Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Feesvoggies uit die taalkaraf*

Zandra Bezuidenhout

Ons tale en ons prate
is ’n feestelike bate!
Die Boland se kelders
loop oor van die mos;
en die Woordfees swel uit
soos ’n hanepoottros!
Woordensvol genotlikheid;
Wingerdvol veeltaligheid!
Soveel woorde, soveel skop;
Gesondheid in ’n tale-dop!

Lewendagge woorde
maak lewendagge feeste,
en die taal kry sy lyf
uit die praat en die skryf!
Alle soorte woordery
maak alle soorte toordery.
Daar kom die wa
die Woordfees se wa,
hy het al naam al:
die Woorde-wa, my bra!

Die woorde gis.
Die koors is hoog.
Ons les die dors
by die Woordfees-oog.
Eers geproe en toe gebieg:
almal raak nou taal-verlief.
Hierdie Woordfees, hartedief,
praat doodgewoon:
alternatief!
Storieboek of woordeboek,
taaldoepa vir lag of kla;
jongwyn, laat-oes, woorderoes —
Alles in die taalkardoes!

Toorgoed, leengoed, eiegoed
loop dik in onse taal se bloed!
Boeketaal of dialek?
Die Woordfees het vir almal plek.
Vingerlekker, goed gebek;
Wie praat hom, en wie sing hom
sappiger as jy en ek?
Die Woordfees is die proelokaal
vir jongwyn uit die soetste taal.

Feestenaars en woordenaars.
digteraars en storienaars,
singenaars en skrywenaars …
Dis my taal se makelaars!
Ja, Maties ryg die taalsosaties
elke Maartmaand outomaties;
gekerrie of gemarineer —
fees ons net beter, elke keer!

As Adam Tas maar nou hier was
vir die tale duskant Libertas!
Die taal groei soos ’n span konyne
en wie kan sê dié een is syne!
Laat elke taal se poppe dans
sê dié wat weet hier onderlangs …

Hou vas, hier kom die vyfde fees:
Dit gaan ’n woorde-opskop wees!
Issie myne nie, issie joune nie;
Dis ons almal wat die ghoema
aan die Woordfees gee!

Die Woordfees is soos moskonfyt:
hy woeker met die taal-aptyt!
Die Woordfees is soos goeie wyn
die taal se beste medisyn!
En ’n fees sonder JOU
is ’n baadjie sonder mou
’n toffie sonder kou
en ’n tol sonder sy tou.

Wil jy ’n jollie akker wees?
Kom vang die jollie Woordfeesgees!

Dis ’n parskuip van taal
Dis ons woorde wat tel —
Dis Al!



*Voorgedra tydens Woordfees 2004
Akkoord: ’n maaltyd met woord en musiek
Restaurant La Pineta
11 Maart 2004



LitNet: 17 Maart 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.