneurs voltooi het. (Sy het in Sosiolinguistiek gespesialiseer en veral gekyk na taalbeleidskwessies meer spesifiek: Taal in Onderwys.)

    Haar magisterstudie het gehandel oor taalbeplanning vir veeltaliges vir Suid-Afrika. Dit is in 1994 voltooi, presies toe die nuwe taalbeleid van 1993 uitkom. Die beleid het gestrook met haar bevindinge: sy het ges daar moet erkenning gegee word aan verskeidenheid.

    Sy vertel vurig:

      En gegee in die proses van eie ervaring oor die rol van taal in die bemagtigingsproses van mense, het ek toe juis besluit om my doktorale navorsing ook daaroor te doen: om te kyk na hoe taal in die onderwys aangewend word in Suid-Afrika (en ook internasionaal); hoe taal aangewend word om mense te bemagtig of te verkneg.

    Sy neem my vlugtig op ’n reis deur haar lewe en ek leer hoe keuses vir mense in hierdie land gemaak is as hulle die taal kon praat of dit nie kon praat nie.

    As haar sekretaresse koffie en samoesas indra, verwys ek na Kirby van der Merwe se lesing by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees 2000: “Hoekom haal die kinders van Apartheid hulle skouers op?” Ek raak bietjie meegevoer as ek haar van sy fantastiese toespraak vertel, en as ek ’n ligte fronsie bemerk omdat sy nie weet waarheen ek op pad is nie, probeer ek saamvat: “Hy s hy’t boggerl met ’ons taalstryd’ te doen. Sien u uself as deel van ’n sogenaamde ’taalstryd?’”

    “Nee, ek is nie ’n stryder vir Afrikaans nie,” gooi sy dadelik wal. “Kom ons begin weer by wie is ek, om terug te kom na die eerste vraag toe ...” Sy verduidelik:

      Ek het verskillende identiteite en ek het nagelate taal as deel van my identiteit. Ook my getroud-wees, wie se kind ek was en so meer dit speel alles ’n rol om my identiteit te bepaal. En ook waar ek gebore is. Calvinia is ’n Afrikaanse dorpie. So, of dit toevallig is dat my ouers Afrikaans was weet ek nie, maar omdat deel van my mens-wees Afrikaans is, gaan ek noodwendig ’n passie daarvoor h. Dis die een identiteit. Die ander een is: ek is ’n individu, ja, maar ek leef in ’n bre kollektief. En die bre kollektief is nie noodwendig net Afrikaans nie. En omdat ek ’n mens van verskeidenheid is en in myself die geneigdheid het om verskeidenheid in ander te erken, is ek ’n stryder van erkenning van tale. En daarmee ook Afrikaans. Maar dis nie ’n Afrikaans ten koste van ander nie, maar tot voordeel van ander. En juis omdat ek lief is vir my taal en hierdie passie daarvoor het en soveel Suid-Afrikaners negatief staan teenoor Afrikaans en dt wat eie aan my is, is een van my missiestellinge om daardie persepsie te kom regstel. En vir my l dit in die herdefinisie van Afrikaans se rol en funksie.

    Die wit Afrikaner-man

    “Wie en wat is die SBA?” wil ek by haar weet. “Hoe verskil dit enigsins van die Stigting vir Afrikaans?”

    ’n Vorige bedeling assosieer sy heel eerste met ’n wit Afrikaner-man. ’n Paternalistiese, eksklusiewe groep, wat die belange van slegs ’n baie klein segment van die Afrikaanse gemeenskap dien.

