Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Levi's®/LitNet Origins of songs
Moontlik gemaak deur/Supported by: Levi's®


In ons eerste bydrae vertel Chris Chameleon hoe die song “Come” ontstaan het en beantwoord vyf vinnige vrae.

Chris Chameleon
“Bietjie swoeg, ’n bietjie sweet, ’n titseltjie magie en toeval en ’n hele boel faktore wat hul nie deur omskrywing laat vasvang nie.”

Hoe die song "Come" ontstaan het

Chris Chameleon

Die skeppingsproses van Come, my bydrae tot die Levis CD4-album, is so oorweldigend tipies in elke opsig van my skeppingsmetodiek dat dit juis om hierdie rede eintlik uitsonderlik is, soos maar altyd die geval met n model is. Bietjie swoeg, n bietjie sweet, n titseltjie magie en toeval en n hele boel faktore wat hul nie deur omskrywing laat vasvang nie.

Dit het begin met n telefoonoproep van n opgeskote tienerseun van n ryk pa. Die klong wou n sanger word, Pappa het ja ges en n begroting beskikbaar gestel vir die opname. Hy het my nommer by my musiekuitgewer gekry, by wie hy gaan kers opsteek het in verband met liedjieskrywers.

Hei, is jy Chris Chameleon?

Uh ja, eh ... wie praat nou?

Hoor hier, ek het jou naam gekry by jou uitgewer, hy s jy skryf goeie songs, kan jy vir my een skryf vir my cd, ek sal jou betaal.

Goed eh ... goed dan. Wanneer wil jy die lied gereed h?

Kan ek jou mre bel? Sommer mre? wil hy weet.

Ek wou nog s dat dit nie regtig so werk nie, dat sulke dinge tyd neem en dat n week nader aan n redelike tyd is, maar hy brabbel nog so n paar dinge oor besigheid en geld en balle aan die rol en totsiens en daar lui hy af.

Verbluf stap ek toe maar kitaar toe en neem haar in my arms en begin neurie-neurie te vroetel.

In hierdie stadium moet ek seker noem dat liedjies by my (en die meeste van die musikante met wie ek al daaroor gepraat het, getuig van eenderse ervaring) op hoofsaaklik twee maniere uitkom. Die eerste, ook die beste en mins gereelde wyse, is meer soos kots as kak. Dit gebeur vinnig, onverwags, en voor jy jou kan kry, l die kuns in al sy kleur en tekstuur voor jou, sonder dat jy eintlik n benul het waar dit vandaan gekom het: Bleh! Die ander, meer gereelde verskynsel neem langer om uit te kom, kan beheer word en is meer voorspelbaar, en ja, geld vir die meerderheid van n kunstenaar se werk.

Nietemin, daar sit ek toe en gorrel vir n paar minute en skielik val die woorde uit die eter uit: Since youve been gone I dont feel I belong. Eenvoudig, musikaal en sodanig mantries dat dit nie op die oor af saak maak dat dit drie maal herhaal word nie. En dan die onthulling: Anywhere!

Die sikliese gedagtegang word voltooi in: Come! When are you gonna come? When are you gonna come around again? En dan natuurlik: Oooohooohoohoo! Dit het ongeveer drie minute geduur om die liedjie van vier minute te skryf.

Die volgende dag bel die klong toe weer.

Jis Chris, is die song reg?

Eh, ja ... antwoord ek ongemaklik.

Is dit darem n happy tune? Ek soek happy tunes, die songs op my plaat moet happy wees ok?

Ja, dis n vrolikerige liedjie. Ag, ek weet nie eintlik nie, ek meen, dis ook n bietjie treurig.

O, ok. Kan ek dit kom haal?

Ja, seker.

Ek gee hom toe my adres en spreek af dat hy dit die volgende dag sou kom haal. n Halfuur voor sy afspraak die volgende dag bel hy toe en s dat hy op die snelweg gaan staan het, hy kan dit nie maak nie.

En dit was die laaste sien van die blikkantien. Ek weet tot vandag toe nie wat van hom geword het nie, maar ek was heimlik verlig. Met die volgende Boo!-repetisie speel ek toe die lied vir my kollegas voor. Hullet dadelik daarvan gehou en ons het dit daai aand seker nie minder as twintig keer gespeel nie. Die publiek het ook dadelik van die lied gehou. Ons het n geweldig dinamiese einde verwerk wat al menige tiener met n stywe nek die dag na n Boo!-konsert laat ontwaak het.

In teenstelling met orkeste wat platekontrakte het, moes die onafhanklike Boo!, ipv eers n plaat opneem en dan die plaat toer, dit andersom benader. Ons sou eers die plaat toer en daaruit die fondse bymekaarskraap om dit op te neem.

Na vele konserte in die VSA en in tien Europese lande het dit uiteindelik tyd geword om die plaat op te neem. Ons het vir daardie plaat, wat uiteindelik ons laaste was, die beste begroting ooit gehad en het ook die mees tegniese benadering gevolg tot op dese. Vir die regie het ons een van Suid-Afrika se voorste vervaardigers, Brian OShea, genader. Hy was die man agter twee van ons land se beste uitvoerprodukte en ons het gehoop hy kon dieselfde verskil vir ons maak.

So bespreek ons toe n ateljee in Linksfield in Johannesburg en begin werskaf. Come was eerste aan die beurt. Brian het baie van die lied gehou en dit dadelik as n potensile treffer herken. Maar hy het gevoel dat die lied n verslawende refrein ontbreek. En so het ons n hele week aan die lied gewerk. Ek het nie minder nie as drie refreine in daardie week geskryf, almal goed en waarvan elk later tog sy plek in n lied rens gevind het. Maar Brian wou niks weet nie. Hy het die een na die ander refrein van die hand gewys en net volgehou: Thats not it!

Na sewe dae in die ateljee, teen R3 000 per dag, het ek baie gefrustreerd begin raak. Aan die een kant was hy die vervaardiger, wat beteken hy mag maar hiet en gebied, maar aan die ander kant was ek nie net die kunstenaar wat die vervaardiger moet tevrede stel nie, maar ook die platemaatskappy self, wat my op my beurt weer die baas van die vervaardiger maak.

Te midde van hierdie eienaardige magsverdeling het daar n ingewikkelde stryd ontwikkel, waarin dit uiteindelik neergekom het op begroting en tydsbeperkinge. Teen Vrydagaand (Saterdag sou die laaste dag in die ateljee wees volgens afspraak) was die kwessie nog geensins opgelos nie. Verslae om die waarheid te s, moerig en gatvol is ons daardie aand huis toe, met mre wat soos n guillotine oor ons koppe hang. Aan die een kant het ek klein gevoel omdat ek nie die towerrefrein kon skep wat almal sou laat glimlag nie; aan die ander kant was ek kwaad oor Brian wat so moeilik kan wees. Ek was moeg en baie moedeloos.

Tydens die verfilming van Sonkring in 1990, waarin ek die vertraagde Henry Vermeulen gespeel het, het ek een aand na n harde dag op stel huis toe gery op my motorfiets. My valhelm het nie n helmklep aan gehad nie en op pad huis toe het n by by die helm ingevlieg en my aan die binnekant van my neus gesteek. Ek is allergies vir bye, en my gesig het geweldig erg begin opswel. My vriende het bekommerd geskaterlag toe hulle my later die aand sien. Jy lyk nou regtig vertraag Chris, ha ha ha! Die waarheid is dat ek inderdaad nogal afwykend, wreldvreemd daar uitgesien het. Ek moes die volgende dag n oudisie vir n ander reeks gaan bywoon, en dit was duidelik dat ek in hierdie toestand nie juis in enige ander rol as di van Elephant Man sou kon pas nie. Ek gaan toe vroeg die volgende oggend dokter toe, verduidelik aan hom my probleem (hy het ook maar gesukkel om sy lag te hou ten aanskoue van my vreemde voorkoms) en vra of hy n plan kan maak. Hy kon, maar sy plan was drasties. Hy sou my met antihistamien inspuit (boude!) en n paar pilletjies van dieselfde gif injaag. Ek het nie juis n keuse gehad nie en bied hom toe my sitvlakwang aan vir die pleging van sy genesing.

Die doepa was snelwerkend. Uiters snelwerkend. Reeds op my pad by die spreekkamer uit kon ek voel hoe die ledigheid op my toesak. Antihistamien maak n mens baie lomerig!

Ek is van daar af huis toe vir n dubbele dosis koffie, en toe op my motorfiets oudisie toe. Daar is n kronkelpad in Greenside wat verby die gholfbaan lei. Op hierdie gevaarlike draai het ek ongelukkig, moeg gemuthi, aan die slaap geraak en ry toe op n l-koers deur die S-draaie. Ek het eers wakker geskrik toe ek soos n ou lap oor die gholfbaan se heining hang, met my motorfiets wat rens agter my sy laaste kuggies proes. Dis waar wat hulle s van babas en dronk of slapende mense: dat hulle die beste kans staan om lewend uit n ongeluk te kom, omdat hulle so ontspanne is. Al skade wat ek gely het, was n gekneusde boud (kon dalk nog die gevolg van die dokter se toediening gewees het) en n geskeurde hemp. My motorfiets was f baie jonk f ook lekker aant snorke, want di het ook relatief goed daarvan afgekom.

Nietemin, ek het nie die oudisie gehaal nie en vir omtrent twee dae daarna onverpoosd deurgeslaap.

My volgende intense ervaring met die Greenside Bends was in 1999. Ons het daardie jaar n besonderse plaat geskep. Ons het drie totaal uiteenlopende vervaardigers betrek om elk twee liede te behartig. Daar was die wonderlike Paul Riekert, industrialis van Battery 9-faam, Neil Snyman, pop-op-sy-kopper, en Kabelo Ikaneng, kwaitokoning van formaat. Teen die einde van die produksie, toe dit tyd was om die omslag te ontwerp, het ons al die vervaardigers byeengeroep om n fotosessie by die hoogs talentvolle Adele Hamblin te hou. Alles het vlot verloop. Wel, byna. Ek het reeds die ander vervaardigers se werk in ontvangs geneem, maar het nog n lied van Kabelo gekort. By die sessie het ek hom gevra of ek die lied na die tyd kon kom haal. Eish! was sy antwoord, that song you gave me is difficult. I dont know what to do with it. Actually I cant do anything with it, maybe I need another song.

Ek dog ek ontplof. Dit was twee dae voor die afsnydatum, waarna ons al die werk moes meester en drukkers toe stuur. Maar soos dit met kunstenaars gaan, help dit nie om hulle uit te kryt nie; n mens moet maar vriendelik, positief en opbouend deur die moeilike tye werk. Ek byt toe op my tong en s: Ok Kabelo, Ill see what I can do.

Op my weg terug huis toe was ek diep bekommerd. Die projek was in gevaar. Vanaf Adele moes ek deur die Greenside Bends ry om tuis te kom. Diep ingedagte ry ek toe daardeur. En skielik, asof uit die niet, kom daar n deuntjie tot my: Shall I tell you what your love does for me? Would you like to know what your love does for me? Your loves what keeps me from despair when despair comes to haunt me! Tuis gekom, het ek dadelik vir Kabelo gebel: Lets go to the studio now, Kabelo, Ive got the track!

Die res is geskiedenis. Ons het die lied in n rekordtyd opgeneem, die afsnydatum gehaal en twee maande later het ek my eerste nommer 1-treffer op 5fm met hierdie einste liedjie gehad.

Terug by Come

Ek ry toe Vrydagaand moedeloos huis toe. Vanaf Linksfield lei die pad ook deur die Greenside Bends. En sowaar ... daar swenk ek deur die draaie en eensklaps, vanuit die niet, kom daar n refrein vir Come tot my: Its yoooou that I wanne be with baby, ooooh wont you come around and stay with me?

Weer eens bitter eenvoudig. Ek hoef nie eens die akkoorde te gesoek het nie. Ek het dadelik geweet waar om dit binne konteks van die lied te gaan haal en het dit met my tuiskoms gou-gou op die kitaar uitgewerk.

Die volgende oggend om agtuur was ek terug in die ateljee. Ek onthou nog die uitdrukking op Brian se gesig toe hy my die oggend groet: n kombinasie van kommer, moedeloosheid, onsekerheid en n sweempie hoop so gering dat dit kwalik sigbaar vertoon het teen die ander emosies.

Morning, Brian. Ive got it.

Hy het my nie onmiddellik geglo nie dit was immers die vierde keer in een week dat ek hierdie stelling gemaak het. Maar Brian, altyd professioneel, altyd optimisties, het ges: Great. Lets hear it.

Dit was vreemd. Ek het skaars die eerste kwart van die nuwe refrein gesing toe hy soos n kisduiweltjie opspring, met sy vuis in sy palm slaan en uitbundig jou: Thats the one!

But you havent even heard it all yet?

Its perfect Chris! Thats what we needed!

Nou ja, die res is geskiedenis. Ons het dit opgeneem, en dit het een van daai liedjies geword in welke skaduwee ek nog lank sal beweeg.

Dit is ook die lied wat Levis wou h ek weer moet opneem vir hul CD4-projek. Ek het n rustiger weergawe daarvan opgeneem, hierdie keer met Theo Crous, en dit was direk agv hierdie samewerking dat ek besluit het om Theo te betrek by die opname van my eerste soloplaat Ek herhaal jou!

Vyf vrae aan Chris Chameleon

Wat maak jou opgewonde oor die plaaslike musiekbedryf?

Dat dit toenemend meer karakter toon, ipv die na-apery wat al jare soos runderpes in ons geledere rondgaan;

dat dit so onontwikkeld is, wat beteken dat daar nog baie dinamiek in die vooruitsig is;

dat ons n brer bron van oorsprong het as die meeste lande uit hoofde van ons kulturele rykdom;

dat die groot deurbraak van Suid-Afrikaanse musiek in die internasionale arena nog nie plaasgevind het nie;

dat plaaslike plateverkope toenemend meer begin kers vashou by die verkope van internasionale musiek.

Wat maak jou moerig oor die plaaslike musiekbedryf?

Dat ons nog te Amerosentries is;

dat ons nog te Eurosentries is;

dat daar nog te dikwels klanke hier gemaak word wat blatante na-apery is;

dat die stasies wat die jeug bedien, te weinig plaaslike inhoud bevat, in weerwil van wetgewing in di opsig.

Doen radiostasies genoeg om plaaslike musiek te promote?

Nee, veral die radiostasies wat die jeug bedien. Fokkers!

As jy in een sin vir 'n jong liriekskrywer moet inspirasie gee, wat sal dit wees?

Opregtheid trek meer aandag as die uitbasuin van louter twak; wees dus getrou aan jouself.

Wat kan kunstenaars doen om 'n sterker standpunt oor die bewusmaking van MIV/Vigs in te neem?

Ek dink kunstenaars doen nogal baie meer as die meeste van die res van die bevolking. Deur dit te oorbeklemtoon kan die boodskap afgesaag raak en mense kan gedesensifiseer raak dis 'n fyn lyn wat met volwasse verantwoordelikheid betree moet word. Ek sou graag sien dat daar minder klem op seks seks seks in musiek val dis definitief die mees allesoorheersende onderwerp in moderne ligte musiek.

“Come”

since you've been gone i don't feel i belong
since you've been gone i find it harder to be strong
since you've been gone i dont feel i belong
anywhere!
come! when are you gonna come around again?
it's you that i want to be with baby
oooh, won't you come around and stay with me?
i could never love another love again
you're my lover and you're my best friend
i could never love another love again
you're my lover i could never love another again
since you've been gone i find it harder to go on


Skryf aan ons/ Write to us: webvoet@litnet.co.za



LitNet: 18 Oktober 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.