SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Gebrek aan kritiese oog gaan Afrikaans se laaste nekslag wees

Johan Pienaar

In die onlangse verlede is daar op LitNet se webruimte SÍNet groot geraas gemaak oor kritiek. Jean Meiring se kritiek oor Vonk het gelei tot woedende uitbarstings van die ondersteuners van die tydskrif. Meiring is met fisiese geweld gedreig, daarvan beskuldig dat hy nie ’n sin vir humor het nie en dat sy soort Afrikaans vernietig.

Meer onlangs is daar in debatte meer en meer die opinie uitgespreek dat daar ’n soort gelykheid in musiek is. Dat daar nie iets soos goeie en slegte musiek is nie, maar dat musiek se waarde slegs geskat behoort te word na individuele smaak. Dit sal seker nie onregverdig wees om die analogie ook deur te trek na ander kunsvorme soos teater, die literatuur en die beeldende kunste nie.

Koos Kombuis skryf in een van sy rubrieke op LitNet dat ons nie moet paniekerig raak wanneer Breytenbach binne spoegafstand van ’n tombolatafel opgevoer word nie. Verder betoog hy vir ’n balans tussen, soos ek dit sien, kommersialiteit en kuns. Aldus Kombuis loop mens die gevaar om so irrelevant soos Breytenbach te raak sou mens jouself net aan kunsstandaarde meet.

Twee aspekte blyk duidelik hier ter sprake te wees: die rol van die kritikus en die strewe na balans tussen kuns en kommersialiteit, of anders gestel, die nuwe verpligting om kuns te produseer wat vir die gewone mens op straat toeganklik is.

My vraag is definitief nie of hierdie aspekte Afrikaanse kuns die nekslag gaan toedien nie, maar bloot wanneer dit gaan gebeur en watter een van die faktore die grootste bydrae gaan lewer.


Kritiek

Die verhouding tussen kunstenaars en kritici was nog nooit maklik nie. Kunstenaars hou nie daarvan as hulle gekritiseer word nie en sien kritici dikwels as die selfaangestelde hekwagters tot die poorte van die een of ander kuns-nirvana.

Kritici word verdag gemaak onder die dekmantel van opbouende kritiek en heel dikwels verskuilde agendas. Toe Jean Meiring Vonk se taalversorging gekritiseer het. was die reaksie op sy uitsprake nooit regtig gemik teen die feit dat Vonk se taalversorging vrot is nie, maar is hy afgemaak as iemand wat suur was oor hy nie subredakteur van Vonk is nie. Hy is daarvan beskuldig dat hy dit wat ander probeer opbou, afkraak en helaas, dat hy op die een of ander manier sy mes vir Afrikaans in het. Daar was nooit regtig enige bespreking gewees oor die meriete van sy stelling nie.

En dit blyk deesdae die reaksie van kunstenaars teenoor kritici te wees. Sodra hulle gekritiseer word, soek hulle onmiddellik die tweede agenda. Die Vonk-redaksie se selfregverdigende reaksie op Meiring se kritiek het hulle ’n waardevolle geleentheid ontneem om hulle tydskrif te verbeter. Die resultaat: twee skandalige spelfoute op hulle volgende voorblad.

Koos Kombuis het soortgelyk gereageer na ’n snydende resensie oor ’n vertoning van hom by ’n kunstefees in Windhoek. Dit wil voorkom asof hy hom destyds aan die kritiek gesteur het, want by KKNK 2002 was sy vertoning ligjare beter as enige van die wat ek van hom in die vorige twee jaar gesien het. Hiervoor moet Kombuis nie die lofsangers bedank nie, maar die kritici. Die bereidwilligheid van een kritikus om Koos te kritiseer toe dit nodig was, het sy kuns verbeter. Daar is niks te leer by die wat jou lof die heeltyd besing nie. Jou kritici is inderwaarheid jou leermeesters. Onregverdige kritiek is beter as onverdiende lofprysing.

Die verhouding tussen kritikus en sy onderwerp moet een van kreatiewe spanning wees. Kritici en kunstenaars kan nooit te ingeburger met mekaar raak nie. Dit lei bloot tot ’n vervlakking van kuns. Sulke vervlakking is tot niemand se voordeel nie.

Daar is ’n nuwe tendens onder diegene wat oor die kuns skryf. Etienne van Heerden het dit reeds in 2000 in sy rubriek in Die Burger uitgelig. Hy verwys daarna as die nuwe geselligheid. Ek voel eerder dat dit ’n nuwe gemoedelikheid is.

Nou onlangs het ek ’n CD gekry: Volk jou, uitgereik deur Wildebeest. Daar is heelwat goeie goed oor die CD gesÍ vanuit verskeie oorde, so ek het nogal uitgesien daarna om te luister na ’n samevoeging van nuwe stemme in Afrikaanse musiek. Helaas! Wat ’n totale stuk gemors. Net iemand wat sy ore vir die maanmannetjies geleen het, sou ooit kan dink dat die CD iets werd is. Asof die swak produksiekwaliteit nie genoeg is nie, was nie een van die kunstenaars, behalwe Alta Joubert, eers naastenby gereed om ’n CD te maak nie. Tog kry dit positiewe resensies. Noudat ek die betrokkennes se resensies weer lees, lees ek tog ’n terughoudendheid daarin wat met die eerste oogopslag nie te bespied was nie. Baie dankie vir niks! Twee vrae bly by my. Hoekom het hulle die resensies geskryf, en wat is die nut van ’n resensie wat mense net aanprys, verdiend of nie?

Oor die eerste antwoord kan ek net spekuleer, maar dit wil vir my voorkom asof Afrikaanse kunstenaars tot heilige koeie verhef is. Dit lyk asof die Afrikaner-kollektief iewers besluit het dat die redding van Afrikaans in die kunste lÍ en dat geen kritiek daarom teen Afrikaanse kunstenaars gebring mag word nie. Veral jong kunstenaars word in watte toegedraai, want so groot is die vrees dat die kunstenaars dalk gaan ophou om Afrikaans te dig, sing of skryf. Kwaliteit as maatstaf is vervang deur kwantiteit. Die Afrikaner vind veiligheid, nie in die kwaliteit van sy literÍre en musiekskat nie, maar eerder in die kwantiteit daarvan. Die sukses van die Afrikaanse kultuurjaar word gemeet in terme van getalle. Soveel nuwe CD’s, soveel nuwe digbundels, soveel nuwe boeke. Dat meeste van die CD’s, bundels en boeke vergete sal wees binne ’n jaar, is nie van belang nie. Ons is mos besig om ’n kultuurskat saam te stel.

Miskien is dit tyd vir die wekroep. Die bydrae tot Afrikaanse kultuur van die jare sestig sal altyd gemeet word teen bydraes soos die van Etienne Leroux. Die werke van die rymelaars, minnesangers en prulskrywers van die tyd is lank reeds vergete. So hoekom die skielike angstigheid om die hedendaagse prulskrywers en minnesangers te beskerm? Hoekom wil ons hulle as ‘t ware in die kunsteboesem intrek? Is sangers ons nuwe laer? Trek ons saam in die laer en oortuig onsself dat solank daar nog iemand is wat Afrikaans sing, maak nie saak hoe vrot nie, die taal lewendig sal wees?

Oor die nut van sulke resensies is ek sekerder. Daar is niks, maar niks, wat enige kuns soveel skade kan aandoen as positiewe onwaar resensies nie. Twee van die redes hiervoor dra universele waarhede met hulle saam. Die derde rede is van spesifieke belang vir Afrikaanse kuns.

Vals vleitaal ontneem die kunstenaar ’n belangrike instrument om sy werk te verbeter. Vasgevang in sy eie wÍreld, sy eie ego en veral sy eie denkwyse het hy kritiek nodig om hom uit te daag en uit sy gemaksveld te ruk. Geen kunstenaar kan ooit gemaksug bekostig nie.

Tweedens kom die vlei-resensent die kunstenaars te na wat kwaliteitwerk lewer. In ’n gemeenskap waar kunstenaars reeds nie finansiŽle vergoeding ontvang vir hulle werk nie, is erkenning die enigste barometer waarvolgens hulle die waarde van hul werk kan skat. As die vlei-resensent se barometer alles tot mooiweer verklaar, ontneem jy ook die kwaliteitkunstenaar die geleentheid om erkenning te kry vir sy werk. Om Adam Tas net soveel te loof as byvoorbeeld Piet Botha, is ’n kolossale onreg teenoor Botha.

Spesifiek ten opsigte van Afrikaanse kuns moet ’n mens verstaan dat Afrikaans as taal kompeteer in ’n mark wat byna homogeen meertalig is. Afrikaners kan meer dikwels as nie ewe gemaklik in die Engelse kultuurskat as in die Afrikaanse kultuurskat delf. Hulle is nie aangewese op Afrikaanse musiek en boeke om hulle kultuurinspuiting te kry nie. Afrikaanse tieners kan sonder moeite tussen Ingrid Jonker en TS Eliot spring. Dit beteken natuurlik dat die Afrikaanse kultuur geweldig verryk kan word deur die kruisbestuiwing van ander kulture. Antjie Krog se onlangse vertalings in die poŽsie en die drama is voorbeelde hiervan.

Dit laat egter die Afrikaanse kultuur kwesbaar vir die landmyne van vals resensies. Laat my toe om die volgende scenario te skets. Weens verskeie faktore is die meerderheid Afrikaanse lesers en musiekliefhebbers onder 35 negatief ingestel teenoor Afrikaans. Die redes hiervoor is nie ter sprake nie, ook nie of dit geregverdig is nie.

Neem een so ’n persoon. Sy is 29, belese (het 90 van die top 100 boeke van die 20ste eeu gelees), het ’n graad in filosofie, uitgebreide musiekkennis van Elvis regdeur na Metallica toe, fyn ontwikkelde oor en praat Afrikaans. Sy is nie skaam vir Afrikaans nie. Ek probeer haar oortuig dat daar wel kuns van waarde is in Afrikaans as mens verby Jurie Els en Gerrie Pretorius kyk. Uiteindelik gee sy in en gaan koop na aanleiding van die resensie die Volk jou-CD. Wat gebeur volgende? Sy luister daarna, besef dis gemors en sit haar reis deur die Engelse kultuur voort. Dis seker hartseer vir haar dat sy nou nooit Valiant Swart of Beeskraal sal ontdek nie, maar dis hartseerder vir die Afrikaanse kultuur, want wat ons nodig het om te oorleef, is nie die kunstefees-boerewors-eters of die Stem-singende-massas nie, maar die talentvolle individue wat ons kultuur tot nuwe hoogtes kan uitbou.

Ons het nie nog Patricia Lewisse en Juanita du Plessis’s of Anneli van Rooyens nodig nie. Hulle sal vergeet wees lank voordat die komeet weer kom kuier. Ons soek die Laurinda Hofmeyrs, die Eugene Marais’s, die Breytenbachs, die Lerouxs.

Dit is verblydend om te sien dat Etienne van Heerden deurlopend kritiek teen hom op sy eie webwerf toelaat — dit is die merk van ’n ware kunstenaar.


Strewe na balans

Daar is ’n verskil tussen kuns en vermaak. Wanneer Laurinda Hofmeyr met ’n orkes besig is om haar toonsettings van gedigte te sing, is sy besig met kuns. Wanneer Steve Hofmeyr met geblikte musiek Neil Diamond-liedjies sing, is hy besig met vermaak.

Miskien het verwarring ontstaan tussen die begrippe kunstenaar en vermaaklikheidskunstenaar. Die Engelse woorde artist en entertainer laat minder van die verwarring ontstaan en dis dalk daarom dat mens nie hoor dat die Spice Girls by die Edinburgh-kunstefees speel nie.

Koos Kombuis bepleit ’n balans. Kunstenaars ding mee in twee velde: eerstens probeer hulle goeie kuns skep en tweedens probeer hulle ’n lewe daaruit maak. Koos is reg as hy sÍ dat swak kuns makliker verkoop. Die bladsy 3-meisies van die Britse tabloids en deesdae ook Suid-Afrikaanse tabloids maak van die koerante topverkopers. Niemand sal egter eers daaraan dink om te dink dat The Sun se standaarde vergelyk kan word met die van The Times nie. Niemand verwag van The Times om hulle standaarde te verlaag om ook lesers van The Sun te werf nie. Inteendeel, die algemene opinie is eerder dat The Sun se lesers hulleself moet opvoed en verhef tot die vlakke wat The Times daarstel.

Hoekom verwag ons dan van kunstenaars om hulle werk vir die publiek “af te dom”? Waarom word daar nie eerder gesÍ dat die publiek se kunskennis en kritiese vermoŽns opgeskerp moet word nie? Dalk oor dit makliker is. Dalk omdat iemand iewers oortuig is dat kunstefeeste sonder gratis verhoŽ sal sterf. (Die Volksblad-fees weerlÍ waarskynlik die idee.) Hoekom laat ons in die hartklop van ons kunstefeeste totale gemors toe? Hoe is dit dat ons grootste kunstefees by sy openingsfees mense toelaat om CD’s te speel en nie musiek te maak nie? Het die gemoedelikheid ons nie te ver gedra nie?

Het ons ons reg op goeie kuns verkoop vir die spreekwoordelike pot lensiesop, of veel erger, vir ’n bietjie aanvaarding? Reeds hoor ek hoe die apologete opstaan en beswaar maak. Ek hoor hoe hulle my probeer oortuig dat as Valiant Swart sy musiek vir die massas toeganklik maak deur “Song vir Katryn”, dit die sluise gaan oopmaak en die nuutbekeerdes sy ander musiek gaan ontdek. Dan wil ek so graag begin glo dat dit so kan wees, maar dan hoor ek wat Andries Bezuidenhout sÍ oor sy besoek aan ’n CD-winkel Ö

“Oh,” sÍ ek. “Is Song for Katryn selling well?”
“Very well!” sÍ die assistent. “Last week all of our stock sold out. If we could order them faster, we would sell much more!”
“Have you thought about ordering any of his other CDs?” wil ek weet.
“Uhm Ö no Ö”

Ek onthou dat na Nirvana se Nevermind en Soundgarden se Black Hole Sun gewild geraak het, verkope van hulle vroeŽre werke nie juis toegeneem het nie. Die aard van kommersiŽle sukses is juis dat dit vlietend is. Die kunstenaar hoef nie noodwendig sy kuns te verloŽn om kommersiŽle sukses te hÍ nie, maar hy moet vergeet daarvan dat die kommersiŽle sukses die pad na sy ander werk gaan oopmaak. Kunstefeeste moet vergeet daarvan dat die gehore by gratis tente gelok gaan word na opvoerings van Mamma Medea en Kanna. Die gehore gaan in die tente bly sit. Dit sal dieselfde gesigte wees wat jaar na jaar weer die kaartjies koop. Die KKNK verkoop waarskynlik hulle kaartjies aan min of meer dieselfde 20 000 mense vir die laaste drie jaar.

Al wat gaan gebeur wanneer die standaarde van kuns verlaag word, is dat ’n groter mediaan geskep gaan word en dat ons uiteindelik die 20 000 kaartjiekopers gaan verloor aan ander produksies en feeste wat sonder voorbehoud buite Afrikaans skryf en skep. Die dag wat dit gebeur, sal dit die begin van die einde vir Afrikaans wees. Afrikaans gaan nie eendag voortbestaan in die woorde van sy vermaaklikheidskunstenaars nie. Martino se “Kul jou hier, kul jou daar” gaan net soveel gewig dra in die Afrikaanse kultuurskat oor 30 jaar as Gerrie Pretorius se “Annemarie, my skat”. Dan gaan die behoud van Afrikaans eerder steun op iets soos Gert Vlok Nel se “Timotei Sjampoo”.

Die relevansie van kuns sal nooit bepaal word deur die gewildheid daarvan nie. Die relevansie van kuns sal altyd bepaal word deur die inhoud daarvan.

Dis tyd vir die gemoedelikheid om end te kry en vir kunstenaars om weer in hulle massas werk te lewer wat die gemeenskap uitdaag en konfronteer met homself. Dis tyd dat kunstenaars en kritici weer vir mekaar die stryd aansÍ met penne, kwasse en kitare. Daar is nog net soveel dinge om te sÍ en oor te skryf as voorheen.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.