Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Dié manne maak mooi

Ingrid Lehmensich

My Night with Reg

Geskryf deur Kevin Elyot
Regie deur Henry Mylne
Tesson-teater, Johannesburg
Tot 27 Maart

Vir iemand wat al lankal verveeld geraak het met die konvensionele “nou praat ek, nou praat jy”-tipe teater en eerder multimedia en absurde stukke van byvoorbeeld Robyn Orlin verkies, is Henry Mylne se My Night With Reg by die Johannesburgse Skouburg geopen.

My night with Reg is ’n tragiese komedie oor ses gay vriende se lief en leed, waar liefde, vriendskap en ontrou ’n komplekse web weef in die donker skaduwee van vigs, die stille byspeler.

Mylne se keuse van akteurs is puik. Daar’s Guy, ’n amperse moederfiguur vir sy vyf vriende, wat self hunker na iemand om lief te hê. Uitmuntend gespeel deur Grant Swamby van Isidingo-faam. Swamby sorg vir skreeusnaakse oomblikke, nie soseer oor wát hy sê nie, maar hóé hy dit sê.

Dan is daar Bernie, gespeel deur Terence Bridget. Bridget is hier definitief nie die geharde vroueslaner soos kykers van Isidingo hom ken nie; eerder ’n komiese femme wat nuwe betekenis aan die woord mince en die uitdrukking struts his stuff gee.

Maar die aand se groot verrassing is te danke aan Deon Coetzee (Egoli) vir sy rol as Benni, ’n butch busbestuurder wat maar net nie sy hande van mans kan afhou nie. Vir ’n persoon soos Coetzee wat — soos ek van die pers kan aflei — duidelik nie ’n druppel homoseksuele bloed in sy are het nie, het hy homself werklik goed van sy taak gekwyt.

Duncan Lawson (The Mystery of Irma Vep), wat die rol van die verwaande en selfvoldane John speel, is weer gou tuis op die verhoog na ’n drie jaar lange afwesigheid.

Darren Kelfkens (die skorrie-morrie werktuigkundige in Egoli) speel ’n sexy, saggeaarde Daniel. Kelfkens se kwesbaarheid sorg vir besonderse meegevoel.

’n Akteur wat eers in die tweede helfte van die aand sy voete gevind het, was Rowan Cloete, wat die jonge Eric speel. Dis ook te verstane: Cloete het nie soveel ondervinding as sy medespelers nie en is beter bekend as televisie-aanbieder. Hy erken self dat sy eerste liefde eintlik musiek is. Sy verhoogdebuut het hom glo ’n ikon onder die gays gemaak. Tot groot vermaak van sy verloofde!

Met die interessante kombinasie van bekende televisiesterre, gaykwessies en ’n naaktoneel het My aand met Reg ’n Kanna-Toekenning by die 2002 KKNK opgeraap.

Nadat dit weer terugvertaal is in Engels het My night with Reg ’n draai in Kaapstad gemaak, waar dit ’n Fleur du Cap verwerf het.

Nóú is dit Jo’burg se beurt.



LitNet: 05 April 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.