Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Muntu het hope energie, maar hamer haper

Andries Gouws

The Trial of Muntu

Geskryf en geregisseer deur Kgosana Bakwena Thekwane
Tot Saterdag 14 Junie
Saans om 19h00 in die Wits-amfiteater, Johannesburg
Kaartjies: R30 of R20

In The Trial of Muntu word ’n man van hoendermoord aangekla. En ’n gru-voorval met ’n hond en vuurwerke. En ’n swart kat se skopdood in ’n sportstadion.

Muntu word voor ’n soort people’s court gedaag. Tydens die verhoor word sy wandade uitgespel. En dis nie ’n enkele mens wat verantwoording moet doen nie. Want Muntu is in der waarheid die mensdom. Die stuk vra: Waarom is die mens so wreed teenoor diere? Maar ook: Wie besluit wie is skuldig? En wie besluit oor die straf? Want daar is ook ’n impimpi en ’n motorband en ’n vuurhoutjie betrokke.

Soos een karakter tereg sê: ‘‘Jy sê ‘Judas’? Wie dink jy is jy: Jesus?’”

Volgens die program neem The Trial of Muntu “die gehoor op ’n morele en humanistiese reis van die Motherland tot die hiernamaals’’.

Moralisties is dit beslis. Die verhaal word boeiend vertel en die spel en dialoog is energiek, maar soms wens ’n mens dit het minder op die punt gehamer.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.