|
Cool Druid: Volgende jaar sal dit 'n eeu wees sedert die eerste (opgetekende) Druid-seremonie by Stonehenge, toe 256 lede by die Ancient Order of Druids ingelyf is. Druids lyk scary, maar is nie. Hulle is meestal gepla met omgewingsake, regverdigheid vir almal, spiritualiteit, balans in die natuur en interaksie tussen hierdie wêreld en 'n ander. Die woorde waarmee hulle een van hulle rituele inlei is byvoorbeeld: Let us now call for peace, that in peace the voice of spirit may be heard. Koning Arthur Uther Pendragon, wat glo hy's die derde reïnkarnasie van die oorspronklike Arthur, was ook daar. Hy't 'n oog gehou oor die verrigtinge so 'n entjie van die sirkel af. Hy't gesê hulle verwelkom die son simbolies met vuur (fakkels) vir die langste dag van die jaar. "Dis nie 'n dag in die kerk vir ons (druids en pagans) nie. Vir ons is dit iets om te vier - en nie op kerkbanke nie." William Blake het glo in 'n hofsaak gesê hy's 'n Druid, sodat hy nie die eed hoef te sweer nie. Foto: Christine van der Mewre
|
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |