Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Met geroeste sekel*

Tertius Kapp

In hierdie land trek die duine met skemer rooi lakens oor hul bultende mae.

Hier borrel die ewigheid
deur die jong arms van ousies
en die ou arms van junkies.

In hierdie land het brutaliteit van die papierwerk afgedrup en in straatvore weggeraak.

Hier breek dubbelbeelde oor die uitspansel.
Ons trek met geroeste sekel die buik van die verlede oop.

Met drome in die uitwaspyp
en beloftes in riool
word ons hartseer stadig ryp
Terwyl ons roekeloos met herinnering goël.

Luiperds loop deur my slaap
Perde runnik in my hoof.
Aandadigheid se grys aangesig
Wil snags my nagrus roof.

Onskuld se rou belofte
het eenmaal my siel getart.
Nou verstaan ek soms vergifnis
en die kleefmyne in eie hart.

Luiperds loop deur my slaap
Perde runnik in my hoof.
Dis aandadigheid se grys aangesig
wat snags my nagrus roof.




*Hierdie gedig is voorgedra tydens die Woordfees se Paartie innie park op Vrydag 13 Maart 2004. Dit is geskryf om werk van Eugene Terre’Blanche te vervang in Kapp se stuk Terre’Blanche, wat op KKNK 2004 sal speel. Daar is dus op twee plekke ooreenkomste met veral een van sy werke, “Herinneringe”. Hierdie ooreenkomste is ter wille van die kohesie van die teaterstuk. Die skrywer erken dit en vermeld die bron daarvan.



LitNet: 17 Maart 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.