      Ja, daar was bemagtigingsprojekte, maar selfs in die bepaling van mense se behoeftes het iets van daardie paternalisme deurgeskemer. Iets van “hier sit ons en ons besluit wat julle behoeftes is en ons kom met die oplossing.” Die nuwe SBA ...

    haar o blink

      ... ek het baie wonderlike idees daarvoor. Dis nou waaroor ek gepraat het. Wat [dr.] Bertie [du Plessis] nou gedoen het, is om die fokus te verskuif vanaf die bevordering van die taal tot die ontwikkeling van die sprekers. Of die ontwikkeling deur Afrikaans. So, die fokusverskuiwing wat kom, is van die taal na die mens. Een van my vertrekpunte is dat almal produkte is van ’n sisteem. Daar word aan daardie erfenis gewerk, ons wil die sisteem gesond sien. Ons het almal ’n bydrae te lewer. Almal word uitgenooi om te s dis wat hulle sien is nodig om die doelwit te bereik: lang, kort of medium termyn.

    Sy beplan dat die SBA n sal saamwerk met reeds bestaande inisiatiewe, soos die Taalsekretariaat, maar ook met nuwes, landwyd.

    Oor Afrikaans Vandag (nuusblad van die Stigting vir Afrikaans) is sy vol lof. En daar gn ’n mondstuk vir die SBA wees. Miskien nie in dieselfde vorm as Afrikaans Vandag nie - dt spreek vanself; die Stigting self het immers ook ’n gedaanteverwisseling ondergaan.

    Ek open die tema van die Bertie du Plessis-debat versigtig. “Wat is sy rol in die SBA?” wil ek weet.

    Hy is ’n buitekonsultant, s sy. Die Stigting vir Afrikaans het ’n bestekopname gedoen en besef hulle sou nie so kon aangaan nie. Dit het nie meer bestaansreg gehad in Suid-Afrika nie. Die proses van transformasie het sy loop begin neem toe ’n buitekonsultant aangestel is.

      Maar as ’n mens gaan kyk wat s die mense oor wat is transformasie as hulle dit nou kan definieer, dan kom dit neer op ’n totale breuk met ou praktyke. En ek besef dat verskillende mense verskillende idees het oor hoe hulle die oplossing hiervan sien. Dit sou kon wees dat ek kan voortbou op wat die buitekonsultant bevind het, maar ek kan net sowel ’n totale ander pad loop. Die mens wat ek is, wil ek voorspel, sal nie daarvan hou dat iemand vir my ’n raamwerk gee nie. Ek hou van die redefinisie van my raamwerk. En dan is dit nie Christa wat hom redefinieer nie, dan gaan al die meningsvormers, al die rolspelers, ’n s h.

    Die skreeuende witmense

    Sy gaan voort:

      Ek het dit genoem in my aanhef (in ’n toespraak by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees 2000 gelewer onder die opskrif ’ Hef aan!’) waar ek ges het daardie geskree waarvan Breyten gepraat het, dis die geskree van die wit kant, en die stilswye van die massas dis daardie massas wat ’n stem moet kry. Maar dit beteken nie dat die geskree stil gemaak word nie. Dis nie vir my ’n ’ bruin ding’ nie, want as dit is, is ek die verkeerde kandidaat. Ja, ek aanvaar dat deel van die transformasieproses is dat hulle gekyk het vir iemand wat polities-sosiaal geskik is vir die pos, maar ek dink dat ek dit op grond van meriete gekry het.

    Die swyende massa

    Hoe belangrik dit vir haar was om aan die swyende massas ’n tong te gee, blyk uit haar stigting van die Iilwimi-sentrum vir veeltaligheid. “Iilwimi is die Xhosa-naam vir tale of tonge,” verduidelik sy. “Die sentrum verteenwoordig enersyds die psigiese ruimte waar verskeidenheid erken word, maar dit bied andersyds ook ’n fisiese ruimte waar taal daadwerklik bevorder word.”

    So ’n veeltalige sentrum was een van die aanbevelings in haar doktorale navorsing. Sy het bevind dat taal ’n baie groot rol gespeel het in die miskenning van ander tale en in die proses van ontmagtiging van die grootste deel van die bevolking en dat juis taal daarom sou moes dien as instrument om hierdie gebeure om te keer en reg te stel.

