Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Nedbank ondersteun LitNet! Klik asb op die boonste blokkie en besoek hul webwerf. Ons het jou klik nodig!

Tim Greene - Twist

Nedbank Kuns & Kultuur-trust persverklaring

Verbeel jou jy sit in 'n groot verkeersknoop en word genader deur 'n man met 'n plakkaat waarop daar staan "Hallo, my naam is Tim. Ek is 'n onafhanklike rolprentmaker. Ek het 'n rolprent met die naam Twist geskryf. Ek soek 1 000 beleggers wat elk R1 000 kan bekostig. Help asseblief!"

Wat doen jy?

(a) ignoreer jy hom,
(b) lag jy,
(c) bal jy jou vuis, of
(d) haal jy die kleingeld uit die asbak?

Gedurende die eerste vyf maande van 2003 het die man met die plakkaat - rolprentregisseur Tim Greene - 837 mense oorreed om sy projek te steun.

Dit was na Greene se insamelingspogings dat die Kuns & Kultuur-trust R100 000 bygedra het en hom daardeur in staat gestel het om die deurslaggewende miljoen rand te bereik wat nodig is om sy filmdrama in 'n 16 mm-rolprent te begin omskep.

Hierdie suksesverhaal lyk na 'n onwaarskynlike fantasie, maar nie as jy enigiets van Tim Greene weet nie. Dié 34-jarige man is al sedert sy 13de jaar op rolprente versot. Met sy hartstog vir rolprente het hy hom van onder as bode tot rekwisiete-assistent tot rolverdelingsregisseur opgewerk.

Tim Greene is 'n man wat nie bang is om nog te vra nie.

Greene is teenoor al sy ondersteuners dankbaar. Wat die Nedbank-befondsde trust betref, sê hy: "Ek wil net persoonlik baie dankie sê vir almal by die trust wat hierdie onderneming ondersteun het - sonder hulle sou die vervaardiging van Twist nie moontlik gewees het nie."


LitNet: 30 Augustus 2004

Wil jy reageer op hierdie inligting? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.