|
|
Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole: VraNet
Wat is VraNet? Het jy al 'n boek gelees wat jou oor die outeur daarvan laat wonder het?
Wát van hierdie storie het werklik gebeur, hoeveel is wáár, wat is in brokstukke
uit 'n heel private, persoonlike lewe aanmekaar ge-Frankenstein? Wie is die
een agter die meedoënlose pen? Miskien wonder jy gewoon oor hóé 'n sekere
skrywer skryf, of hoe dit gebeur dat karakters wat hulle self uitdink, hulle snags
balkon toe jaag om vars lug te soek. Ons het deelnemers aan die
Sanlam/LitNet-aanlynskryfskole die kans gegee om hulle vrae omtrent skryf
aan hul gunstelingskrywer of -digter te stel. Lees hier wat gevra is, hoe die
skrywers reageer - en vertel ons wat jy dink. Om die waarheid te sê: as jy
vyf brandende vrae van jou eie aan jou persoonlike gunsteling Afrikaanse skrywer
of digter in jou saamdra, stuur dit vir naomi@litnet.co.za. En mens weet nooit
wie se vrae onverwags hier beantwoord kan word nie ...
Wil jy reageer op VraNet? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za
om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |