![]() |
![]() |
![]() ![]() |
![]() |
|
![]() |
![]() Sanlam-teaterprys vir 2006: Spring aan die werk!PersverklaringBeste drama- en teatervriende Met die KKNK en die opwinding van vanjaar se kompetisie nog in die geheue, werk ons alweer aan die volgende ronde van die Sanlam-prys vir Afrikaanse teater. Die wedywering tussen die vier studentegroepe om vanjaar se Sanlam-pryse by die afgelope KKNK het voorwaar vir uitnemende studenteteater gesorg. Zollie, een van Kovsies se twee inskrywings deur verskillende groepe, is tydens die toekenningsgeleentheid by die KKNK as die beste produksie aangewys. Dié stuk oor straatkinders het boonop met die individuele pryse weggestap. Nico Luwes is vir die beste teks bekroon, Gerben Kamper as regisseur en Lulu Botha as die beste akteur vir haar vertolking van Maria Georgeo, 'n Afrikaanssprekende Griekse restauranteienaar. Klik op die foto’s vir ‘n groter weergawe en onderskrif:
Lengte van produksies: Alhoewel die maksimum lengte van produksies 120 minute is, doen die organiseerders en beoordelaars 'n beroep dat dit eerder 90 minute maksimum is om logistieke uitdagings te beperk en die skedulering te vergemaklik. Klik hier vir die inskrywingsvorm en die reëls in *.pdf-formaat. (Neem asseblief kennis: Indien die bladsy nie oopmaak nie, moet jy hier klik om Acrobat Reader af te laai.) Pos asseblief u inskrywing na: Martie de Lange Of koerier dit na: Martie de Lange of e-pos dit, ook 'n inskrywingsvorm, na: martie.delange@sanlam.co.za Teatergroete Martie de Lange
Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte. |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |