Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

  • Die Taalsekretariaat
  • Doelstelling
  • Drama in haar bloed

    Onderhoud met Charlyn Dyers

    Naomi Maartens

    Iilwimi Sentrum vir Veeltaligheid is gesetel in die Afrikaans Departement van die Universiteit van Wes-Kaapland. Dis hierdie sentrum wat hulself op grondvlak beywer vir veeltaligheid: onder andere deur opleidingsprojekte van onderwysers op die Kaapse Vlakte.

    Christa van Louw was altyd aan die hoof van hierdie sentrum, maar sy is nou ook in ’n bestuursposisie van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans. In haar plek, is Charlyn Dyers, met wie ek vandag gesels.

    Met die intrapslag vertel Charlyn Dyers my dat haar eerste man in Skotland oor ’n tydperk van drie maande daarvoor verantwoordelik was dat sy sekretariŽle vaardighede onder die knie gekry het. Sy sit voor die rekenaar by die Iilwimi Sentrum in haar kantoor en lyk in beheer van die situasie. Dan skuif sy die papiere opsy en beantwoord die vrae wat ek nou nuuskierig aan haar stel:

    Skotland?

    Sy is gebore in die Kaap en haar ouers kom van plattelandse families: onderskeidelik van die Morawiese Sendingstasies Elim en Genadendal in die Overberg. Sy vertel my van haar skoolloopbaan in die omtrekke van Somerset-Wes: Vergelegen Laerskool, Gordon HoŽrskool. Oupa se plaas naweke, dŪt onthou sy ook uit haar jeug.

    By die UWK het sy haar BA in Afrikaans-Nederlands en Engels voltooi en voortgegaan met ’n Honneursgraad in Engels, om vanaf 1977 ’n dosent te wees by Bellville Opleidingskollege.

    In 1979 kry sy ’n beurs by die British Council en sy vertrek Edinburgh toe om die M.Sc in Applied Linguistics aan die Universiteit van Edinburgh te voltooi.

  • En dis daar waar sy met ’n mede-student in haar klas trou. En drie maande van werkloosheid benut om haar sekretarieŽl te bekwaam.

  • Sy kry haar eerste werk in Skotland aan die Universiteit van Edinburgh se Institute for Applied Language Studies, waar sy vir Chinese wetenskaplikes kommunikatiewe vaardighede in Engels aanbied. Dit tref haar toe dat dit vir anderstaliges gewoonlik makliker is om ’n taal te lees of te skryf, as om dit te praat of hulself daarin uit te druk.

  • In Berlyn ontdek sy Duitse roots.

  • In 1982 doseer sy ook in Duitsland, in Berlyn. Sy vertel hoedat sy Duitsland analogies gevind het tot haar herkoms en weer minder aanklank as mens by Brittanje gevind het. En ’n ander interessantheid was die feit dat sy voortdurend op die beginsel van jaarkontrakte aangestel is: dit het enersyds veroorsaak dat sy in kontak sou kom met dinge waarmee sy nie andersins sou nie (soos die aanbied van ’n lesing op Kersdag as ’n sekere nasionaliteit vir wie daardie dag onbelangrik is, dit nodig vind), maar ook die gevoel dat mense haar kan gebruik soveel soos hulle wil, omdat hulle weet dat sy die werk sou wou behou.

  • Dan kry sy ’n permanente pos by Stevenson College — en hier gaan sy verder met drama, wat deurentyd ’n belangstelling vir haar is.

    Passie vir drama en toneel

  • Tussendeur vertel sy my van ’n boek wat sy geskryf het in die loop van haar studies, getiteld: Drama, deur Charlyn Wessels (haar nooiensvan). Die boek is in 1987 uitgebring as deel van ’n reeks boeke vir taalonderwysers deur Oxford University Press. En dis hierdie belangstelling van haar wat soos ’n kreatiewe draad deur haar lewe in die tale loop:

  • Betrokkenheid as student in die drama Kanna van Adam Small, by UWK (sy vertolk die hoofrol van Makiet).

  • Die stigting van die Cape Flats Theatre Group, wat vandag nog bestaan

  • Die samesmelting van poŽsie en folk music in ’n produksie in die St George's Katedraal

  • Drama's opgevoer, soos ’n Seder val in Waterkloof, deur PG du Plessis

    Sy kombineer graag drama met klasgee. Sy het bevind dat kinders wat in ’n drama gespeel het waarin ’n sekere taal gepraat word, soveel beter in daardie spesifieke taal vaar as die ander. Amper asof die lewe as rollespel op die verhoog gebruik word, dink ek, as sy verduidelik. Vir haar gaan dit oor die inbring van die atmosfeer van die teater in jou klaskamer. In haar MSc-tesis het sy trouens aanbeveel dat onderwysers drama-tegnieke gebruik as hulle klasgee.

    In Edinburgh behoort sy dan ook aan twee dramagroepe en wys aan my uit hoedat sy die aanleer van ’n nuwe taal met drama kombineer: as kommunikatiewe en humanistiese metode.

    Sy sÍ dat sy ’n keuse gemaak het om nooit by die UK drama te studeer nie. Destyds was dit ’n kleurling nie beskore om veel meer as ’n servant-rol te vertolk as jy ’n drama-graad gehad het nie. En vir daardie graad moes jy toestemming kry by ministers en hoŽ koppe. Sy kies om haar belangstelling met haar lewe te kombineer.

    In 1993 trou sy weer, met ’n Suid-Afrikaanse burger. Hulle het ’n dogtertjie van agt jaar. Voordat sy by Iilwimi betrokke raak, is sy die direkteur van die English Educational Development, wat Engels aanwend in elke fakulteit aan UWK. Tot 90% van alle studente is verplig om hierdie vak te neem.

    Sy sien haarself as ’n sosio-linguis en verdiep haar in mense se taalhouding in ’n veeltalige samelewing. Vanaf 1995 volg sy Xhosa-studente aan UWK se houding oor hulle eie taal en oor ander tale. Aanvanklik is hulle oorweldigend negatief jeens Afrikaans, positief oor Engels en ambivalent oor hul eie taal: hulle praat hul eie taal, maar is onseker of dit vir hoŽr funksies soos tersiÍre opvoeding gebruik kan word.

    Sy het hierdie mense vir drie jaar lank dopgehou en onderhoude en vraestelle aan hulle uitgedeel. Wat is hul gevoel en wat gebeur werklik in die praktyk? Dit het later geblyk dat daar van die swart studente was wat inderdaad minder negatief oor Afrikaans geraak het en sommiges het gesÍ dat daar selfs Afrikaans in hul families gepraat is.

    “Die taal waarin ek leef Ö hoe kan ek my rug daarop draai?”

    Oor haar eie Afrikaans sÍ sy dat sy in die verlede die Afrikaans van die regeerder geskei het van haar eie taal. Ek vra haar hoe sy haar vereenselwig met ’n taal wat die wit regeerder ook op haar afgedwing het en sy sÍ:

    “Dis die taal van my kerk, dis die taal waarin ek leef ... hoe kan ek my rug daarop draai?”

    Sy sÍ dat Afrikaans vir haar verskillende dialekte het: die standaardvorm en ook die verskillende dialekte waarin onderskeie mense hulself in gemaklik voel. Syself is gelukkig dat sy baie gemaklik beweeg tussen die verskillende registers van Afrikaans.

    Sy sien haarself nie as ’n “vegter” vir Afrikaans nie. Die woord is te sterk; dis verbind aan ou politieke stryde. In die verlede was die language of liberation maar altyd Engels en dit word steeds gesien as die taal van big business. Tog bevind sy dat dit groot hoeveelhede mense uitsluit en dit word sigbaar in lande soos Zimbabwe en NamibiŽ. In die Parlement is mense te bang om hul mond oop te maak, uit vrees dat hulle hulself nie korrek in die taal kan uitdruk nie. Daar is maar altyd mense wat ’n sin onseker begin met: “Please excuse my English, but Ö”

    Sy sÍ ook dat sy haar nie as kampvegter sien nie: is dit nodig om te veg vir iets as die taal se vitaliteit nog so sterk is en dit nog op so baie vlakke gebruik word? Tog moet ’n mens realisties wees oor ’n taal soos Engels: boeke, die Internet, die universaliteit daarvanÖ

    ’n Taal moet vertroetel word en nie versmoor nie

    Vir haar is die huidige Mejuffrou Suid-Afrika ’n wonderlike rolmodel: sy is drie tale magtig, nl. Afrikaans, Engels en Xhosa.

    Ons gesels oor al die kante van die spektrum: diegene soos Zebulon Dread en die “stryders”. ’n Taal moet vertroetel word, nie versmoor word nie. Soos ’n baba.

    Die span by Iilwimi wat nie reeds Xhosa magtig is nie, gaan hierdie winter ’n intensiewe kursus hierin bywoon. Dis vir hulle belangrik.

    In die Wes-Kaap is daar Xhosa-sprekendes wat besig is om in Afrikaans geletterd te raak. Afrikaans het steeds ekonomiese mag, mense is bang hulle voel uitgesluit as daar Afrikaans gepraat word.

    Max du Preez vat dit vir haar saam met die aanhaling uit een van sy artikels, dat die “fundamental change” moet kom “in the heart and mind of government and society”. Die aanleer van ’n inheemse taal moet gesien word as die verbreeding van jou Suid-Afrikaanse kultuur.

    Sy stem nie volkome met Dr Neville Alexander saam wat meen dat die mense se houding jeens ’n taal moet verander nie. Sy voel die beleid moet eers verander word, sodat die taalstruktuur geÔmplimenteer kan word Ö dan verander die houding in ieder geval.

    Haar ideaal is dat sy ’n Wes-Kaap wil sien waar mense Afrikaans, Engels en Xhosa kan praat. Dit sal die enorme gaping van misverstand help oorbrug en mense se begrip en verstaan aanhelp.

    Engels is nie die taal van my hart nie, sÍ ’n dosent van Stellenbosch nou die dag, vertel sy. Jou diepste emosie word nie hierin weerspieŽl nie, dieselfde diepte van waarde kan nie hierin weergegee word nie. Engels kan ’n baie koue instrument word.

    Taaluitsluiting lei tot taalafplatting

    Sy meen dat drie tale op tersiÍre vlak ’n belangrike rol speel, want as een taal uitgesluit word, lei dit tot afplatting hiervan: die taal ontwikkel nie met die jargon van ’n spesifieke rigting nie, daar is nie groei in terminologie en selfs nie in letterkunde nie.

    Die wÍreld word ’n armer plek, hoe minder tale ’n mens kan praat.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.