      En ja, ek het ’n passie vir Afrikaans en ek is glad nie apologeties daaroor nie. Dis vir my ’n soort gegewe. Maar as ek vir m begin regte eis, raak ek bewus van vele ander wat nie noodwendig genoegsaam bemagtig is nie. Met bemagtiging bedoel ek mense wat nie eens hul regte ken nie, wat nog te s van die regte opeis. So, as ek ’n beskeie bydrae kan lewer om daardie soort bewussyn by mense te kweek “Wees bewus van die implikasies van die keuses wat jy maak en wees bewus van die feit dat die meeste keuses wat jy maak vir jou gemaak word.” ...

    Die oprig van veeltaligheidsentrums spruit ook voort uit die vraag in haar doktorale navorsing: Wat verhoed dat mense ’n nuwe beleid ten opsigte van taal te aanvaar?

      En dan kom jy uit daardie sentrum en jy begin totaal die talige wreld van mense rekonstrueer. Soos ek eintlik nou ook doen dis eintlik ’n konstruksie as gevolg van die vorige taalbeleid.

    Hierdie onderskeid wat sy tref tussen al die mense wat verskillende tale praat vra ek haar as die koffie my moed gee sou ’n mens hierdie differensiasie nie as ’n ander tipe diskriminasie kon sien nie?

    Ek hou van die vraag, glimlag Christa:

      Ons moet aanvaar dat Suid-Afrika ’n land van verskeidenheid is. Verskille, maar hy het ook helse ooreenkomste. Wanneer ons oor diskriminasie praat, dan kom dit daarop neer dat daar klem gel word op die verskille met die doel om te kan beheer en te verdeel. Daar is so baie ooreenkomste - die feit dat ons mens is, die feit dat ons Suid-Afrikaners is - en die groot uitdaging l juis daarin: hoe gaan ons hierdie land se leuse as metafoor verwerklik, sodat jy daardie eenheid in die verskeidenheid kry. Met ander woorde, die insien van verskeidenheid beteken nie vir my diskriminasie per se nie. Inteendeel. Dit is juis vir my ’n erkenning van menseregte. En daarom moet ’n mens gaan kyk na bewustelike strategie om daardie verskeidenheid binne die eenheid te kan bewerkstellig. Sonder dat ons dit teen mekaar laat afspeel, of die een ten koste van die ander laat handel. Daar is te veel ooreenkomste. Die verskille is ’n werklikheid, maar die vraag is, wat maak jy met die verskille?

    Ek verwys na die begrippe uitstap-model teenoor innooi-model wat dr. Bertie du Plessis genoem het. Sy hou daarvan en beskou dit nie bloot as ’n “verkoopswoord” nie. Sy is bly dat daar uitgestap is; sy sou haar in ieder geval nie laat innooi het om altyd soos ’n gas te voel nie. Maar aan al hierdie wonderlike woorde gaan nou eers inhoud gegee word. Vir haar gaan dit nie om kleurkwessies nie. “Christa gaan probeer om werklik die stem van almal te laat hoor,” voeg sy by.

    Die skoolkinders, die onderwysers, die ouers

    Ek vra haar oor haar passie vir die onderwys en sy s dat die onderwys een van di terreine is wat enige regering tot hul beskikking het om hul doelwitte te verwesenlik.

      Die taaltoevoegingsmodel kom in essensie neer op moedertaalonderrig en die toevoeg van een of twee tale - ek sou s twee - sodat elkeen ten minste drie tale kan praat. Daar is hierdie erfenisse wat in die weg sou staan om dit te laat realiseer, want daar bestaan ’n houding teenoor bepaalde tale oor dit deel is van daardie erfenisse. Mense moet hulle geskiedenis in ons land verstaan. Taal in onderwys was deel van die verdeel-en-beheer-beleid, want as jy nie toegang tot die magstaal het nie, dan het jy ook nie toegang tot magstrukture nie. En ander Afrikataal-sprekers het gevoel dat daardie keuse om moedertaalonderrig te implementeer van die regeringskant bedoel was om Afrika-tale - ek sien Afrikaans ook as ’n Afrika-taal - uit die magstrukture te hou. En daarom het hulle heil gel in een van twee amptelike tale: Engels of Afrikaans. Maar omdat Afrikaans toe met die regering van die dag geassosieer is, is daar ’n negatiewe houding jeens Afrikaans ervaar; dit was gesien as die taal van die verdrukker. So het die meeste Afrikataalgebruikers die keuse uitgeoefen om in Engels onderrig te ontvang. En die bevindinge wat gemaak is, was dat die grootste fout wat enige mens kan maak, is om in ’n vreemde taal (selfs ’n derde taal) onderrig te ontvang. Die gevolge daarvan was die keuse vir Engels. As ’n mens kyk waarom mense daardie keuse gemaak het, was dit ’n keuse om toegang tot mag te kry. Maar as ’n mens gaan kyk wat het t gebeur, dan was daardie keuse juis nie die beste keuse nie. Want dit het bygedra ... omdat mense nie kognitief kan ontwikkel in ’n vreemde taal nie, het daardie kinders die dropouts geword, en die gevolg binne die kapitalistiese sisteem is as jy nie akademies presteer het nie, het jy nie ’n goeie werk gekry nie. So as ons mooi gaan kyk, dan is daar ’n baie duidelike verband tussen die posisie van ’n taal en die sosiaal-ekonomiese posisie van die spreker van die taal. Daarom kan ons sien dat Afrikaans- en Engelssprekende mense in Suid-Afrika ntlik dit gemaak het. Daar is ander faktore wat ook ’n rol speel, akademies of wat ook al, maar aan die einde van die dag is dit of jy moedertaalonderrig ontvang het of nie.

    Ek vra haar hoe ’n mens dit in die praktyk regkry om in skole meertaligheid in die klaskamer te hanteer, sonder om opnuut op segregasie in taal terug te val. Sy s die klem in skole moet verskuif van ’n probleembenadering na ’n batebenadering. Met ’n probleembenadering word bedoel die miskenning van ’n verskeidenheid: die oplossing het gel in een taal (in Suid-Afrika in twee tale). Omdat ons nie voorbereid was op ’n meertalige werklikheid nie, is die status quo gehandhaaf.

      As opvoedkundige weet ek dit is ’n groot fout en het ek gekom met strategie wat ek ontwikkel het oor hoe hanteer jy verskeidenheid as ’n bate eerder as ’n probleem. En ’n mens moet aanvaar dit is eintlik taalbeplanning waarmee ons besig is. En taalbeplanning is toekomsgerig. Jy kan nie honderde jare se praktyk binne ’n dag kom regstel nie. Maar dis die begin van ’n nuwe pad wat jy loop, dis daardie dekonstruksie waarvan ek praat. En ons het byvoorbeeld bewusmakingsprogramme by skole, waar jy mense terugneem op die pad - met ander woorde, “Waar kom ek vandaan? Wie is ek? Waarom dink ek soos ek dink? En waarom maak ek die keuses wat ek maak? En wat is die implikasies van die keuses wat ek maak?” ... Dan besef ’n mens dis die eerste keer dat baie van daardie mense werklik krities begin kyk na hulle taal, want dis so ’n gegewe dat dit moet Afrikaans of Engels wees, maar veral nou dat dit moet Engels wees.

    Aan die Weskus het voorheen hoofsaaklik Afrikaanssprekende gemeenskappe n hierdie bewusmakingsprogram aan haar kom s dat hulle nou Xhosa wil leer (om te kan kommunikeer met Xhosa-sprekendes wat betrokke was by die Saldanha-spoorlyn).

    In hierdie proses leer mense begrip in stede van frustrasie, vertel sy my. Veeltalige leermateriaal word saamgestel en die ouers word self as taalfasiliteerders opgelei. Of in die Helderberg, byvoorbeeld, groepeer hulle skole strategies om mekaar by te staan. As ’n taalprobleem by een skool in Somerset-Wes ontstaan, word ’n onderwyser vanaf ’n ander skool in die omgewing betrek om die probleem die hoof te bied.

