Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ouma Ossewania het dit steeds veil vir haar volk, maar hulle vir haar?

Sarah Prinsloo

Ouma Ossewania praat vuil
Deur en met Pieter-Dirk Uys
Tesson-teater by die Civic, Johannesburg
Tot 28 Augustus 2004

Pieter-Dirk Uys was nog altyd 'n afgryslik eg Afrikaner, en weer eens bewys hy dit met Ouma Ossewania praat vuil, nou te sien by die Civic in Johannesburg.

Glo my vry, Ouma Ossewania praat inderdaad vuil. Sy praat openhartig-kwadraat, blatant bar en tot op die been! Niemand word ontsien nie. Van ons grootste leiers tot haar eie familie loop onder haar skerp tong deur. Wees dus gewaarsku: die stuk word nie aanbeveel vir 'n gehoor wat maklik skrik, noodwendig na hul asems snak of sku is om 'n drol 'n drol te noem nie.

Met haar vertelling en oopgevlekte humor vervleg sy haar lewensverhaal met die apartheids- en politieke geskiedenis van ons land. Ongelukkig is dít soms effe uitgerek en selfs by tye flou.

Ouma Ossewania Kakebenia Poggenpoel is in 1900, gedurende die Anglo-Boereoorlog, in 'n konsentrasiekamp gebore. Sy is 102 jaar oud en het reeds drie oorloë, die val van apartheid, die einde van vele hooggeplaaste politici, en - soos uit haar vertelling afgelei kan word - ook etlike predikante en kerkkoorlede oorleef. Sy's veral lief vir blomme rangskik en was vir jare die jongste orreliste van haar kerk, waar heelparty "ongeruimdhede" ook plaasgevind het. Verder is sy 'n direkte afstammeling van Sarie Marais - die immergewilde ikoon - én Gerhardus Poggenpoel.

Pieter-Dirk Uys is 'n briljante komediant en 'n skitterende akteur. Tog wonder ek hoe lank die materiaal waarop hy stukke soos hierdie een baseer, nog relevant of interessant gaan bly. Die jonger Suid-Afrikaner is gatvol en versadig geforcefeed aan die politieke verlede en hunker na iets vars om aan vas te hou. Tog, glo ek, sal 'n uitgesoekte gehoor altyd aan sy lippe bly hang.

Ewenwel, moenie 'n kuiertjie saam met Ouma Ossewania misloop nie. Dis altyd beter om 'n mens se eie opinie te vorm!



LitNet: 31 Augustus 2004

Wil jy reageer op hierdie inligting? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.