GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Hoekom minag mense ’n “Gay Pride”-optog?

Willie Knoetze

Na 3 jaar student-aktivisme by Lesbigay op Stellenbosch, is ek in 2003 met bondels passie op Johannesburg toe. Daar het ek ’n jaar kontrak by The Lesbian and Gay Equality Project voltooi. Blou baklei en dik vir politiek trek ek toe sak en pak terug Bos toe. Nou lewe ek ’n ietwat rustiger lewe as Konsepsuele Spesialis by BluBlunt, ek en ’n pêl se grafiese ontwerp, multimedia en korporatiewe identiteit besigheid. My aktivistiese drange manifesteer nou in gedigerighede en prentjies.

Willie Knoetze hou nabetragting oor die saamstaan-poging in Kaapstad in Februarie.

“Ons sal ons tjol moet laat staan, of ...”

Vyftien jaar gelede het ’n klein groepie brawe letties en moffies (gesê in deernis) ’n ding begin. Met hul gesigte verpak in bruinpapiersakke het hulle Hillbrow ingevaar - uit protes! Protes teen die diskriminasie wat hulle - en alle mense soos hulle (vandag die LGBTI’s genoem, soms nog met ’n Q ook by1) - daagliks moes verduur as gedemoniseerde subwesens. Diskriminasie en vervolging as gevolg van wat hulle was: skeef.

Deesdae, in die verligtheid van die 21ste eeu en ná tien jaar van demokrasie, voel ons LGBTI(Q)-gemeenskap nie meer sulke dinge aan ons lywe nie.

Of so wil ons graag glo!

Bo en behalwe die “laaste mylpaal” van gelyke, geregtelike erkenning van ons verhoudings, is daar steeds groepe mense wat ons uitsonder en aanrand, verkrag, benadeel en verneder. Kyk maar net na die aantal swart lesbiese vrouens wat in vrees en bewing moet lewe. Hierdie susters van ons word nog steeds gereeld verkrag (’skuus, ek bedoel “genees”). Massaverkragtings, aanranding en beskadiging van eiendom is vir hulle ’n daaglikse realiteit.

Dan is daar ons “broertjie in die tronk”. Suid- Afrika het so pas die “Djali Commission of Inquiry [into] gross violations against homosexual people in prison” beleef. Hierdie Kommissie het van die 3de Februarie af getuienis aangehoor oor dinge soos:

  • gevangenes wat herhaaldelik in die tronk - glo met die medewete van die Departement van Korrektiewe Dienste - verkrag word
  • transgender-gevangenes2 wat vir lang tydperke in alleenaanhouding moes bly, omdat die bewaarders nie geweet het om hulle saam met mans of vroue aan te hou nie
  • homoseksuele gevangenes wat gekoop en verkoop word vir seksuele doeleindes - en tot finansiële voordeel van bewaarders en dies meer.
Nou vra mense: “Wat is die issue?” Is dit nodig om ’n bohaai op te skop oor sulke dinge? Is dit byvoorbeeld nodig om te praat oor die diskriminasie wat LGBTI(Q)-kinders op skool moet verduur?

Natuurlik is dit nodig! ’n Samelewing kan nooit gesond wees waar hierdie dinge onder die mat gevee word nie. Om te maak of ons nie weet nie, maak nie dinge beter nie. Om nie deel te wees van die oplossing nie, maak ons outomaties deel van die probleem.

Mense word verkrag. Kinders pleeg selfmoord. Almal bly stil.

Nou sit ons met ’n ekstra Pride Parade - die Kaapstadse susteroptog van die Johannesburgse ene, wat destyds met soveel passie die lig gesien het. Die suster van Jo’burg Pride Parade kom nou by op die kalender. Inderdaad - dis die eerste Pride Parade van die nuwe jaar op die ganse internasionale kalender!

Ons het voorwaar al die geleenthede om die wêreld te verander. Hier vlak uit ons mooie blyplekkie aan die suidpunt van Afrika. Ons moet net ons dinge agtermekaar kry.

