GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

"En ek voel die skaaf van jou draaghout"

'n Huldeblyk vir Wilhelm Knobel (1935-1974)

Saamgestel deur Danie Botha uit bydraes van Deon Knobel

Wilhelm KnobelDie digter Wilhelm Knobel se sewentigste verjaardag word op 26 Oktober herdenk.

By di geleentheid verskyn toonsettings deur Hendrik Hofmeyr van Wilhelm se gedigte as en skielik is dit aand, 'n titel wat ontleen word aan sy vertaling van 'n Quasimodo-gedig.

Sy broer Deon som sy lewensloop s op:

Wilhelm Knobel is op 26 Oktober 1935 gebore op Bethlehem, destyds in die Oranje-Vrystaat-provinsie. Sy skoolopleiding ontvang hy aan die plaaslike skole en studeer daarna 'n aantal jare aan die Universiteit van Stellenbosch, en behaal honneursgrade in Filosofie en Frans.

Hy vertrek in Junie 1961 met 'n beurs van die Franse regering om aan die Sorbonne in Parys verder te studeer. N 'n motorongeluk in Belgi, wat 'n heraanval van Bipolre Affektiewe Stoornis veroorsaak, keer hy terug na Suid-Afrika, en beklee hierna poste as lektor in Frans by UOVS en Unisa, sowel as vertaler by die Hoofposkantoor en die Sitrusbeurs.

Sedert sy eerste jaar as student begin hy gedigte skryf. Hy dien in die redaksie van Die Matie en was ook redakteur van die kunsblad Prisma. In 1959 word hy voorsitter van die Afrikaanse Studiekring. In Pretoria raak hy bevriend en n betrokke met 'n groep jonger skrywers van Sestig. Met sy eerste bundel Bloedsteen (1966) vestig hy homself dan ook as een van die "Sestigers". Sy tweede bundel, Mure van Mos, soos Bloedsteen ook gepubliseer deur Human en Rousseau, verskyn in 1970, en bevat talle gedigte oor die dood van geliefdes en bekendes.

N sy ontydige en onverwagse dood in 1974 verskyn die bundel Nagelate Gedigte by Perskor in 1975, en bevat weereens talle gedigte oor die dood en heelwat liefdesgedigte.

Die vyf gedigte in die siklus is deur Hendrik Hofmeyr gekies uit 'n groep van my geliefde verse wat ek self uit Wilhelm se oeuvre aan hom voorgel het.

Ek vra Deon of Wilhelm gay was. Hy antwoord dat hy dit wel was, "in wese meer as in lyf. Hy het sy lewe lank teen sy gayheid geveg, selfs later Katoliek geword, waarskynlik in die hoop dat dit hom berusting en aanvaarding sou bring." Dit was ook opvallend dat hy in sy maniese periodes op verskeie vroue verlief geraak het. Terselfdertyd het vloedgolwe van gedigte ontstaan.

Vervolgens dui Deon gaykodes in Wilhelm se gepubliseerde werk vir my aan. Oor 'n spesifieke reeks in Nagelate gedigte skryf hy:

Daarin verskyn 'n reeks van 8 gedigte met die naam van "Vroe Liefde". Ek het altyd vermoed dat die verse oor 'n gay liefde handel. Dis eers nou met die uitsoek van al sy dokumente dat ek 'n ongepubliseerde reeks kry met die aanhef van "vir J.G.L." Ek het hierdie professionele ouer man self goed leer ken, en die verhouding wat Wihelm met hom gehad het, het duidelik diep wonde en letsels op Wilhelm se 21-jarige gemoed gelaat. J.G.L. was 'n gereelde "baaier" by Graaff se Poel en het jong manne opgepik, sekerlik nie met die oog op 'n verhouding nie, maar bloot vir sensuele plesier. Tipies van Wilhelm wat so soekend was na liefde en aanvaarding het hy hom in di ouer man totaal verloor - dalk in 'n moontlike vaderfiguur.

Vir Deon is die reeks om 'n ander rede ook interessant. In die eerste gedig rym die rels met mekaar, en in die res van die gedigte word die vryeversvorm gebruik. "Dus? Wilhelm se oorgang van die konvensionele tot die vrye-vers-benadering van die vroe Sestigers. Die eerste gedig is op goeie papier met die hand uitgeskryf, en dus skynbaar nooit aan J.G.L. oorhandig nie."

Vroe Liefde
Vir J.G.L.

1.
'n Boom het droog
alleen daar teen die lug gestaan,
die naakte stamme hoog
in eensaamheid die naglug ingeslaan;

slegs agter, ver, het wolkedrome,
deur die maan aan brand gesteek,
en deurmekaar, in lome,
passievolle gloed die nag se groot alleenheid onderbreek,

so helder, dat 'n sagte lig,
in meegevoel al strelend om die boom,
die nag se donkerheid laat vlug,
soos ver verlangens of 'n lank-vergane droom.

Ek weet ook, Hart, dat ek
tog eendag weer alleen sal staan,
dat die geluk wat jy hier in my op kan wek
soos daardie veraf wolke van my weg moet gaan.

Herinnerings alleen, van meegevoel,
jou hande wat hier oor my warm liggaam gly,
of stadig deur my hare woel
sal altyd naby, in en om my bly

2.
Die wind kla oor die land, alleen en moeg,
en fluister aan die bome in hul slaap
van ver verlangens, drome eeue oud,
en liefde wat maar altyd kom om weer te gaan

en al die donker takke wieg dan mee
in meegevoel, terwyl die skugter maan
van agter yle wolkesluiers deur
haar strale stuur en elkeen stil en teer omhels.

Vir my alleen kan maan ng wind
vanaand tot so 'n vrede bring -
wat baat dit my dat ander ook
eens lief kon h soos ek en jy?

Dieselfde wind het daardie droom verwaai
en ons net weer so eindloos meer alleen gelaat.

3.
Die nag se donkerheid
het lank geduur
en in hom het die onrus
altyd hor opgelaai,
gegroei, tot hy
sy hele wese in die donkerheid voel ondergaan.
n laaste hoop
kon al die donker magte van my stryd beheers:
die dag sal weer,
met son en lig,
soos skaduwees dit ver in dieptes van my siel terugdryf

En eindelik het die dag gekom
maar somber wolke het die son bedek,
en in die lug,
en in my siel
net donker, droewe skemering gebring.

4.
Deur hoeveel duisend eeue heen,
o Gees,
het Jy my agtervolg, dat ek vannag,
juis hier,
alleen moet l,
en self-bewus
met om my hierdie stad se naggewoel,
en in my self di dowwe dood.

die blou kapsule lyk so koud, finaal -
ses, of twaalf ... 'n hele bottel?
Tg - sal die nag vir altyd duur,
of sal Jy my weer kom vind
om weer te leef, met diep in my,
na duisend jaar, di donker, onbewuste droom?

5.
Buite dreun 'n motor in die straat verby,
en iemand fluit 'n paar los tone in die nag
en agter, ver, ruis die see
en rol met ewige asemteue aan.

Hoe lank, hoe lank sal hierdie nag nog bly? -
'n motordeur klap toe,
'n kort gesprek van ander
wat weer inkom na 'n aand se dans

- weet hulle nie?
met elke hartklop
kom die Groter Nag,

en rens, ver
deur al die donker ruimtes heen,
steier die golwe koud en tydloos aan

6.
Ek vl die lewe soms,
soos iets wat koud verby my skuur,
en ek mt agterna,
en gryp maar in my hande niks
Die nag l voor en agter my,
en selfs in hierdie kort bestaan
is donkerheid,
of slegs 'n halfbegrip,
'n dowwe klopping
wat ons soms die lewe noem.

7.
Jou hande, Lief,
is koud vanaand -
weet jy ook:
koue hande, warm liefde?

Skuif nader, Lief,
en laat vir warmte
jou vingers oor my lede gly,
terwyl jou liefde nader om my sluit.

My gees is koud vanaand, alleen,
die liefde ver van my,
maar n j, weet ek,
brand 'n gloed
wat ook genoeg vir my sal wees -
my liggaam, en die leegheid waar my hart moet wees.

Februarie 1956

Klik op foto vir vergroting
Daar is ook 'n tweede groep "Vroe Liefde"-verse wat later geskryf is, maar Deon vermoed dis deur dieselfde liefdeservaring genspireer. Di groep het verskyn in Nagelate Gedigte, Perskor, 1975.

1.
Ek het nooit gelet op jou hande nie
hoe verlang ek dan vannag
na die spel van jou hande?
my liggaam sal klink
sag klink soos gerookte glas
van proefbuis en retort
en koel en sensitief
soos 'n ligte skaal
onder ligte speling
van jou vingers beweeg

2.
om rustig oud te word
ek kan vermoed hoe dit voel
vanaand
as die rustelose jare verby is
en die warmte van die lyf
net 'n heimwee is
die klank van jou stem die kleed miskien
waarin my dae gaan
of sal jy self daar wees
in die klein gebaar
of woord
uit jare terug wat moet kom?

gun my dan om jou weer te sien
en die avontuur te begin van jou beter ken
en later       wie weet
die reis te onderneem
van jou o
en jou mond
en jou lyf se lyn

3.
vir nou's dit genoeg
ek het aan jou mond gedink
en jou hare
en gesoek in jou klere jou lyf se lyn
as jy nie daar is nie
ek sal in hierdie rels jou bre
en rustig vergeet
tot mreaand dieselfde tyd

4.
dit dan is tekstuur van die wysheid -
bestaan wat word wat dit was
voor selfbedrog: bestaan
- as soeke na waarheid
  (dit vul die dag)
leeg geword het
en geluk              groot verwagting
woorde op papier

monotone val van ren
bring swak
die dwaas behoefte aan jou lyf

5.
jy moet jou naam verloor
te lank
het my woorde die ou spel vars bly hou
en niks gebring
as snags
die lawwe onwerklike spel van 'n droom

jy moet jou naam verloor
maar gun my om
as eerste en diepste krag
jou steeds te behou in elke woord
in kamer en straat en vrug

6.
Genoeg -
Ek het ons liefde gesien
van ver
soos sonlig en wit
van sneeu op 'n berg.
Dis koud en bedrieglik,
sneeu,
op die piek van die berg
bevries dit
die hart

7.
niks sal ons liefde steur nie
ons liefde slaap
die hoofdoeke van die dood
het stram geword
die balsem verloor sy geur
mre is die rou verby

8.
elke aand tik motte teen die ruite
is dit jy vanaand?
dis 'n mot wat teen die ruite tik.

Die volgende liefdesgedig is ook opgeneem in Nagelate Gedigte:

Hoekom sou die klank

Hoekom sou die klank van jou stem my rus versteur
as dit vreemd en ver oor die telefoon klink:
Ek wil die beweging van jou lippe nie volg nie
en smag nie na die geur van jou mond nie
Van jou verlange verneem ek sonder meegevoel
en is self verbaas oor die koudheid in my stem
en my ongevoelige hart
En as die stiltes tussen ons woorde langer duur
wens ek koelbloedig die gesprek is verby
dat ek terug kan keer na my boek
en die intense lig van 'n leeslamp

(7/8/67)

Soos die eerste "Vroe Liefde"-reeks word die volgende gedigte hier vir die allereerste keer gepubliseer - ons is bevoorreg!

Playboy wat oud word

Sy stap het iets van die allure van sy seks
hy wt dit: die maklike parabool van die pelvis
in 'n houtskoolbroek
is stempel van nonchalance knap beheer
eers die kennersoog merk
na die derde gin
desperate gevlinder van 'n geknakte pols


Waarom is hy altyd alleen

waarom is hy altyd alleen:
sy bou is tog manlik genoeg
sy skouers breed
sy kuite goed ontwikkel
sy lyf viriel met hare oortrek
- maar nie alle meisies hou van behaarde mans nie:
omhels hy hulle hartstogtelik met sy harige lyf
dan roep hulle met 'n lagstem uit
"Pasop! Jy kielie my!"
en een blik in die bed is genoeg
om elke gekoesterde begeerte te laat wyk
dalk sal hy minder alleen wees
as hy mre sy hele lyf laat onthaar
maar nie alle meisies hou van onthaarde mans nie
(23/1/68)

Volklip

Die Graafleggers
is almal op hul pos vandag
vannag ?
daar was wel mis aanvanklik
maar tog was dit nie nodig om dit op te graaf nie
die Kaapse pissonnetjie
skyn al klaar weer
warm
en die deck-coits aan die gang
"That's it, beautiful!
Red? Black?
six - three
I'm up to shit today"
en die rooi gly kort duskant die rots verby
met half-verveelde belangstelling staar hulle
blind -
   die natrossies by die gawe poel -
na hierdie hoed en daardie broek
wat respektabiliteit verleen
aan die kaalgatte wat regs
soos sardientjies ingeryg
hul o laat dwaal

Graaff se Poel; vir Herman (15/3/72)

Twee geraamtes

Oscar Wilde
was besig om lotusblomme
deur die tralies van sy ribbes te ryg
en Andr Gide
het probeer om sy skedel
deur die oog van 'n naald
- of dit mag wees die Nou Poort -
te forseer
(2/8/56)

Andr Gide

Hy't nooit die vreemde drif
wat deur sy liggaam brei,
probeer begryp of uitroei nie -
die lus om slanke lywe
blank in Parys,
of in Egipte deur die son gebrons,
kon hy slegs aanvaar
en in sy werk tot kuns laat groei
"O Gide, hy't mos,
is dit 'n jaar of twee gelede,
die Nobelprys gekry
vir suggestie oor vuil dinge met seuns"
(1/8/56)

Uit Nagelate Gedigte:

ONTMOETING

In die helder middag
het ek weer na die strand gestap
- die seun was weg
net 'n skurf ou man het reg
met 'n see-dreun lag
in my o gekyk,
sy lewe sonder keer aan my uitgelap
en soos ek gelyk.

Op 7 Julie 1998 beskryf Deon in 'n brief die agtergrond van 'n gedig wat hy oor Wilhelm geskryf het. Ek haal daaruit aan:

Liewe Leana

Ek gee vir jou di gedig wat ek jare gelede geskryf het en nou finaal geskaaf het. Dit was seker so vroeg 1973, toe Wilhelm weer in Stikland was. Ek was uit na 'n konsert, en toe ek 11 nm by die huis in Labounerestraat 13, waar ek gewoon het, aankom, het hy op die stoep gestaan in 'n staat van katatoniese vrees en verstywing. My buurman het hom van bo op die balkon dopgehou, en het my ges dat hy reeds sedert 7 nm daar staan. Ek het my lam geskrik en my huis en motorsleutels in die gleuf agter die paneelbord laat val. Ek moes oor die muur klim om by my agterdeur in te gaan sodat ek die voordeur kon oopmaak.

Ek het hom binnegelei, en lemoensap vol Haluperidol-druppels gegee. Toe ek Stikland Hospitaal bel, toe s hulle, ja, hy is al sedert 6 nm daar weg. Hulle het my nie gebel nie omdat hulle my nie wou ontstel nie. "Maar ons stuur dadelik die ambulans om hom te kom haal." Dis toe dat die boerklong se moer strip en ek s dat hy NOOIT weer in 'n Staatshospitaal opgeneem sou word nie. Ek sal vir hom sorg en in 'n private Neurokliniek laat opneem wanneer nodig.

Nou ja. Die gedig vertel die res. Die ou deurgetrapte skoene wat ek nou vir julle gee het hy daardie aand aangehad, en ek het dit altyd gehou. ....

Dan gee ek ook die onderbaadjie en die das van my pa wat Wilhelm in sy gedig "ek dra 'n pak 'n onderbaadjie en 'n das van jou" beskryf. Die das het hy vir my pa in Parys gekoop in 1961, toe ek hom moes gaan haal n sy ongeluk in Belgi, en sy senu-aanval wat hom in die Hpital St Anne vir geestessiekes laat beland het. Dit is werklik die das en onderbaadjie. Die pak is ook lank reeds weggegee aan een of ander hulpbehoewende, soos Wilhelm dit sou wou h. Hy het mos al wat hy besit het vir die behoeftiges gegee, soms tot groot ergernis van my ma, wat dan maar weer opnuut truie moes brei vir hom.

Deon Knobel
vir wilhelm
katatonies verstyf
het ek jou daar kom kry
waar jy staan op my stoep
ingeklem van vrees
na jou nag van vlug
voor die waansin uit
    - deur rustige woonbuurtes
  van noordelike voorstede

- deur die doolhof van ou distrik ses
waar die skollies jou skrikmaak
en dreig met 'n mes
    maar jou los as jy praat van die maan
en die kannas wat bloei
en die kraaie wat gaap

- van die garingboomsaad
wat op-pers deur jou brein
en jou o soos balle laat gloei
laatnag het 'n skielike suidoos
die stoepdeur bo laat klap
en jou losgeruk
jy't vir ure gepraat van jou pyn
- die jare van leef
met altyd die wete
dat die neerslag weer kom
om jou neer te laat tuimel
en te rol in versmorende
maalkolk van sout en sand
n opstuif van maniese golwe
wat jou valdeur ontsluit
en die woorde laat vloei
in slanke voortstuwende lyne
op skreinende wit papier wat beef

                - van die dwangbuis en slae
in die franse gestig
waar middeleeuse selle
as versorging jou laat skree
ek is 'n klein kaal kind, o heer
waarom kasty u my met sweep en bloed?


en as die oggendskemer breek
oorval die slaaprus jou
en ek weet -
vannag was ons broers -
en ek voel die skaaf van jou draaghout
ng een maal op my skouer

by sandy baai
sonsondergang 17 Maart
1991
hersien: 7 Julie 1998

Kopiereg op die aangehaalde gedigte van Wilhelm Knobel asook op kommentaar, lewensbeskrywing. brief en laaste gedig berus by prof Deon Knobel. Die Liedsiklus kos R75 (posgeld ingesluit) en kan by Deon bestel word: Bel Monte Uitgewers, Kloofnekweg 157, Oranjezicht, Kaapstad 8001.



LitNet: 26 Mei 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.