      Dis werklik ’n transformasie van die hele proses wat daarmee saamgaan. En hierdie uitkomsgebaseerde onderwys bied ’n wonderlike voertuig vir die erkenning van taalverskeidenheid en die resultate na ’n jaar was ongelooflik. Die rassisme is daar; laat ons dit aanvaar. Die Xhosa-sprekende kind ervaar die vervreemding en nou ewe skielik ervaar die Afrikaanssprekende kind dit ook want nou’s dit skielik die skool in Engels. In die proses is jy besig om vir elkeen ’n gelyke kans te bied, want die uitslae het dit getoon. Die kinders het meer selfversekerd geraak en het meer deelgeneem aan die lesings, want daar word strategie ontwikkel hoe die onderwysers die drie tale in werksessies hanteer. En dit is eintlik nasiebou, weet jy?

    Afrikaans-, Engels- en Xhosasprekendes saam

    “Maar tog: die statistieke bewys dat Afrikaanses en Engelses liewer ’n Europese taal as ’n Afrika-taal wil leer en dat Xhosas, byvoorbeeld, Afrikaans nie as belangrik ag nie,” wys ek haar op haar eie bevindinge. “Hoe bewerkstellig u dit dat ouers en leerders besef dat geen taal ondergeskik aan ’n ander is nie?”

    Die proses bestaan altyd uit drie komponente, verduidelik sy: navorsing, dienslewering en opleiding. Hierdie projekte is aan die gang in die Helderberg, in Guguletu, Khayelitsha, aan die Weskus en by Siyabonga.

    Elkeen wat saam beplan aan ’n kunstefees

    Hoe voel sy oor kunstefeeste, wil ek weet.

      Kunstefeeste in die algemeen het ek nie ’n probleem mee nie, want dis lekker om saam te kuier, maar gegee die hele filosofiese raamwerk waarbinne ek vandag gesels het en my teoretiese vertrekpunte, gaan ek hierdie vraag vra: Hierdie kunste ... wie en wat verteenwoordig dit? En as die antwoord is, dit verteenwoordig Afrikaans, dan s ek dis wonderlik as dit nie vir ’n bepaalde segment alleen is nie ... as ons s, goed, wat sou ons op die kunstefees wou h, en dit vir baie meer ’n lekker plek maak om daarheen te gaan.

    “Maar wat van geld?” vra ek haar. “Hoe gaan al die mense vir die kaartjies betaal?”

      Dis ook maar deel van die erfenisse, my ding,

    s sy sag,

      ... maar ek belowe vir jou dat daar is soveel behoeftes onder die bruinmense wat Afrikaans is ... maar jy weet, die meeste van ons het geleer om werklik iets te laat gebeur ten spyte van die omstandighede. En as ons werklik deel is van hierdie beplanningsproses, belowe ek jou daar sal geld wees om dit by te woon. Al beteken dit ek spaar vir die res van die jaar vir volgende jaar. Want daardie produksies wat op Oudtshoorn gaan plaasvind is ons s’n. Die brer ons. Ja, daar is die erfenisse en die finansile faktore, maar daar is maniere hoe ’n mens toegang kan gee aan die wat het en die wat nie het nie. Gaan dit nou oor geldmaak, of gaan dit oor mense wat lekker saam wil kuier? ... as die kwessie is dat die meeste van die Suid-Afrikaners nie toegang het tot daardie produksies nie, omdat daar nie geld is nie, of omdat dit te duur is nie.

    Die topstrukture

    En terwyl ons by die geldkwessie is, vra ek haar hoeveel sy reken die SBA gestig is om geld en mag van beherende strukture uit te brei.

    Sy s die vraag is wat die SBA met die geleentheid maak: Wend hulle dit vir eie gewin aan of gebruik hulle dit vir al die mense?

      As dit hulle gedagte was, sou hulle my nie aangestel het nie. Dan sou hulle iemand aangestel het wat ko-opteerbaar was. Ek wil glo dat die veranderinge wat gemaak is werklik ’n verbintenis is tot transformasie. Naspers sal natuulik daarby baat; meer mense sal kan lees - Die Burger, byvoorbeeld - maar ek dink nie dit was hulle primre oorweging wat hulle gaan sit en beplan het nie. Ek dink dit was eerlik en opreg om ’n bydrae te lewer tot die bemagtiging van mense. Naspers tree beslis nie vir eie gewin op nie. “En ek wil met almal gaan praat wat dieselfde doelwitte het en wat in isolasie van mekaar bestaan. Wat wil ek eintlik bereik? Ek dink die gemene deler gaan soveel meer wees. Ek gaan poreuse grense skep, al klink dit kontradiktories: die “grense” gaan oop en toeganklik wees. Daar is uitgestap en almal gaan saam instap. Die primre doel was om ’n bydrae te lewer tot die bemagtiging van Afrikaans.

    Sy voel wel dat verskillende kleurgroepe hul eie agendas uit die SBA moet hou, maar eerder moet saamwerk om ’n gemeenskaplike doel. Sy sien demokratiese agente as ’n prioriteit vir die SBA wat in sy kinderskoene staan.

      Suid-Afrika het in 1994 ’n demokratiese land geword en toe dit gebeur toe word ’n nuwe ruimte geskep. Maar om demokratiese inhoud daaraan te gee, het jy demokratiese agente nodig. Die probleem op die oomblik is, daar is nie genoegsaam demokratiese agente nie, met ander woorde, mense wat hulle regte ken en dit opeis sonder om dit te doen ten koste van ander. Die een ding sal wees dat ons (almal - nie net die SBA nie - almal met wie gekonsulteer sal word) sal s dt is wat ons wil doen in die toekoms. Sodat ons demokratiese agente sal wees wat ons plekke volstaan, dat daar werklik na ons verwys kan word as volwaardige burgers - wat in die demokratiese sisteem ’n ruimte vul naas en saam met die ander. Die frase demokratiese agentskap het ek gelees in ’n werk van Wally Moral - hy was hier by die Departement Opvoedkunde. Dit was die mees fantastiese frase - dit het so mooi saamgevat wat ’n mens wil s. Kyk, die woord bemagtiging in die SBA moet nou inhoud kry. En bemagtiging sal na my mening vir verskillende mense verskillende betekenisse h. Dit hang net af wat die mense se behoeftes is ...

      En ook voorsien ek dat die geleentheidskomponent groter word om daardie stilswyende massas ’n stem te gee. Mondeling en skriftelik. Maar wat ons maak met hierdie bewustheidsprogram? Vir my is dit baie meer as ’n programmetjie - dit moet die voertuig word, waar jy dan die een komponent het waarvan die inhoud sou beteken om meer as die woord te lees, ook die wreld. En daarmee vir mense die stem gee, maar ook die voete gee om te beweeg. Maar dan is daar ’n klomp mense wat dit akademies het as gevolg van ander omstandighede. Jakes Gerwel verwys daarna as die intellektuele klas wat ontwikkel moes bly. Wat Afrikaans praat. Met ander woorde, jy sal moet kyk na maniere hoe jy matrikulante ondersteun en ook kyk na tersire instellings waar jy kyk na daardie mense wat as gevolg van ander faktore agterwe gebly het en vir hulle ’n kans in die lewe gee.

      So vir my gaan dit oor afhangende van behoeftes. En jy weet, die SBA kan nie in isolasie van ander inisiatiewe staan nie. Want dan is die saak nie vir ons belangrik nie. Die oomblik as jy jou eie ivoortoring wil skep, dan is die saak nie belangrik nie, dan is dit jy wat belangrik is. Dis dus ’n verbintenis tot iets. Die dae van isolasie is verby; daar sal nou saamgewerk word met bestaande inisiatiewe en daar sal ook met die skep van inisiatiewe saamgewerk word. As ’n mens kyk na die taalprofessies, hoeveel mense is daar wat verteenwoordigend is van die Afrikaanse gemeenskap wat hierdie posisies kan vul en hoeveel mense is daar wat wel nog besluit om in die taalprofessies te gaan? As ons ’n veeltalige beleid wil laat realiseer, sal daar mense in die proses opgelei moet word.

    Entoesiastiese Suid-Afrikaners

    “Maar is daar genoeg entoesiastiese mense wat hier oorbly om daardie ruimtes te vul? So baie mense verlaat die land sonder om in hierdie opsig ’n rol te speel,” dink ek hardop.

    Sy het dadelik ’n antwoord:

      Ek dink die mens is inherent bang vir verandering. Jy weet wat jy het, en jy weet nie wat om te verwag nie. Al is dit hoe sleg, jy is veilig daar binne. Dis amper soos ’n huwelik waar ’n man ’n vrou slaan, waar ’n mens s, “Maar hoekom loop jy nie net nie?” En hulle kies liewers daardie verskriklike omstandighede, want as hulle loop weet hulle nie wat op hulle wag nie. As ’n mens die versekering kan gee dat alles OK gaan wees en daar word met mense in gesprek getree om die geheelprentjie te verstaan, dan is dit baie makliker om daardie tree te gee om pad te gee uit die huidige omstandighede.

    So gesels ons dan weer oor die tema waaroor dit maar altyd in Suid-Afrika handel: geld. “Waar gaan die geld vir SBA vandaan kom?”

    Sy antwoord dat bestaande inisiatiewe soos die Taalsekretariaat hier ’n rol speel.

      Daar sal ’n behoeftebepaling gemaak word en daar sal op maatskappye staatgemaak word, plaaslik, nasionaal en internasionaal. Waar dit alles vandaan gaan kom, weet ek nie. Die SBA is eintlik Naspers se baba, maar ek voorsien dat daar ’n klomp ouens gaan bykom. En daar is geld daar buite. Maar die saak waarvoor dit nodig is, is waaroor dit gaan. En as die saak nie die eise van die tyd aanspreek nie, dan kan jy maar vergeet. Die mense vir wie jy beplan, moet deel wees van die beplanningsproses, anders gaan jy die geld mors. En daarom moet daar ook gebreek word met die paternalistiese idee en mense moet mede-eienaars word van die beplanning van wat in hul lewens aangaan.

    Elkeen wat in die hele land tuiskom in Afrikaans

    Voel sy dat die gedagte om van Afrikaans ’n “komtuis”-taal te maak, dit tot ’n “kombuis”-taal sal reduseer? (Augustus 2000 se Insig noem hierdie woorde in die opskrif van die onderhoud wat met dr. Bertie du Plessis gevoer is.)

      Kyk, as Bertie daarmee bedoel dat Engels die hooffunksietaal gaan wees en dat jy huis toe gaan en Afrikaans praat, gaan ek en hy beslis nie kan saamstem nie. Want dit is vir my opnuut die probleembenadering. Ek het dit baie duidelik gestel in my mediakonferensie dat hy daardie tuiste van die “huis toe kom” met Afrikaans baie brer moet stel. Vir jou as Afrikaanssprekende en vir my as Afrikaanssprekende is die tuiste Suid-Afrika. En hoe dra ’n mens sorg dat die Afrikaner tuiskom in al die sfere van die samelewing naas ander en saam met ander? So, as met tuiste bedoel word ’n fisiese huis of kombuis ... dit is nie my doelwit nie, nee. Ek kan nie daarmee saamstem nie, want ek het dan juis bevind daardie tipe denke oor taal is juis die grootste verknegting van alle verknegtings oor tale - as jy tale misken in die hor funksies in allerhande plekke van hierdie land.

    Almal wat Afrikaans as volwaardige taal erken, soos elkeen van die tale in die wreld

    Van ander tale gepraat, verwys ek na ’n artikel in die laaste uitgawe van Afrikaans Vandag waar ’n Belg die “redding” van Afrikaans sien deur dit saam met Nederlands in te span. Sy lag.

      Kom ons begin by Afrikaans en die ontstaan daarvan. Wat hier gebeur het toe die Nederlanders aan wal gekom het - die taalkontaksituasie en die nuwe taal wat daar ontstaan het - is nie uniek aan Afrikaans en die res van Afrika nie. Internasionaal gebeur dit dat daar taalgroepe bymekaar kom en dat ’n nuwe taal gebore word, en wat ons bevind het, is dat die nuwe taal se struktuur swaar leun op die struktuur van die taal wat die dominante groep praat. Ekonomies en polities. In die geval van Afrikaans was die Nederlanders die politieke en ekonomiese magshebbers. En dit was die slaaf wat met die baas moes praat. So, jy kan verstaan dat die nuwe taal swaar sou leun op die dominante taal, of twee, of drie tale hoeveel ook al betrokke was. Afrikaans, na my mening, het tot ’n volwaardige taal ontwikkel. En ons kan nie ontken dat die 17de-eeuse Nederlands ook deel was van daardie proses nie. Maar dis vir my ’n Afrika-taal omdat dit op Afrika-bodem gebore is. En in die verlede was daar vreeslik klem gel op die wit wortels van Afrikaans, bloot omdat witmense Afrikaans toegeien het as hulle eiendom. En daarom was dit belangrik in die konstruksie van Afrikaans vir die witmens om die wit wortels mr te erken as die bodem waarop dit gebore is.

      So, Afrikaans kan op haar eie bene staan, maar ons kan nog baie lekker vergelykende studies doen met Nederlands. Dit is nie meer een taal nie. Die twee is afsonderlike tale. Die 17de-eeuse Nederlands van toe en die Nederlands van vandag ook, want taal is ’n dinamiese ding omdat mense dit maak. Omdat die mens ’n dinamiese wese is, is die Afrikaans van toe ook nie meer dieselfde as nou nie. En daarom vind ’n mens ook dat in verskillende tale daar ook variteite is ... as gevolg van taalkontaksituasies. So, kom ons erken Nederlands as ’n volwaardige taal, maar so ook die volwaardigheid van Afrikaans.

    Elkeen wat die nuwe nasie bou

    Haar boodskap vir alle Suid-Afrikaners, ongeag hul taal, is om te s dat daar ’n groot uitdaging voor die deur l vir Suid-Afrika om ’n nuwe nasie te bou waar elkeen van ’n regmatige plek verseker is.

    Maar as ons moet breek met ou praktyke - nie een praktyk van iemand daar bo moet bepaal wie ek is of waarheen ek op pad is nie. Ons sal moet hande vat en koppe bymekaar sit en saam deelneem aan die bou van hierdie wonderlike Suid-Afrikaanse nasie wat in die vooruitsig gestel is. Ja, daar is verskille. Maar die ooreenkomste is veel groter en laat ruimte vir die verskille.

    Ek loop, samoesa in die hand, na my motor voor die biblioteek. ’n Vriendelike meestersgraad-student begelei my uit haar kantoor. Ek ry by die hekke uit en die plastieksakke waai teen my motor vas voordat ek op die N2 afdraai. In 1652 het die wind gewaai - nes vandag, met die winde van verandering wat opnuut skoonmaak. En ek dink onwillekeurig aan die storie van ’n klein, nuwe staatjie wat deel geword het van die Verenigde Nasies. Sy inwydingstoespraak het so lank aangehou dat ’n Baie Belangrike Verteenwoordiger van die VN hom aan die arm geneem het en ’n kaart van die wreld aan hom getoon het. “Jy mag moontlik in teorie een stem h soos die res van ons, maar kyk hoe ’n spikkel is jou land op die kaart in vergelyking met die Verenigde State van Amerika, of selfs Engeland. Moenie dit vergeet nie.” Die verteenwoordiger van die nuwe toetreder tot die Verenigde Nasies het die kaart een kyk gegee en toe gevra: “Maar wie het die kaart geteken?”

    In hierdie land is dit lankal nie meer slegs die wit Afrikaner-man met die pen in die hand nie. Dis elkeen wat Afrikaans as volwaardige taal sy plek sien inneem, saam met al die ander tale in die land en in die wreld.

    boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.