![]() |
![]() |
![]() ![]() |
![]() |
|
![]() |
![]() Neem my op (literêre) vlerke, SkermEngel!Erns GrundlingIn die begin was daar glo n paradys waar mens en dier in harmonie saamgeleef het. Dit was die tye van reuse en engele en allerhande magiese kreature, hemelwesens en gedrogte.
Elke web het n spinnekop, elke Eden n slang, maar vanjaar het die Boekeparadys met n engel gespog. Vanjaar het LitNet se SkermEngel-projek sy eerste buiging in die Boekeparadys gemaak. Bewapen met n skootrekenaar, projektor en 2m x 2m skerm, het Liezl Dick kompleet met engelvlerke en wit gewaad gewaak oor die skoonste taal, om n aanhaling uit Die Burger te gebruik.
Tydens die boekebekendstellings het sy dan ook uit die betrokke skrywer se werk getik. Die SkermEngel was behoorlik besig en het ver oor die 200 bladsye in Microsoft Word in die vier dae die lig laat sien. n Powerpoint-skyfievertoning, met heelwat hoogtepunte uit LitNet (veral die SêNetters se wyshede), het deurgaans op die skerm gewys.
Hier volg die onderhoud wat die LitNet SkermEngel met Koos Kombuis gevoer het. Die bekendstelling het op 1 April in die Boekeparadys tydens die KKNK op Oudtshoorn plaasgevind. (Om getrou te bly aan die interaktiwiteit en die onmiddellikheid van dié geïmproviseerde vraag-en-antwoord sessie, is daar niks aan die teks verander nie.): Goed, eerste vraag. Baie dankie aan Liezl vir haar Engel-wees, Johan Pienaar vir tegniese hulp, VisionMedia vir die toerusting, Douw Steyn van News24 en Leon du Plessis en sy vriendelike span in die Boekeparadys. Sonder julle hulp sou die projek nie moontlik gewees het nie. Wees op die uitkyk vir die LitNet SkermEngel in die toekoms! Haar vlerke is nog lank nie geknip nie ... |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |