Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Net waar jy kyk …

Londen tans vól SA teaterlui

Jean Meiring


Suid-Afrikaanse teaterlui word vir lank reeds met ope arms - én beursies - in Londen ontvang. Vanjaar is dit weer so. Die stad wemel tans van verhoogproduksies vanuit die suide.

  • I.D.

    Die wêreldberoemde sir Antony Sher se debuuttoneelstuk I.D. loop tot 18 Oktober by die hoogaangeskrewe Almeida-teater. Dis gebaseer op Henk van Woerden se biografie van Tsafendas, die lintwurm-geteisterde parlementêre bode wat in 1966 vir Hendrik Verwoerd (gespeel deur Marius Weyers) om die lewe gebring het.

    Sher self speel Tsafendas, wat in Mosambiek gebore is en in Suid-Afrika as kleurling geklassifiseer is. Die stuk volg hom in sy soeke na identiteit. Sher suggereer dat Verwoerd, wat in Nederland gebore is, self ’n slagoffer van die apartheid-sisteem was. Dié komplekse stuk teken hom ook as ’n man op soek na ’n sinvolle identiteit.

    Die stuk is meesal baie positief deur kritici begroet.


  • Woza Albert!

    Dié legendariese satire vertel die sjarmante, dog by tye skrynende verhaal van wat gebeur as Christus se wederkoms in die Suid-Afrika van gister sou plaasvind. Dié juweeltjie uit die pen van die reuse Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en Barney Simon is ’n klassieke Suid-Afrikaanse dramastuk.

    ’n Produksie onder spelleiding van die bekende Sello Maake ka Ncube open op 3 Oktober in Londen, en gaan eersdaags op toer.


  • The Wildebeest Lounge

    Dan kry Londense gehore in die mooiste maand ook die geleentheid om The Wildebeest Lounge, die samesnoering van twee eenmanstukke, te sien. Die een is Disappearing Act deur Neil McCarthy en opgevoer deur Gary Carter. ’n Reisende pianis keer na sy geboortedorp terug en kan sy stortvloed herinneringe nie keer nie.

    Die ander een, The Pandora Effect deur Carter, word weer deur McCarthy opgevoer. (Hulle is van skooldae af vriende.)


  • We Must Eat Our Suckers With The Wrappers On

    Die wenner van een van die gesogte Olivier-toekennings, Robyn Orlin, bring ook hierdie opspraakwekkende dansstuk van haar Londen toe. Dit handel oor die kwessie van MIV en is vanjaar reeds met groot welslae in onder meer Venisië en Parys opgevoer.


  • The Happy Natives en Kat and the Kings

    Greig Coetzee se The Happy Natives toer ook deur die land, en David Kramer en Taliep Petersen se reeds wydbeminde Kat and the Kings keer Desembermaand met heupgeswaai na hul Londense bakermat, die Tricycle-teater, terug.

    Dié Suid-Afrikaanse profete word voorwaar in die vreemde ruim geëer. Skimp-skimp.

    7 Oktober 2003

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.