GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die poŽsie van Deon Knobel


Klik hier vir Doen Knobel se huldeblyk vir Wilhelm Knobel (1935-1974): "En ek voel die skaaf van jou draaghout"



Heart of darkness

New York 1981

In twilight darkness of smoke-filled Mineshaft
the Glory Hole or Dungeon, Warehouse and Trucks:
bulging muscles, macho moustaches
writhing splendour of cock-sucking bodies
aroma of poppers mixed with smells
of bloodstained urine and faeces-soiled back-rooms

showers of gold in sparkling fountains
squirted down spasmic cavernous throats
of birdlike apologetic creatures of thirst
crouched in pathetic anticipatory clusters
in over-filled nests of communal safety
of porcelain-white Victorian baths

apocalyptic explosions
volcanic jets of contaminated semen -
biological warfare silently spreading
with noiseless precision of nuclear warfare.

Leather slings rocking, suspended with chains
enslave masochistic spread-eagled corpses
to prevent escape from writhing agony
of velvet-lined channels of ecstasy
while leather-clad cowboy with half-erect penis
mechanically thrusts with piston-like action.
Rectum-expanding, painful suction
of sliding arms up to lubricated elbows
- writhing slithering fist-fucking horror
while crowds of lust-hungry leather-clad vultures
cheer and groan and pass around in ritual fashion
amylnitrate-containing designer dispensers
to launch - with its pulse-racing scud-missile cloud -
mind-blowing journeys of fantasy-flights
through ever-expanding, loudly pulsating
erotic horizons of vacuous firmaments.

And then came reports of scientific concern
of cohorts of gays in the prime of their lives
developing tumours described by Kaposi
and fevers from stifling pneumonias
opportunistic in nature like PCP Ö

Crisco-butter igniting apoplectic infernal napalm war
deep in Conrad's primeval forest of darkness
injected spasmodic eruptions of chemical scuds
inserted computer-like fractions of proteins
through fiction-wise enzyme, reversing transcription
from RNA into the death-giving form
of HIV-DNA - deep in the genetic womb of the nucleus

dormant and burrowing deep in the centres
of Saddamese nuclear T-4 cell tunnels
it waited in patience for challenging foreign invaders
to awake helper T-cells called into action,
battalions of killers to offer resistance
while mother-cell factory in self-killing labour
dies off to give birth to HIV millions
thus slowly depressing the radar protection
into final and fatal immune suppression

then dreadest of all in this retrograde journey
cataclysmic destruction of cortical brain cells
into final disinhibited primatal dementia
incontinent, masturbating foetus-like vegetable
and ever-increasing fear of final embryonal insertion
into black polyvinyl sac of the amnion
profusely scented with stigmatising chlorine

Cape Town 1991


Aan sy moeder

By Chris

19/20 Februarie 1991

jou vermaerde oumanslyf
het ons sag neergelÍ
op die blad van wit porselein
wat sou dien as afskeidsbed vir jou moeder
en daarna vir disseksie as tafel in die lykshuis

jou voorkop is nat van pÍreldou
wat fyn uitpers uit jou droŽ vel
nŠ drie dae se sweet in jou skandkleed -
gemaak uit sak van swart plastiek -
deeglik verseŽl
om die skares te beskerm teen HIV
ingeval hulle jou vir oulaas wou sien
waar jy sedig en mooi sou lÍ
ingek(r)uis in jou eenvoudige kis van hout

ons het jou losgesny en mooi gemaak
vir jou ma wat twee ure te laat was
om jou laaste geroggel te aanskou
- jou oŽ was glasig en oop
- jou tande vergeel deur die paksel van kos
tot op laas met liefde
tussen droŽ lippe ingeskuif

en in diť steriele klein katedraal -
      met dalende son se strale wat val
      deur die wit opaak van vensters
      om jou vroeggrys hare en baard
      soos 'n stralekrans te verlig -
kon sy oplaas jou voorkop soen
en huilend met jou praat en afskeid neem
van haar seun wat sewe jaar lank
gehang het aan die kruis van VIGS

sy kon jou hande vat en streel
wat sonder die merke van spykers
vroom gekruis lÍ op jou bors
bo-op die pienk-wit laken van KPA
wat die judasverraad van plastiek moet verberg


                      die horingvlies is lank reeds deur 'n film bedek,
                       jou siel is die tortel wat rustig sit
                             in die top van die hoogste boom
                             en weldra koer van liefde wat vir altyd duur
                             en 'n lente wat kom


en die einde van jou kruistog
is die krag wat haar stut
om die pyn te verduur wat ruk aan haar hart
en die seun(s) te aanvaar wat haar sien
as hul (ons) moeder in die hel van hul (ons) pyn



dit was my laaste taak van boete
om jou met piŽteit oop te vlek -
in die stralende lig van die oggendson
jou organe beurtelings uit te haal -
versigtig te bekyk en te betas
daarna oop te sny en dan
      geruisloos
as nagmaalsbrood Ūn te laat gly
en te offer in die honger vrugsakmond
      van dun plastiek
in mistiese afwagting oopgehou -
hierna een vir een bloedloos te weeg
en dan in liggaamsholtes terug te plaas

met vaardigheid van jare is jou liggaam
weer tydsaam toegewerk
- jou skedeldak weer ferm teruggeplaas
oor jou nuwe brein van plastiek om papier
terwyl jou eie atrofies hang in die emmer
gevul met preserverende formalien

en aldeur diť soek na die oorsaak van dood -


                             opportunistiese
                             kwale en PCP,
                             kwaadaardige uitsaaiings of kliere vergroot
                             deur B-sel-limfoom of TB
                             of die KaÔnsmerk van Kaposi-sarkoom
                             of op jou vel die gťsel-letsels
                             van herpes of swam


klik ongeŽrg die kameralens
om die pelgrimsreis te verewig
van soek na die antwoord in jůu lyf
om die wÍreld van diť vloek te verlos

oor die swart wat jou lyf weer bedek
tot net bo jou borsbeen trek ons dan
jou doodsverbande uit doeke van wit plastiek
en ons salf jou en reinig jou voorhoof
met kiem-werende Biosied-D

vir jou arms sny ons twee onegalige gate
en trek hulle deur om jou hande te vou
en ons laat op jůķ eie versoek aan jou vinger
die ring van Tino onversteurd
as jou bruidegomspand
op jou reis na die Kanašnsfees

ons borsel jou hare en onder jou ken
druk ons rolle papier om te verhoed
dat jou reeds verslapte kakebeenspiere
tydens die diens jou mond ůůp sal laat val
in oneerbiedwaardige gaap van verveling

en effens stuitig en met deernis tog
plaas ons een na die ander om jou hoof
'n varsgeplukte takkie wat wit melk bloei
om die antiseptiese doringkroonreuk van die chloor
met frangipaniblomgeur te verdryf


VIR ROY - I.L.Y.
van deon

Jou vermaerde oumanslyf het ons rustig in jou bed laat lÍ
- jou honde by jou om afskeid te neem.
En een vir een het jou vriende en familie gekom om te groet
- om jou byna deurskynende wasbleek gesig aan te raak
nou sonder pyn of plooie van kommer.

Eers nege uur later het hulle jou kom haal.
Ek het jou deur die hek vergesel tot by die voertuig
sodat jy, soos self voorspel, nooit ons huis sou verlaat
behalwe op jou laaste tog met jou voete eerste nie.

Ek soek jou nou en steeds ontwyk jy my
in die wasige newels van my vermoeide brein.

Ek mis die reuk van jou warm lyf op myne;
ek mis die geur van jou tong in my mond;
ek mis die speelse geknibbel van jou tande op my vel;
ek mis die uitbundige gille van genot
as ek jou binnedring.

Ek vind jou in die rakke vol boeke in jou kamers;
ek vind jou in die uitgeskeurde blaaie van harige lywe;
ek vind jou in jou sketse van mans - alleen of in groepe -
wat die gawe van man-wees onbeskroomd vertoon en geniet.

Ek vind jou in die geitjies op jou bonsais;
ek vind jou in die vlerke van veelkleurige vlinders;
ek vind jou in jou hondjies wat treur en my nou nog vermy;
ek vind jou in die woorde van vriende en vreemdes
wat jou lewe besing en jou mens-wees vereer.

Ek mis jou!

        Ek soek jou!
                    Ek vind jou

                                        in my,

                                                om my,
                                                                net waar ek gaan!



Oorspronklik getik by Pringlebaai op 22 Februarie 2003 om 06h55, presies 12 dae nŠ sy dood. Finaal 19h00, 12 Julie 2004 - net nŠ terugkeer van Pringlebaai


AGTERGROND VAN DIE GEDIGTE
Deon Knobel
vertel in die derde persoon:

Deon Knobel, die jongste broer van Wilhelm Knobel, tree in Mei 2004 af as professor en hoof van die afdeling regsgeneeskunde aan die Fakulteit van Gesondheidswetenskappe van die Universiteit van Kaapstad. Sy daaglikse hantering van die dood - nie alleen die uitvoer van regsgeneeskundige lykskouings nie, maar ook die interaksie met die bedroefde naasbestaandes en geliefdes - het hom intens betrokke gemaak by alle aspekte van droefheid en droefheidsberading. Die ervarings van skielike afsterwe in sy eie familie, insluitend die onverwagse dood van Wilhelm, het van hierdie onderwerp mťťr as teorie gemaak

Danie Botha: In die jare tagtig van die vorige eeu besoek Deon en sy lewensmaat Roy die seksoorde in New York. Dit is een van die opwindendste ervarings in hulle lewens, maar terselfdertyd voel hulle aan dat daar met so 'n leefwyse op 'n wÍreldwye gesondheidsramp afgestuur word. In "Heart of darkness" beskryf hy die toestande voor die identifisering van die VIGS-virus.

Wanneer die siekte toeslaan, is Knobel op die voorpunt met die bestryding en stuit hy nie teen lykskouings op VIGS-slagoffers nie.

Deon Knobel: Die gedig "By Chris" verwys nie alleen na die praktiese uitvoering van die lykskouing, waartydens groot sorg geneem moes word om besering van homself en sy assistente te vermy nie, maar verwys ook na die aandag wat op baie sensitiewe wyse gegee was aan die oorledene se moeder en haar behoefte om haar seun se liggaam te kon sien en tyd by hom deur te bring.

Aanvanklik het die ondernemers, uit blote onkunde, geweier dat die liggaam en kis in die kapel geplaas mag word. NŠ Deon se kortstondige en blitsige telefoniese inligtingsessie is nie alleen toegelaat dat die kis in die kapel gestoot word nie, maar ook dat die deksel oopgelaat was vir enige vriende en familie om hulle laaste eer aan hom te bewys deur besigtiging in die kis.

Deon se betrokkenheid by VIGS-verwante lykskouings het ook 'n historiese agtergrond en was naamlik die gevolg van die weiering deur die sogenaamde akademiese patoloŽ om lykskouings uit te voer op persone wat aan VIGS gesterf het. Deon het geen besware gehad om hierdie taak te aanvaar nie, en het ook gevoel dat hy nie van sjirurge en ander geneeshere kon verwag om pasiŽnte met VIGS te behandel, en selfs op hulle te opereer, as hy self nie bereid sou wees om die lykskouings uit te voer nie. Hy het tot die middel negentigs 40 sulke ondersoeke uitgevoer en die bevindings op internasionale kongresse oor VIGS sowel as algemene patologie-kongresse voorgedra. Selfs vandag word slegs gedeeltelike lykskouings uitgevoer in sekere akademiese departemente, met die groot tekortkominge wat daarmee gepaardgaan.

Met sy uittrede word vir die eerste maal erkenning gegee deur sy kollegas vir Deon se rol in die stryd teen die oortreding van menseregte in die behandeling van pasiŽnte met HIV/VIGS (Deon verkies HIV bo MIV - DB). Hy eis die etiese benadering wat betref toestemming vir HIV-toetsing, geen weiering van behandeling of ingrepe nie, en streng behoud van vertroulikheid van pasiŽnte-inligting. Groot teenstand word van talle kollegas ervaar, en daar word aanvanklik, en vir 'n lang tyd, geweier om aan die versoek te voldoen om 'n toegewyde HIV-kliniek by Groote Schuur Hospitaal in te stel om, soos Deon dit gestel het, "geneeshere die geleentheid te gee om vertroud te raak met die wyd uiteenlopende aspekte van HIV, en om te verseker dat pasiŽnte optimale behandeling ontvang". Daar word selfs by 'n spesiale vergadering van die destydse dekaan gesÍ dat dit nie nodig was om histeries te raak oor VIGS nie. "We have always had crusaders in our midst. Far too many people got onto the bandwagon of AIDS."

Nadat Deon, toevallig via 'n NG-predikantsvriend, kennis gemaak het met Chris van diť gedig en diť se vriend Tino, is GASA 6010 se algemene gayverwante beradingsdiens, onder leiding van John Pegge, genader om ook betrokke te raak by HIV/VIGS-aangeleenthede. John Pegge het onmiddellik ingespring en uiteindelik is een van die eerste en beslis een van diť beste VIGS-beradingsprogramme in Suid-Afrika op die been gebring.

Die samewerking van Deon met John Pegge en sy kollegas het plaasgevind nog voor die ontdekking van die virus in 1984. En in 1983 is seker een van die eerste inligtingsessies tot op daardie tydstip deur John Pegge en Deon Knobel aan die gaygemeenskap gelewer, en wel by die gayklub op die hoek van Waal- en Buitengrachtstraat, Kaapstad. Die gemeenskap is gewaarsku dat die siekte geslagsoordraagbaar is en dat dit feitlik 100 persent seker is dat dit deur 'n virus oorgedra word, alhoewel dit tot in daardie stadium nog nie bewys was nie. Lank voor die ontdekking van die virus is aanbeveel dat kondome te alle tye gebruik moes word, en as ekstra voorsorg kon Nonoxynil-9 as bykomende smeermiddel gebruik word, aangesien 'n substans wat 'n sperm kan dood, sekerlik ook die virus sou dood.

In 1985 is die eerste inligtingsboekie vir die gaygemeenskap ook opgestel deur Deon en John as twee van die vernaamste medewerkers. En vir die heruitgawe die volgende jaar is befondsing verkry van die Rupert Stigting en sir Richard and lady Luyt.

Deon het ook aanvanklik opgetree as gas-lektor vir die opleidingsprogramme aangebied deur ATTIC. Hy gee ook dosyne lesings by skole waar leerders, onderwysers en ouers almal saam die lesings kon bywoon. Hy woon ses internasionale VIGS-konferensies by en neem ůf deel as spreker ůf stal 'n plakkaat-voordrag uit.

Verskeie artikels word in gesondheidstydskrifte sowel as gemeenskapskoerante geplaas, terwyl daar dikwels heftige briefwisselinge plaasvind in dieselfde media, meestal om Deon se argumente en standpunte aan te val.

Tans is hy byna voltyds besig met die versorging en herevaluasie van die letterkundige nalatenskap van Wilhelm Knobel, ter voorbereiding van huldigingsgeleenthede en projekte ter viering van sy sewentigste verjaardag op 26 Oktober 2005.

Danie Botha: In "By Chris" dui Deon tipografies aan dat hy aanhaal uit Wilhelm se "Op slag gedood". In "Vir Roy" bring hy hulde aan sy ontslape metgesel van 39 jaar.



LitNet: 12 Julie 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.