|
|
Albert Maritz en Amanda Strydom gesels oor hul produksies by die Volksblad-kunstefeesErns GrundlingAlbert Maritz - Regisseur van Faan se TreinPaul Eilers is Faan, Frik Oosthuizen se verstandelik gestremde seun. Die Oosthuizens simboliseer in hul eenvoud basiese waardes. In Faan se pittige humor lê die tragedie opgesluit wat enige mens aan die hart sal gryp. Met o.a. Johan Botha en Johan Malherbe. Regie: Albert Maritz. Dit is 'n paar uur voor Faan se Trein se eerste vertoning in die Stadskouburg in Bloemfontein by die Volksblad-kunstefees. Regisseur Albert Maritz hardloop vervaard rond saam met 'n polisieman om inderhaas 'n uniform in die hande te kry. Tussendeur kry hy kans om 'n paar gedagtes met LitNet oor die toneelstuk te deel. Faan se Trein word ondersteun deur Sanlam en toer regdeur die land by al die groot kunstefeeste. Hoe vaar die speelvak tot dusver? Albert: Die speelvak tot dusver was ongelooflik. Van die KKNK tot die Staatsteater in Pretoria, die Innibos-kunstefees in Nelspruit tot in Durbanville. Verskeie bekendes soos Wilna Snyman en Anton Goosen het dit gaan sien en het geweldig baie daarvan gehou, veral wat dit beteken. Wat beteken Faan se Trein vir vandag se gehore? Albert: Behalwe dat dit 'n oplewing is van klassieke Afrikaanse toneel het die toneelstuk vandag selfs meer betekenis as destyds. Dit bied nogal food for thought en is regtig sielskos. Mense wil graag meer betrokke raak by teater. Charles Fourie het die onlangse vertoning in Durbanville beskryf as 'n "monumentale oomblik in ons teatergeskiedenis". Hoe het dit gebeur dat jy Faan se Trein aangepak het? Albert: Karen Meiring het my gebel en gevra om dit as opdragwerk vir die KKNK te doen. Faan se Trein is nou maar eenmaal nie die soort teks wat mens weier nie! Was dit moeilik om die regte akteurs te vind? Albert: Nee, dit was glad nie moeilik nie. Ek het wel vir die rol van Faan verskeie mense genader, gekoukus en menings ingewin. Hoe vorder kaartjieverkope vir Faan se Trein by die Volksbladfees? Albert: Sover ek weet is die vertoning al so te sê uitverkoop, so mense sal moet spring indien hulle betyds kaartjies wil kry!
Amanda Strydom - Mooiweer en warm by die Volksblad-kunstefeesDié uiters begaafde diva saam met die room van Suid-Afrikaanse musikante met nuwe liedjies en verwerkings van ou treffers. Hulle gee wat die titel belowe - vreugde, lig, polsende ritme en absolute genot. Met o.a. Floors Oosthuizen, Vinnie Henrico, Corné Danhauser. Musikale regie: Janine Neethling. (In die Sand du Plessis, Bloemfontein op 13 Julie - twee vertonings)Amanda Strydom en haar musiekregisseur Janine Neethling is in die motor op pad na Bloemfontein. Daar is gerugte van yskoue weer, maar dit pla Amanda min. Sy hoop om die Sand du Plessis se gehoor te laat smelt met haar jongste produksie, Mooiweer en warm, wat sy as 'n jolige viering van die lewe beskryf. Waar het jy Mooiweer en warm al orals opgevoer? Amanda: Ons het verlede jaar by die Aardklop-kunstefees afgeskop en daarna by die Oude Libertas-teater op Stellenbosch en onlangs by die Innibos-kunstefees op Nelspruit opgetree. Beskryf die vertoning vir ons. Amanda: Dit is vir my 'n celebration of joy. Ons probeer ook 'n hele paar nuwe songs wat hopelik op die volgende album sal verskyn. Dan is daar heelwat ouer songs wat Janine amasingly mooi verwerk het. Dit is songs wat letterlik die gevoel van mooiweer, warm, soelheid, erotika en Desembers by die see vasvat. Ons doen ook songs van Cat Stevens, die Eagles en van Hennie Aucamp se kabaretverwerkings. Dit is 'n show wat die lewe en al sy skoonheid vier, en is beslis 'n waardige opvolger vir die vorige show, Verspreide Donderbuie. Hoe voel dit om in Bloemfontein op te tree? Amanda: Dit was nog altyd great gewees. Ek hoor
dis so koud in Bloem, so mense moet maar hul jasse, serpe en thermal underwear
inpak! Verlede jaar het ek Verspreide Donderbuie opgevoer en die jaar
voor dit Volstoom. Daar is regtig lieflike teaters in Bloem. Die Sand
du Plessis is sekerlik een van die mooiste teaters suid van die ewenaar. Die
verhoog, klank en beligting is ook fantasties, die mense doen regtig moeite.
Al is dit koud, maak die mense dit warm. Ek wens net hulle wil opspring en dans!
Wil jy reageer op hierdie onderhoude? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |