|
|
Rugby vir babas n groot genotMarina GriebenowKomedie: TESTOSMOROON Ek is n rugbymoroon
Dat Rudolf Straeuli n krisis beleef wat senters betref, is nie altemit nie. Wat hy egter nie weet nie, is dat die oplossing vir al sy probleme homself noord van die sogenaamde Boereworsgordyn bevind, nes die gevierde Danie Gerber van ouds. Hy is n akteur en komediant genaamd Leon Kruger. Presies hóé hy Straeuli kan help om sy werk te behou, verduidelik Kruger in sy komedie Testosmoroon, n eenman-vertoning wat hom al onder meer n Kanna-benoeming by die KKNK besorg het. Die gehoor se lagspiere word al geprikkel in die teater-foyer, waar die hele span se fotos uitgestal word. Daars egter iets fout met dié prentjie. Al die spelers van nommer 1 tot nommer 15 lyk dieselfde. Dis natuurlik Kruger as elke speler in die span. Net sy gesigsuitdrukkings en hoofbedekkings wissel. En verbeel n mens jou, of lyk die voorspelers minder intelligent as die agterspelers? Dié wedstryd-op-Nuweland-atmosfeer word deur die loop van die aand aangehelp deur n verskeidenheid Leon Schuster-nommers en selfs Ag pleez Daddy van Jeremy Taylor wat Kruger as bindingsmateriaal tussen tonele inspan. O ja, en ook deur die koue Castle waaraan Kruger kort-kort teug as dinge op die verhoog warm raak. Kortliks: Testosmoroon gaan oor n kêreltjie wat gebore word en grootword met net een ambisie voor oë, en dis om vir die Springbokke binnesenter te speel. Sommer klein-klein praat hy al op die selfoon met die Bokafrigter en deel ongevraagd natuurlik raad uit. Die hoogtepunt van sy lewe, en die klimaks van die stuk, is wanneer hy in stadige aksie uitgebeeld deur Kruger die wendrie vir die Springbokke druk in die eindstryd om die Wêreldbeker. Dít nadat hy botweg geweier het om die Engelse deel van die volkslied te sing voor die aanvang van die wedstryd. Kruger beeld klein Rugbymoroon uit in die verskillende stadiums van sy ontwikkeling sedert geboorte en gebruik dié karakter om al wat n heilige koei is, by te kom. Om Kruger sowat 62 lank in die ou taal in n reusagtige blou babygrow te sien, is reeds genoeg om mens te laat stik van die lag. Sy dialoog in alledaagse, toeganklike taal sorg vir die res. Deur kommentaar te lewer vanuit die perspektief van n kind, kom Kruger met moord weg. Selfs ietwat skurwe kommentaar klink sagter en is gewoon snaakser as wanneer dit deur n volwassene geuiter sou word. (So bedank hy onder meer al die mas wat borsvoed, hartlik.) Rugbymoroon herinner by tye nogal sterk aan die kontant babatjie in die rolprent Look whos talking. Kruger weet net watter knoppies om te druk om reaksie te kry: Hys beterweterig, skoorsoekend, ongepoets, intelligent, selfs profeties, en belangriker nog geweldig snaaks. Hy span die bekende in om die gehoor mak te maak en as hy hulle eers in die palm van sy hand het, laat waai hy met kommentaar oor alles en nog wat, nie net rugby nie. Hy gebruik min rekwisiete, maar dié wat daar is, word knap ingespan, onder meer n waentjie wat so te sê n lewe van sy eie kry. Die fotos van die spelers wat met pennetjies agter op die verhoog aan n wasgoeddraad hang, herinner so n bietjie aan die gebruik van fotos in Boetman is die bliksem in, maar selfs dit is nie n doodsonde nie. Jan Rabie het gesê die spel is ons hoogste ontwikkeling. Wat n mens oor rugby wysraak uit Testosmoroon oortuig jou dat Rabie met dié uitspraak beslis nie daardie soort spel in gedagte gehad het nie. Miskien wel die genot wat Kruger put uit die interaksie tussen hom en die gehoor wat hy so knap vermaak.
31 Oktober 2003 |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |