Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Honneurs-regiestudente se werk in HB Thom

Op 11 en 12 November om 20h15 en op 12 November, ook om 13h00, word Chamber music deur Arthur Kopit in die HB Thom aangebied. Laurita Smal is die regisseur.

Agt vroue in ‘n psigiatriese inrigting verkeer onder die indruk dat hulle historiese vrouefigure is. Tydens die jaarvergadering van die klagte-en-griewe-komitee bespreek hulle die dreigende moontlikheid van ‘n aanval deur die mansvleuel. Hul vrese, hoewel nie ongegrond nie, is egter misplaas.

Die teks is in die vroeë 1960’s deur Arthur Kopit geskryf toe hy as aktiewe lid van die Off-Broadway-beweging sterk gereageer het op die populariteit van lobotomie-eksperimente in die tyd. Chamber music ondersoek dan ook die identiteitsdilemma van die mens binne die sisteem van ‘n Westerse samelewing en bied ‘n onheilspellende blik op die menslike psige en sosiale bestaan.

Op 15 en 16 November om 20h15, en ook op 16 November om 13h00, kom Bloedbruilof, die derde aflewering van Frederico Garcia Lorca se Bloed-trilogie, aan die beurt in die HB Thom-teater, onder regie van Adriaan Meyer. Dié briljante teks roep ’n wêreld van ou rowe en vars snye op, waar ‘n moeder treur oor haar man en haar eersgeborene wie se bloed in die stof gevloei het, en bid vir die storting van bloed op haar oorblywende seun se bruilofslakens. Die meisie woon ver weg in ’n grot, maar almal ruik reeds die bloed … Lorca se taalgebruik is dringend, ontstellend en strelend – die rykdom aan poësie in die teks voer die spannende storielyn tot ’n byna onhoudbare vlak. Aangesien Lorca self ook ’n uitstekende musikant was, vereis Bloedbruilof ook meesleurende musiek, skitterend gekomponeer vir hierdie produksie deur Frieda van den Heever.

Vir navrae of besprekings skakel 083 785 1539. Kaartjies kos R10.



LitNet: 7 November 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.