SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Roepman is 'n aangename verrassing

Louise Viljoen

Klik op die boekomslag en koop dit nou by kalahari.net. Klik hier om uit te vind hoe jy 'n eksemplaar van Roepman kan wen!

Roepman Roepman
Jan van Tonder
ISBN: 0798144580
Prys: R110
Formaat: Sagteband
200 bladsye
Jan van Tonder

Jan van Tonder het reeds 'n viertal literÍre tekste op sy naam: daar was die kortverhaalbundel Aandenking vir 'n vry man (1984) en die drie romans Wit vis (1983), Is Sagie (1987) en Die kind (1989), waarvan laasgenoemde met die ATKV- en FAK-pryse bekroon is. Wat veral in sy laaste twee tekste opgeval het, was die suiwer en onsentimentele vertelstyl wat daarin slaag om die leser te oortuig dat dit absoluut eg en deurleef is.

In sy jongste roman, Roepman, maak Van Tonder gebruik van 'n kinderverteller in die persoon van Timus. Hy is 'n seun van ongeveer twaalf, dertien, en die jongste van sewe kinders wat saam met hulle ouers en ouma in 'n spoorweghuis in Durban woon in die laat sestigerjare (die moord op Verwoerd val byvoorbeeld saam met 'n belangrike draaipunt in die verhaal). Hy is uitermate geskik as verteller en waarnemer, omdat hy so aartsnuuskierig is: hy is voortdurend besig om mense af te loer of af te luister en as daar 'n beduidenis is van opwinding Írens in die strate, hardloop hy paaie om daar te kom. In hierdie opsig herinner hy aan Fabian Latsky, die hoofkarakter in Etienne van Heerden se Kikoejoe, die seun van wie sy ma sÍ dat hy soos 'n hotnotsgot almal rondom hom sit en dophou met vrywende handjies.

Die gebruik van 'n kind as verteller wat op naÔewe wyse die heersende maatskaplike en veral politieke toestande registreer, is nie nuut in die Afrikaanse literatuur nie. Hier het Van Tonder voorgangers soos Jeanne Goosen se Ons is nie almal so nie en o.a. Daantjie Dromer, Mark Behr se Die reuk van appels en SP Benjamin se Die reuk van steenkool. In sekere opsigte is dit 'n maklike manier om kommentaar te lewer op die misstande van 'n verbygegane tyd. 'n Kind wat nog nie alles begryp wat rondom hom of haar aangaan nie, is die ideale waarnemingspunt om te gebruik as jy iets wat sulke duidelike gebreke gehad het soos die apartheidsisteem, van binne uit wil beskryf sonder om die leser se simpatie te verloor. Aan die een kant is die kind deel van die sisteem en kan hy of sy geloofwaardige kommentaar lewer op die gebruike van die tyd; aan die ander kant is die kind nog te jonk om werklik die implikasies van die sisteem te besef waarvan hy of sy deel is of om iets daaraan te doen. So 'n kinderverteller wat vertel oor 'n jeug uit die hoogty van apartheid kan ook iets van sommige lesers se behoefte vertolk om te voel dat hulle die onregte van die verlede ervaar het, maar te jonk en onskuldig was om verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar. Indien 'n skrywer 'n roman met 'n politieke-maatskaplike fokus wil skryf, is dit miskien dapperder ťn moeiliker om te vertel vanuit die perspektief van een van die persone wat aandadig was aan die sisteem, en dus minder simpatie wek by die leser.

Soos in die byna klassiek-geworde Afrikaanse voorbeelde wat ek hier bo genoem het, is die kinderverteller in Roepman gelukkig nie alleenlik daar om 'n spieŽl te wees van die politieke omstandighede van die tyd nie (dit sou iets van 'n goedkoop truuk wees met 'n beperkte vermoŽ om die aandag van die leser te hou). In elkeen van die genoemde romans het die kind ook 'n eie verhaal wat die aandag eis en ontvou teen die maatskaplik-politiese agtergrond. Net soos in die romans van Goosen, Behr en Benjamin beÔndruk van Tonder se roman nie soseer oor die vernuftige beeld wat dit skep van 'n verbygegane tyd nie, maar met die wyse waarop dit die kind se oorgang vanaf die onskuld van die jeug na die wete van volwassenheid teken. Roepman vertel trouens 'n verhaal wat homself baie mooi laat lees in terme van alles wat geskryf is oor oorgangsrituele en die tussenfase waarin die mens wat besig is met so 'n oorgang, verkeer. AntropoloŽ soos Arnold van Gennep en later Victor Turner het gepraat van liminale personae of drumpelmense (limen is die Latynse woord vir drumpel), omdat hulle tydens die oorgangsrites losgemaak word van hulle bekende omstandighede en daarna in 'n ambivalente en tussenintoestand verkeer voordat hulle uiteindelik weer opgeneem word in die gemeenskap.

Elemente hiervan is herkenbaar in die verhaal van Timus: daar is heelwat aanduidings dat hy in so 'n oorgangstadium en -ruimte verkeer. Hy bevind hom dikwels ůf buite ander se aktiwiteite ůf op die rand daarvan omdat hy nie deel uitmaak van die kring van ingewydes nie: hy loer byvoorbeeld 'n groep swartmense se religieuse seremonie in die bos af terwyl hy in 'n boom sit, hy kyk gefassineerd uit die donker toe terwyl die huisbediende Gladys haarself was en dink dat hy "nog nooit iets gesien het wat so mooi is nie", hy luister by vensters en deure om te hoor wat sy ouers en susters en die bure sÍ, hy kruip in die skaduwees weg om te sien hoe Zane die vlermuise doodslaan, en so meer. Die antropoloŽ skryf ook dat hierdie tussenin- of drumpelgebied dikwels met gevaar geassosieer word: dit is dus nie vreemd dat Timus sy arm breek wanneer hy in die bos uit die boom val nie (daarna merk die gips aan sy arm hom as 'n soort buitestaander ten opsigte van sy familie en maats).

Dit is ook duidelik dat hierdie tusseninfase baie sterk verband hou met Timus se ontwikkelende seksualiteit: hy het 'n intense begeerte om seksuele volwassenheid te bereik. Daarom wil hy so graag hÍ dat daar moet skuim staan as hy pie. Dit lei op sy beurt tot 'n tweede armbreuk wanneer hy van die dak af val omdat hy dink daar sal skuim wees as hy van 'n hoogte af pie. Daar is ook 'n konfrontasie met 'n groep ouer seuns van wie se wreedheid hy net gered word deur die roepman Joon. Hierdie insidente toon hoe die ontluikende seksualiteit en gevaar met mekaar verweef is in hierdie tussensone van die oorgang.

'n Besonder markante moment in Timus se seksuele ontwikkeling is sy besoek aan die walvisstasie saam met Ruben. Van die begin af is daar die suggestie dat die walvisstasie en die hawegebied (met die naasliggende Point Road met sy nagklubs en prostitute) verbind kan word met seksualiteit en die inisiasie tot volwassenheid. Die besoek aan die walvisstasie saam met Ruben is dan ook gemerk met 'n hele aantal momente wat daarop dui dat hy hom in 'n gevaarlike oorgangsone bevind: hy klim saam met Ruben die verbode hyskraan uit, hulle sien hoedat die walvisse ingesleep word na die stasie, hy raak bewus van die walvis se enorme geslagsdeel en sien die brute geweld wat betrokke is wanneer die walvisse afgeslag word. Diť toneel bevat interessante verwysings na Mark Behr se roman Die reuk van appels, waar die walvis as meerduidige of ambivalente seksuele simbool funksioneer. Daar is duidelik ook bowetone van Herman Melville se klassieke roman Moby Dick, veral in die toneel waar Timus fantaseer hoe hy 'n walvis skiet met 'n harpoengeweer. Die gevare van die seksuele tussengebied word by uitnemendheid gedemonstreer wanneer Ruben probeer om hom seksueel te molesteer. Naas hierdie insident is daar ook Timus se smagting na Elsie, wat haar eerder interesseer in die ouer seun Voete, en sy skelm kyke na die buurdogter Mandy se rooi pantie wat wys wanneer sy op die agterstoep haar bene "tan".

Timus verkeer ook in 'n tussenstaat in die sin dat hy met gemak beweeg in daardie vreemde ruimte waarin werklikheid oorvleuel met verbeelding. Die roman kondig baie pertinent in sy openingsin aan dat Timus 'n lewendige verbeelding het en dat hy nie huiwer om die grens tussen werklikheid en fiksie te laat vervaag nie. "Die lewe is nie 'n storie nie, Timus, hoeveel keer moet ek dit nog vir jou sÍ" is die woorde waarmee sy Pa die roman begin. Dit word dan ook een van die wesenstrekke van die vertelling: Timus se drome en fantasieŽ word meermale ingevleg in die realiteit en daar figureer karakters soos Joon en sy ma antie Rosie wat byna bonatuurlik voorkom. Dit is waarskynlik ook waarom Timus vir Joon kan "herken" as iemand wat ook uitsonderlik is en in dieselfde tussenstaat verkeer as hy, al is dit dan om ander redes.

Timus se groei tot volwassenheid word in 'n groot mate bepaal deur die mense met wie hy saamleef. Sy eie ontwikkelende seksualiteit staan afgeteken teenoor diť van sy ouer broer en susters (van wie die een buite-egtelik swanger is tot die gramskap van haar pa wat haar onder sensuur van die Kerk laat plaas). By hulle kry hy net gedeeltelike en onvolledige leiding: nůg sy broer nůg sy susters wil hom inlig oor eenvoudige feite van die lewe soos wat Dr White's is. Vir verdere kennis is hy afhanklik van sy eie waarnemings en die opmerkings van die venynige buurkinders. Dit word ook beÔnvloed deur die omgewing waarin die gevolge van mense se seksuele drange en gedrag hulle voortdurend aan die omgewing opdring: daar is die insident rondom oom Gouws se verhouding met die IndiŽr-vrou wat vir hulle werk, die uitlokkende buurmeisie, Zane se aanranding van Helen, die seuns wat hom treiter, en nog meer.

Sy pa is die konvensionele streng Afrikaner-patriarg wat so getrou is aan die NG Kerk dat hy nie wil hÍ sy kinders moet dans nie en so gedrewe deur die Afrikaner-nasionalistiese politiek dat die dood van Verwoerd hom dieper tref as die selfmoordpoging van sy dogter (vir wie hy verbied om 'n verhouding te hÍ met iemand wat aan die Apostoliese Kerk behoort). Die leser wonder by geleentheid of die uitbeelding van hierdie vaderfiguur nie 'n bietjie oordrewe of karikaturaal is nie, totdat jy onthou dat mense werklik so opgetree het en dit as die uitleef van bepaalde beginsels beskou het. ('n Mens wonder ook wanneer 'n Afrikaanse skrywer gaan probeer om die eens gevreesde en nou verslane Afrikaner-patriarg van binne uit beskryf sodat 'n mens iets kan verstaan van die dryfvere onderliggend aan die onderdrukkende optrede.) Timus se ma is 'n temperende invloed op die pa: anders as haar man is sy 'n Sap en word sy geteken as iemand wat verkies om die woord Bantoe eerder as kaffer te gebruik en tog 'n mate van simpatie het (al is dit oneffektief) met die wyse waarop die politieke sisteem haar swart bediende Gladys verrinneweer.

Die werklike teenspeler vir die pa is egter ouma Makkie, wat na die dood van haar man in die reeds oorvol huis intrek: sy is 'n heerlik oneerbiedige ou vrou, met 'n droŽ humorsin, 'n goeie skoot rebelsheid en weersin in die sisteem wat Timus se pa so entoesiasties in stand hou.

Soos wat die titel suggereer, speel die "roepman" Joon 'n belangrike rol in die roman. Dit is sy taak om die spoorwegmense wakker te maak sodat hulle betyds kan aantree vir hulle skofte - vandaar die term roepman, wat ook onheilspellende konnotasies het. In die loop van die roman word dit duidelik dat hy en sy vreemde ma wat voortdurend loop en klippe optel, ook in 'n tussengebied verkeer en nie dieselfde is as die ander mense in die spoorwegkamp nie. Dit is veral duidelik in diť opsig dat Joon byna 'n soort bonatuurlike vermoŽ het om te sien wanneer ander mense in nood verkeer en hulle te help. Dit gebeur byvoorbeeld dat hy die verteller "red" van die seuns wat hom verneder en van 'n tweede uitstappie met Ruben wat hom probeer molesteer het. As emosioneel betrokke leser is jy verlig wanneer Joon opdaag om iemand te help; as kritiese leser wonder of jy dit die regte ding is vir die skrywer om hierdie figuur as 'n soort deus ex machina of Christus-figuur te gebruik. Die slot bring egter 'n vernuftige wending wat jou kritiese vrae stilmaak: Joon word uiteindelik deur Zane en sy vriende doodgemaak, en Timus, wat die toneel afloer, se onoordeelkundige optrede dra waarskynlik by tot sy dood. Tot op hierdie punt lyk Joon na die tradisionele Verlossersfiguur wat sterf deur die toedoen van diť vir wie hy eintlik moet red. Dit is egter nie so maklik nie: Joon se dood merk eerder Timus se toetrede tot die volwasse wÍreld waarna hy so gesmag het (as jy Freudiaans lees, besef jy dat hy vir sy eie oorlewing waarskynlik deel gaan word van daardie orde waarvan sy pa deel is). Sonder sy beskermerfiguur is hy nou aangewese op homself, maar waarskynlik ook wys en gekompromitteerd genoeg om homself te kan handhaaf.

Van Tonder maak dus nie die fout om 'n roman te skryf wat 'n aaneenryging van pikante episodes uit 'n vervloŽ tyd is nie. Daar is 'n duidelike spanningslyn en opbou tot 'n bepaalde hoogtepunt, naamlik die lang verwagte een-en-twintigste verjaardagparty van sy tweelingsusters Mara en Rykie wat bederf word deur die demper wat hulle pa daarop plaas uit respek vir Verwoerd se dood. Die partytjie gaan egter onverwags voort in die straat wanneer 'n waterpyp bars en almal in 'n fantasmagoriese toneel (wat op die rand van die onwaarskynlike en dus simboliese lÍ) hulle kaal uittrek en in Omo-skuimbolle met mekaar dans. Hierna volg die dood van Joon, die dood van ouma Makkie, die uitmekaarspat van die gesin omdat die ouer kinders op hulle eie gaan woon, die verhuising na Stanger en die verteller se deelword van die "gebroke" grootmens-werklikheid (om sy pa se vroom woord te gebruik).

Van Tonder se roman mag lyk na 'n oorrompelend eenvoudige vertelling gebaseer op outobiografiese gegewens, maar dit is kennelik sorgvuldig bedink om die universele ervaring van verlies aan onskuld bloot te lÍ. Dit is een van die aangename verrassings in 'n jaar wat reeds belangrike Afrikaanse werke opgelewer het.

Roepman
Klik hier om te lees wat Jan van Tonder oor die skryf van Roepman te sê het

Roepman-kompetisie

Staan die kans om 'n eksemplaar van Jan van Tonder se Roepman te wen!
(Boeke geskenk deur Human & Rousseau)
Om te wen stuur die e-pos addresse van almal wat u dink ons nuusbrief wil ontvang aan
Sharon@litnet.co.za




LitNet: 13 Januarie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.