Archive
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

'n Versie vir die dag en 'n prentjie vir die nag

Erns Grundling

Hierdie nuwe fototentoonstelling deur die bekende skrywer, sanger en fotograaf Philip de Vos is van 18 Maart 2005 tot 30 April 2005 te sien in die Huis der Nederlanden in Pinelands, Kaapstad. Daar vind op Vrydag 18 Maart om 20:00 'n bekendstelling plaas, waartydens Philip van sy getoonsette versies sal sing. Vir meer besonderhede, stuur 'n e-pos na eva@hdn.co.za of skakel (021) 531-5831.

Vir diegene wat nie by die uitstalling kan uitkom nie, het Philip goedgunstiglik aangebied om die versies en foto's in 'n virtuele galery op LitNet se visuele subruimte beskikbaar te stel:

Klik op foto vir vergroting en volledige onderskrif.

Daar's 'n liedjie ...

Konsternasie ...

In die vaalgrou dorpie ...

Mallemeuleperdjie ...

Elkeen ...

Jou vere ...
jazz musikante
Wát is dit ...

Gisteraand ...

Buite ...

Vissies glip ...

Hoe ver moet ek reis ...

Ek is eensaam ...

Eeue lank ...

In museums ...

Hou 'n versie ...
 

Philip het die volgende te sê gehad oor sy jongste fototentoonstelling:

"Hierdie uitstalling van 15 foto's is eintlik 'n wegbreek van my gebruiklike swart/wit foto's van bekende persoonlikhede afgeneem in hulle eie milieu met natuurlike lig.

"Ongeveer vier jaar gelede het ek vir my 'n digitale kamera gekoop - 'n Nikon Coolpix 990 - en hierdie aankoop was vir my byna 'n herontdekking van fotografie. Ek neem al sedert 1962 foto's en het nog al die jare swart/wit verkies, en het altyd my eie afdrukwerk gedoen, maar daar was letterlik duisende negatiewe wat ek oor 'n periode van byna 40 jaar as amateurfotograaf geneem het wat nooit afgedruk is nie. Met digitaal was dit skielik anders. Foto's wat in kleur geneem is, kon, as ek dit so sou verkies, in swart/wit omgeskakel word, en ek kon al die foto's wat ek geneem het, onmiddellik op die rekenaarskerm sien en beoordeel.

"Met die Adobe Photoshop-program het ek skielik nuwe beheer oor my foto's gekry en kon ek met die druk van 'n paar knoppies die oorspronklike foto's verander soos ek verkies, iets wat in 'n donkerkamer soms byna onmoontlik sou wees of gepaard gaan met die mors van baie rande se fotopapier. Die Photoshop-program is eintlik baie gekompliseerd, maar algaande leer ek om my foto's in my eie droombeelde te omskep. So word 'n foto van 'n standbeeld in Praag gekombineer met takke en reën in my tuin in Groenpunt, Kaapstad, en word die nuwe foto soos iets uit my eie nagmerries. So ook word 'n leë kamer in 'n verlate plaashuis in Nieu-Bethesda gekombineer met die Joodse begraafplaas in Praag om die kortstondigheid van alles te probeer wys.

"Ek ontleed nooit my eie werk nie, maar waar my versies gewoonlik 'n speelsheid het, wys die foto's miskien 'n donkerder kant, soos die titels van een van my boeke: Daar's Bitterals in die Heuningwals ook alreeds probeer sê het.

"Met hierdie uitstalling van 15 foto's kombineer ek twee van my groot liefdes: die skryf van versies en die neem van foto's, en that's that!"

LitNet: 17 Maart 2005

Wil jy reageer op hierdie visuele? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

back    /     to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.