SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Waar moet ’n barbaar soos ek dan tereg vir ’n bietjie kultuur?

Gerrit Brand

Toe Koos Kombuis ’n tyd gelede die Oudtshoornfees teen kritici in beskerming geneem het, was ek dit so hartlik met hom eens dat ek eintlik lekkergekry het. Maar toe kom Johan Pienaar met sy pleidooi vir meer kunskritiek en moet ek nŠ die lees daarvan toegee dat hy ook ’n paar punte beet het.

Kom ons begin by Koos. Wat is, na alles, daarmee verkeerd as ’n Breytenbach-toneelstuk binne trefafstand van ’n tombolatafel opgevoer word? En wat is fout met bier en braaivleis? Van wanneer af mag dit nie met kuns meng nie?

Die mense wat die Oudtshoornfees van populisme en kŰmmingeit beskuldig, het ’n elitistiese, snobistiese kyk op kuns en dink hulle is beter as ander mense. Hulle gatte. Ek geniet die feit dat “hoŽ kuns” met populÍre vermaak meng by Oudtshoorn: nog ’n grens in sy moer. Buitendien, soos Koos sÍ, op diť manier kry die volk blootstelling aan kunsvorme waarin hulle andersins dalk glad nie belang sou stel nie. Kuns ťn die massas wen.

As ’n mens kyk na die ontwikkeling van kuns deur die eeue, dan is dit ook so dat die algemene publiek vir ’n groot deel die gebruikers van die produk was. Shakespeare se toneelstukke is vir die publiek opgevoer, soos die Griekse tragedies van vroeŽr. Middeleeuse en Renaissance-skilders en -beeldhouers het hul kuns spesifiek op ongeletterdes gemik om die Bybelse verhale, wat hulle nie kon lees nie, aan hulle oor te dra. Dit geld nie kuns net in die Weste nie, maar ook byvoorbeeld in Afrika, waar kunsvoorwerpe in die rituele praktyk van hele gemeenskappe gebruik is. Weliswaar het spesialiste in al hierdie gevalle die kuns geskep, maar hul teikenmark was deurgaans die massa.

Die vreeslike afstand tussen “kunsmense” en ander gewone sterflinge is ’n taamlik resente ontwikkeling en grootliks beperk tot die Westerse kultuur. Hier geld vir my iets soortgelyk as in die geval van die afstand tussen teoloŽ en gewone gelowiges in die kerk: as die massas nie meer weet hoe om die hogere uitskytsels van “nuwe hervormers” en “kunstenaars” te waardeer nie, moet lg miskien, voordat hulle die mensdom veroordeel, eers voor hul eie deur vee.

Kyk, as hulle ontoeganklike produkte wil lewer, is dit hul goeie reg, maar om dan te kla omdat mense nie toegang daartoe vind nie, is op sy minste ’n bietjie belaglik. As jy vir ’n klein, uitgesoekte groepie skep, is die kans goed dat net ’n klein, uitgesoekte groepie jou skepping sal waardeer.

Aan die ander kant is kunswerke wat die massa aanspreek, nie noodwendig van ’n laer gehalte nie. Inteendeel, die kuns om iets van kwaliteit te lewer wat terselfdertyd vir baie mense toeganklik is, behels groot kreatiwiteit en vaardigheid met jou materiale, of dit nou verfkwasse, woorde of note is.

Maar goed, Johan Pienaar is reg: daar is ook populÍre “kuns” wat gewoon gemors is. Johan beskou dit as ’n groot euwel - veral as dit by kunstefeeste getolereer word - en miskien sit hy nie die pot so ver mis nie. ’n Kunstefees is immers bedoel om ’n vertoonvenster van ’n gemeenskap se kultuur te wees. Nie enigiemand kan by Oudtshoorn optree en tentoonstel nie, en ’n keuring van kandidate is dus onvermydelik. Hoekom dan nie sekere kwaliteitstandaarde aanlÍ, eerder as om bloot vir geldgenereerders te kies nie?

Die antwoord is natuurlik dat ’n fees ook moet kan oorleef - dit moet winsgewend wees. Deur meer populÍre items in te bring word dit finansieel moontlik om ook vir minder populÍr gerigte items ’n verhoog te skep.

Die van ons met ’n sensitiewe gestel kan mos maar die gemors vermy en net na die goeie goed gaan kyk. By die afgelope Oudtshoornfees was dit glad nie vir my moeilik om te onderskei tussen populÍre twak en ernstiger kuns (wat ook soms populÍr is) nie. Die venue, die resensies, die vertellings van ander - dit alles het vir ’n mens baie goed leiding gegee oor wat die moeite werd is om te sien as jy pitkos wil hÍ: Mamma Medea, Kanna hy kŰ hystoe, Laurinda Hofmeyr, Piet Botha ens. Op een of ander manier - moet my nie vra hoe nie - is die fees so ingerig en georganiseer dat dit vir die besoeker maklik was om te onderskei tussen produksies op hierdie vlak en ander produksies met suiwer vermaaklikheidswaarde. In diť sin slaag die feeskomitee nogal goed daarin om kommersieel kop bo water te hou sonder om die onderskeid tussen goeie en swak kuns (of niekuns) op te hef.

Miskien moet ons ook nie alles kuns wil noem nie. Die opvoerings van sommige populÍre sangsterre (ook al word hul in die Springbokradio-tradisie “kunstenaars” genoem) is geen kuns nie. Dit is nie goeie of swak kuns nie, maar bloot vermaak, op dieselfde vlak as pannekoek, boerewors rolls, die pretpark en koffie. As ons al hierdie ander vorme van vermaak toelaat, hoekom dan nie ook “kunsagtige” vermaak nie? ’n Kunstefees sonder enige vermaak is tog ondenkbaar, nie waar nie? By Grahamstown met al sy arty farties is dit ook nie anders nie. Dis soos die Rapport op Sondae: as daar nie skandes op die voorblad en lywe op die agterblad was nie, kon daar ook nie boekresensies en diepte-artikels in die middelblaaie wees nie.

Ons moet pasop om kuns nie alte hoogheilig en asketies te benader nie. Ons moet veral daarteen waak om ’n goeie onderskeidingsvermoŽ wat betref kunskwaliteit te verwar met plein snobisme wat sekere soorte vermaak, soos koffiekroegies, gin en tonic of vegetariese pasta, objektief hoŽr as braaivleis, pap en brandewyn wil bepunt. Dit is alles ’n kwessie van persoonlike smaak en het met kuns niks uit te waai nie.

Die ergste ding wat met die KKNK kan gebeur, is dat dit “bekakt” word (soos die Hollanders sÍ). Net soos baie mense die Afrikaners meer haat vir hul vermeende agterlikheid as vir hul rassisme (maar dit nooit sal erken nie), net so minag baie “kunsmense” die massa en hul idole, nie in die eerste plek omdat hulle swak of geen kuns maak nie, maar meer omdat hulle “nie van ons klas” is nie. Gee my dan enige dag liewer ’n oempa-band.

Ons moet ook nie niekuns aan kunsstandaarde meet nie. Dit is stupid om ’n losskakel te kritiseer omdat hy geen paaltjies vat nie, of ’n ontkleedanseres omdat sy nie goeie ballet doen nie. Net so is dit simpel om blote vermaaklikheidsterre te kritiseer omdat hul produksies nie aan hoŽ kunsstandaarde voldoen nie. Ek was bevoorreg om ’n paar jaar in Holland te kon deurbring waar kritiese kunsresensies ’n integrale deel van die kultuur is en waar Johan vermoedelik dus baie tuis sal voel. Maar een ding wat ek nooit daar gehoor het nie, is dat ernstige kunskritici hul toorn rig op populÍre vermaaklikheidsterre wat geen pretensie tot hoŽ kuns voorhou nie.

Waarteen ons wel moet waak - en hier is Johan reg - is dat niekuns of swak kuns as goeie kuns opgedis word. Waar dit gebeur, moet ons ons kritiese stemme dikmaak. Dit hoef nie te beteken dat ons die persoon afkraak, soos ongelukkig so tipies van baie van ons joernaliste en skrywers se styl is nie, maar ons kan wel daarop wys dat die betrokke skepping nie slaag as dit aan kunsstandaarde gemeet word nie en dat dit daarom liewer die pretensie van kuns moet laat val. Ook wat egte kuns betref kan ons gerus meer krities wees en ’n kultuur help skep waarin mense nie persoonlik beledig voel deur kritiek op hul kuns nie. Soos Johan sÍ, dit help hulle juis om hul kuns te verbeter.

Uiteindelik, lyk dit my, moet ons ’n produk(sie) aan sy eie pretensie meet. As dit sigself aanbied as kuns, meet dit dan genadeloos aan kunsstandaarde. As dit sigself aanbied as vermaak, meet dit dan aan daardie kriterium.

’n Meer kritiese benadering tot kuns in die Afrikaanse wÍreld? Ja. ’n Verbanning van populÍre vermaak van die KKNK? Se gat. Waar moet ’n barbaar soos ek dan tereg vir ’n bietjie kultuur?


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.