Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

INSIG se Sweepslag: Aanstap, bruines - Hoekom ek siek en sat vir die gekleurde rassekaart is

Kay Karriem

is n assistentredakteur van Huisgenoot.

Klik hier en wen!
Klik hier en wen 12 maande af op jou huislening!

Klik hier vir INSIG se webwerf!
Neem deel aan die debat!
Die onderstaande artikel is INSIG se Sweepslag-bydrae vir Junie 2005. Stuur jou mening oor die artikel na SNet by webvoet@litnet.co.za en neem deel aan die debat! Die bydraes sal ook vir plasing in INSIG se briewekolom oorweeg word!

Ek hoor dit op die trein, ek hoor dit by die braai, ek hoor dit by die werk en as ek nie Sondae so moeg was nie, het ek dit sekerlik in die kerk ook gehoor. Die eentonige, hopelose (en verskoon my, voorspelbare) refrein: Die swartes kry nou alles. Die regering sorg net vir hulle, net hulle kry huise en werk. Ons het weer laaste gekom in die nuwe Suid-Afrika.

En s gaan dit aan, in elke geselskap word nog n stamp opgeplak, tot dit eindelik die waarheid word. Dis n gekla en n gekerm wat dalk slegs oortref word deur die wit koor van onvergenoegdes ook nie n verrassing nie, want where they lead, we most assuredly shall follow. Die ding is aansteekliker as vigs en in n sin dodeliker ook. En dit begin nou n naam kry: die bruin vraagstuk.

By debatte, op feeste en in raadsale duik die vraag al meer gereeld op: Wat gaan aan met die bruin mense? Hoekom het hulle sedert 1994 so agteruitgegaan?

As antwoord het di dertigjarige bruin vrou van gehalte n teorie. Dit werk s: Bruin mense was bloot nie gereed vir vryheid in die volle sin van die woord nie. En dit is grootliks te wyte aan een van die groot suksesse van die apartheidsregering sy beleid van divide and rule. Die bruin bevolking was klaar partydig jeens sy wit heersers (daar was mos die taal en n bietjie gedeelde bloed) en danksy die beleid het baie bruin mense (die meerderheid, miskien) hulle nie vereenselwig met die swart massa nie, maar eerder ingekoop by die apartheidsevangelie: Wit is beter as almal en bruin is beter as swart. Dis alles ou nuus, maar dit het daartoe bygedra dat bruin mense vasgevang geraak het in n dinamika waar hulle nie hul identiteit van ander kon losmaak nie. Hulle het hulle laat lei deur hulle primre ander, die wit heersers, en dit het onlosmaaklik deel van hulle geword. Toe di dinamika n 1994 verbrokkel, was die bruin bevolking verlore.

Die naelstring is geknip en hulle was glad nie daarvoor gereed nie nie om vir hulleself te dink nie en ook nie om vir hulleself te doen nie. Maar dit was net n kwessie van tyd voordat swart mense hierdie gaping kon vul. Bruin mens voor 1994: Dis die wit mense en apartheid se skuld dat ons nie kan vooruitgaan nie. Bruin mens n 1994: Dis die swart regering en regstellende aksie se skuld dat ons nie huise kry nie. Kan dit so eenvoudig wees? Sekerlik moet swart mense, die regering en die ANC tog n bietjie skuld kry? Maar dan is daar die feite: Die slaagsyfer van bruin matrikulante daal en as hulle slaag, slaag l minder met matriekvrystelling. Ons sien tans die sterkste daling in jare in die bruin deelnamekoers aan hor onderwys, n dramatiese val oor tien jaar. Net 12% van die bruin bevolking neem deel aan hor onderwys, terwyl 14% van die swart bevolking deelneem (n skerp styging oor 10 jaar) en 47% van wit bevolking.

Van die verduidelikings hiervoor is dat prestasiegedrewenheid na swart skole verskuif het. Is dit die regering se skuld? Dat geld vir opheffingswerk aan die swart bevolking gaan en by bruines verbygekyk word? Maar wie moet die skuld kry vir die drankmisbruik en die geweld, die gebrek aan selfvertroue en die alewige minderwaardigheidskompleks? Ook die regering? Ook die swartes?

Kruisig my, maar ek s dit reguit: Ons blameer deesdae die regering en die swartes, want dis makliker as om self verantwoordelikheid te aanvaar en iets aan die situasie te doen of aandadigheid te erken. Regstellende aksie is n feit en dis nodig en dit kan goed werk, maar jy gaan soms daarmee n bloutjie loop nie lekker nie, maar wie het ges die lewe is altyd lekker?

Soms is die antwoord nie eens so met politiek en beleid en vraagstukke gelaai nie. Soms is dit eenvoudig: Die bruin mens het nie die pos gekry nie, want hy het laat by die onderhoud opgedaag met n handgeskrewe CV en geen moeite gedoen nie. Maar ds nie die storie wat jy hoor nie: Dit was regstellende aksie, ek het nie n kans gehad nie.

Vergeef my dan as ek tot die gevolgtrekking kom dat die bruin vraagstuk nie opgelos gaan word deur die opheffing van regstellende aksie, n bewindsverandering of baie geld nie. Laasgenoemde sal help, maar wie gaan ons kinders se gedagtes vul met hoop pleks van hopeloosheid? Wie gaan hulle die selfvertroue gee om hulle plek vierkant te wl volstaan in ons land?

Oral om hulle is voorbeelde van mense, bruin mense, wat te midde van uitsigloosheid, die regering en regstellende aksie dit wel reggekry het om uit te styg. Daar is n Jakes, n Cheryl, n A.H.M., n Trevor, n Patricia, n Jo-Ann, n Mr Fat en nog baie waar hulle vandaan gekom het. Intussen moet ons besef hoe meer tyd ons aan kla afstaan, hoe minder tyd het ons om ons kinders vir die uitdagings van mre voor te berei, en hoe minder sulke rolmodelle gaan daar vir die geslag n hulle wees.

Klik hier en wen!
Klik hier en wen 12 maande af op jou huislening!




LitNet: 1 Junie 2005

boontoe / to the top


NOT FOUND