Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

  • Die Taalsekretariaat
  • Doelstelling
  • Andrť van der Walt — toespraak by geleentheid van opening by Taallaboratorium, Universiteit Wes-Kaapland

    In die eerste plek: baie dankie vir u teenwoordigheid by hierdie besondere geleentheid vir die UWK as universiteit, maar ook vir die Taalsekretariaat. Ek deel kortliks die visie en aktiwiteite van die Taalsekretariaat met u.

    Ons lewe in ’n baie dinamiese Suid-Afrika, met uitdagings op elke front. Bemagtiging is vandag die towerwoord. Ons hoor van bemagtiging op die arbeidsterrein, bemagtiging deur middel van opleiding en onderwys, bemagtiging op sosiaal-maatskaplike terrein deur die verskaffing van behuising, gesondheidsdienste en water. Ons hoor ook van politieke bemagtiging.

    Hoewel die Taalsekretariaat al die bemagtingsinisiatiewe onderskryf, begin bemagtiging vir ons inderdaad by taal. Taal is die grondslag, die fondament waarop alle bemagtigingsaksies gebou word. Dit is met die ontsluiting, en ek moet ook sÍ die beskerming, van die inheemse tale van Suid-Afrika, waardeur die lewensgehalte van die wit, die swart en die bruin Suid-Afrikaners verhoog word. Taalbemagtiging bestendig die demokrasie in Suid-Afrika. Afrikaans en die swart inheemse tale wat uit die bodem van Afrika gegroei het, is vir die Taalsekretariaat een van die grootste bates van ons land. Dit is net so belangrik soos die minerale wat in die grond weggelÍ is of die potensiaal van die voete van al die mense wat die grond bewandel.

    Die Taalsekretariaat het inderdaad ook vergesigte en drome. Die uiteinde van ons vergesig is ’n alliansie of forum van al ons inheemse tale om gesamentlik die belange van al hierdie tale te beskerm en te bevorder. Die verwesenliking van die visie begin hier en nou. Hierdie Taallaboratorium by die Universiteit Wes-Kaapland is die eerste stap in die rigting van die verwesenliking van ’n Alliansie van Inheemse Tale.

    Dit is vanweŽ diť rede dat die Taalsekretariaat hierdie Taallaboratorium in samewerking met die Departement Afrikaans en die Iilwimi Sentrum, en met die goedgunstige instemming van die Raad van die Universiteit, ingerig en finansieel ondersteun het. Hierdie lokaal en die werk wat deur Annemarie Swart en haar mededosente gedoen word, is vir die Taalsekretariaat die simbool van taalbemagtiging. Dit is hier waar Afrikaans as kommunikasiemedium aan swart studente oorgedra word. Hierdie laboratorium is die embrio van veeltaligheid.

    Ons by die Taalsekretariaat het ’n bepaalde visie ten opsigte van taalbemagtiging. Natuurlik moet elke spreker in sy moedertaal onderrig en geleer word om diť taal te beheer en te respekteer. Hierdie beginsel is onlangs deur minister Kader Asmal bevestig. Die visie van die Taalsekretariaat hou egter nie hier op nie. In die Suid-Afrikaanse konteks beteken taalbemagtiging in sy wese die bemagtiging in veeltaligheid. Na my beskeie mening lÍ die grootste uitdaging in ons land vandag daarin dat elke landsburger bemagtig word om ten minste drie tale te kan praat. Die aanleer van ’n swart inheemse taal by tradisioneel wit skole moet volgens my verpligtend wees. Die Taalsekretariaat gaan uit van die standpunt dat taalvaardigheid in ten minste twee inheemse tale van Suid-Afrika as toelatingsvereistes vir tersiÍre onderrig moet geld.

    Daar is ’n ander baie belangrike rede waarom die Taalsekretariaat in veeltaligheid belÍ. Veeltaligheid in Suid-Afrika is nie net die magtigste bemagtingsfaktor nie. Dit is ook die sterkste brugbouer tussen mense uit verskillende kulturele agtergronde en met diverse politieke oortuigings. As u my vra wat die leuse moet wees van die Taallaboratorium, sal ek sonder huiwering sÍ: veeltaligheid vir verdraagsaamheid en vrede.

    Die Taalsekretariaat is so oortuig daarvan dat die beste investering in Suid-Afrika diť in veeltaligheid is, dat ons tans besig is met verskeie veeltaligheidsprojekte op grondvlak. Investering in veeltaligheid is die enigste antwoord op die totale verengelsing van alle lewensterreine in Suid-Afrika. Veeltaligheid word nie gepraat of geskryf nie, veeltaligheid word gedoen.

    Die dryfkrag vir veeltaligheid is projekte: geletterdheids- en taalverwerwingsprojekte, asook projekte om die privaatsektor daarvan bewus te maak dat die verbruiker geregtig is om in die bemarking van produkte in sy of haar taal bedien te word. Die kern van bemagtiging in veeltaligheid is projekgedrewe aksie. Veeltaligheid groei nie in ’n atmosfeer van negatiwiteit en konfrontasie nie. ReaksionÍre taalhandhawers verloor uit die oog dat Afrikaans en die swart inheemse tale lotsgebonde is. Konfrontasie vervreem jou vennote. Daarom is die Taalsekretariaat op grondvlak besig om netwerke op te bou binne veeltaligheidsprojekte. Ons werk saam met Iilwimi aan ’n veeltalige skoolprojek waarby vyf skole in die Helderbergkom betrek word; ons is besig om saam met Xhosa-rolspelers ’n netwerk op te bou om die bestaande isiXhosa-taalbelangegroepe te stimuleer, en projekte te identifiseer om isiXhosa-bewus te raak; ons is besig om insette te lewer by alle regeringsinstansies vir die aanvaarding van ’n taalbeleid soos deur die Grondwet voorgeskryf; ons het so pas ’n taalverordening vir plaaslike owerhede gefinaliseer, wat hopelik spoedig op die wetboek sal verskyn (al is dit net voorlopig vir die Stad Kaapstad) om meertaligheid as reg by plaaslike owerhede te vestig; ons publiseer ’n maandelikse e-poskoerant wat aan meer as 2 000 korrespondente uitgestuur word; ons het ’n dokument voorberei met aanbevelings betreffende Afrikaans as onderrigtaal by tradisioneel Afrikaanstalige tersiÍre inrigtings, wat ons aan die Gerwel-komitee oorhandig het. Wat hierdie voorlegging so uniek maak is dat, hoewel die problematiek handel rondom Afrikaans as onderrigtaal, ons voorlegging en aanbevelings gedoen word in Afrikaans en Engels, asook in isiXhosa en isiZulu, ťn ondersteun word deur meer as 30 toonaangewende instellings en individue vanuit BelgiŽ en Nederland.

    Soos u sien, is die Taallaboratorium wat vanaand amptelik geopen word, net een van die skakels in die ketting vir die verwesenliking van ’n veeltaligheidskultuur in ons land. Ons is vol vertroue dat die Taallaboratorium-skakel net sterker en sterker sal word ten einde studente in veeltaligheid te bemagtig.

    Baie dankie vir u teenwoordigheid. Dit is vir die Taalsekretariaat ’n besondere geleentheid. Ons hoop vir u ook.

    Aan ons gaskunstenaar, Pieter van der Westhuizen: ons is eintlik hier om na jou te luister; ons het jou in die verlede op Maak-’n -Las gesien. Ons sien dan uit na jou optrede!

    Dankie.

    boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.