GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kaapse gays staan nie saam nie

Ludolf Parker glo Willie Knoetze mors sy asem om met die Kapenaars oor gay-optogte te praat. Gee hulle die mooi berge, see en buitelanders  ...

Ja, Wiliie, wat sal ’n mens nou sÍ sonder om soos een van die “ons-is-nie-almal-so-nie”-groep te klink? Ek was nie by die Kaapse pride-parade nie en ek ken ook niemand in my gay- of straightvriendekring wat daar was nie. Dit staan in skerp kontras tot my Gautengse vriende, wat elke jaar getrou hulle pride ondersteun en selfs events soos die gayfilmfees in reusegetalle bywoon. Die redes daarvoor is legio.

Anders as in Gauteng was daar nog nooit eenheid onder Kaapse moffies nie  ... en ek twyfel of daar ooit sprake van so iets sal kan wees. Ek praat as iemand wat self deur die meule is. Ek en my Britse partner moes vanaf 1995 hard baklei om hom hier te hou totdat die wet uiteindelik verander is.

Ons is na die rally by die St George’s-katedraal waar ons as ’n groep van ongeveer 200 siele braaf geargumenteer het dat die regering ons verhoudings moet erken. Nie een van my Suid-Afrikaanse gay vriende wat Suid-Afrikaners as lewensmaats het, was daar nie. Hoekom nie  ...? Omdat dit hulle nie geraak het nie, dis hoekom. Hier in die Kaap lewe ons lekker agter die druiwegordyn  ... en niks en niemand kan ons regtig pla nie, tensy dit binne ons persoonlike sfeer val.

Waar anders in die wÍreld kry jy gays wat openlik rassisties is soos die voorval by Angels so onlangs as verlede jaar aangetoon het? Dis nie logies dat lede van ’n minderheidsgroep so openlik en duidelik teen ander minderheidsgroepe diskrimineer nie, veral nie gesien in die lig van ons eie lang en ongelukkige geskiedenis nie.

En tog gebeur dit, Willie. Ek was op my seepkissie en het lank en hard baklei; en ja, ons het uiteindelik die stryd gewen, maar dit was ons alleen. Dis die aard van ons Kaapse gaykameraderie as ’t ware. En ja, die Jalie- kommissie het ’n groot gemors oopgevlek, maar dit gaan al jare lank so aan in ons tronke  ... en ek wil my verstout om te sÍ dat dit steeds vir honderde jare nŠ ons sal voortduur. Tensy die gewone deursneemens op straat, oftewel deursnee Kaapse moffie of lettie, iemand in die tronk ken, voel hy en sy vere. Hoe koud en gevoelloos dit ook al mag klink, voel ek dis die waarheid.

Ja, daar is baie om te vier, maar die Kaapse moffies is houtgerus met hulle regte. As jy hulle in opstand wil sien, vat aan hulle instansies  ... maar selfs die voorgenome sluiting of sloping van Graaf se poel kry hulle nie gemobiliseer nie.

Miskien is dit ook ’n generasie-ding. Mense van my generasie — 36-plussers — sou ek sÍ was in die army en baie van ons moes hard baklei om ons seksuele oriŽntasie aan ons ouers en familie te verduidelik, en ek glo die meeste van ons is nou gelukkig om te wees waar ons is  ... Die uitdagings is minder wat betref gayregte en die behoefte om jouself as openlik deel van die “gay”-groep te identifiseer.

As jy dan wil pride vier, doet so voort, maar moenie eers probeer om die res by te sleep nie  ... jy mors jou asem.

Gee ons die see, die blou berge en al die mooi uitlanders en ons is gelukkig.

Groete

Ludolf Parker

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.

DANIE BOTHA

Klik hier en lees die oorspronklike artikel




LitNEt: 25 Mei 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.