’n Vreeslike belangrike oorweging is om te bepaal wat ons nou eintlik van hierdie Pride-idee wil hê. Hoekom is dit daar? Hoekom moet ons deelneem?

Dalk om ons emansipasie te vier? Om die reg om onsself uit te leef soos ons dit goed dink te vier? Om trots te wees op die wonderlike skeppings wat ons is? Maar natuurlik! Daar is rede om fees te vier. En Pride was nog altyd ’n viering van ons wonderlike diversiteit en nuutgevonde vryheid.

Maar Pride se belangriker funksie was nog altyd bewusmaking en mobilisasie. Om aandag te vestig op die probleme wat ’n gemeenskap in die gesig staar - en om oplossings daarvoor te soek, aan te moedig en te implementeer. Mens moet iets hê om op trots te wees.

Kaapstad se Pride Parade het ons die kans gegee om reg te maak wat verkeerd is - en wat verkeerd gegaan het elders. Februarie het ’n geleentheid vir Suid-Afrikaners gebring om saam te staan en om te sien na mekaar. En dit het sowaar amper gebeur.

Dit was asemrowend om te sien hoeveel die gemeenskap bygedra het tot die befondsing en organisering van die fees! Dit was heerlik om die entoesiasme van die deelnemers te kon beleef. Van die bikers deur diegene met fantastiese en diverse kostuums en vlotte, tot die alledaags-geklede mense. Almal was verteenwoordig - en almal het gelyk of hulle dit geniet.

Vir my was die beste deel van die Parade die roete wat dit gevolg het. Soos Gavin van Exit dit gestel het: “Toe ons deur Adderleystraat gestap het, het ons mense se (negatiewe) persepsies verander.” Mense het spontaan ingeval en saamgestap!

Dit het gevoel of mense begin besef dat die gay “community” net soveel te doen het met individuele vryheid as met moue oprol en aan die werk spring aan ’n gemeenskapsentrum.

Dit het gevoel of ons omgee. Asof ons geweet het hoe belangrik dit is dat ons vir ons eie mense opstaan en sorg. Die Jode weet dit, vroueverenigings weet dit, sportinstellings weet dit - en daar het ek gedink ons weet dit nou ook ...

Maar waar was die res van ons gemeenskap? Hoekom was Kaapstad se stadsraad ook maar net met lang tande betrokke? Waar is die passie? En ons trots?

Het mense weggebly omdat ons “nie almal so is nie”? Dan verstaan ek nie. Ons is nie almal hoe nie? Soos ek gesien het, was daar minstens een mens vir elke kleur, geur, kulturele herkoms en dogma wat bestaan. So, ek vra weer: ons almal is nie hoe nie?

Dit lyk vir my of die “nie so nie”-denkskool eintlik net nie omgee nie. Laat die mense bloei! Laat die kinders selfmoord pleeg! Laat die “heiliges” al wat leef en beef verdoem! Ons, wat nie “so” is nie, gee nie ’n duit om nie!

As dit so is, is ons Familie in groot moeilikheid. En Pride ook. Dieselfde vir die klubs, die kroegies, die Bybelstudiegroepies, restaurante, sportgroepe ...

As ons nie eers vir ons eie mense kan opstaan en sorg nie, is dit alles irrelevant. Maak maar toe - skrap die equality clause en kruip terug onder die grond in.

As ons nie nou ons tjol laat staan en saam beginne bou nie - dan kan ons maar weet dat ons wel saam gaan vou.



Notas:
1LGBTIQ = lesbian, gay, bisexual, transgender, intersex, questioning.
2Die term transgender verwys na mense wie se geslagsidentiteit verskil van hul fisieke seks.

Stuur asseblief dadelik jou reaksie na dbbotha@mweb.co.za

Klik hier vir ons lesers se menings



LitNet: 11 Mei 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.