Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Maagmeisie

Mediavrystelling:

Maagmeisie, die heel eerste teaterstuk in Griekwa-Afrikaans, het sy verskyning in Oktober 2003 op die planke van die Macufe Kunstefees in Mangaung (Bloemfontein) gemaak - alles te danke aan ’n borg van die Kuns en Kultuur Trust.

Maagmeisie maak gebruik van Griekwa-akteurs en stel die unieke en meestal onbekende taal, kultuur en tradisies van die Griekwa-mense ten toon. Maagmeisie is een van 23 projekte in 12 dissiplines wat geld ontvang het in die Kuns en Kultuur Trust se Junie 2003-befondsingsiklus. Altesaam R1,2 miljoen is in hierdie siklus deur die Kuns en Kultuur Trust aan projekte uitbetaal.

Die Kuns en Kultuur Trust-fondse, wat toegewy is aan die opheffing van gemeenskappe deur die kunste, ontvang geld vanaf stigterslid Nedbank, waar die hoeveelheid geld wat uitbetaal word, afhanklik is van die omset van Nedbank se Kunsverwantskap-kliënte: hoe meer Nedbank Kunsverwantskap-kliënte van hulle Nedbank Kunsverwantskap-rekeninge gebruik maak, hoe meer ontvang die Trust. Van die R6 miljoen wat die Trust al sedert sy totstandkoming uitbetaal het, het Nedbank se bydraes ’n toonaangewende deel uitgemaak. Nedbank en sy medestigterslid, die Koninklike Nederlandse Ambassade, het elk R500 000 vir die Junie 2003-befondsingsiklus beskikbaar gestel.

Maagmeisie is die idee van die Universiteit van die Vrystaat se dramadepartement en word deur prof Nicolaas Luwes, die departementshoof, geregisseer. Dis gebaseer op die versdrama Maagmeisie deur Thomas Deacon (Protea Boekhuis), en vertel die verhaal van die inlywing van ’n Griekwa-maagd in die volwasse wêreld.

Die storie word vir die gehoor ontvou deur die verteller, die hoofkarakters, sangers en die versigtige uitbeelding van antieke rituele. Die maagmeisie word vir twee weke geïsoleer, en haar liggaam bedek met oker, boegoe en rooibokmis - versinnebeelding van lewe, dood en goedheid. Die medisinale boegoeplant is ook die uitbeelding van die mag in haar toekoms. Die drama bou op tot ’n liefdesverhaal tussen die jong meisie en haar beminde.

Luwes het die volgende te sê oor Griekwa-Afrikaans: “Die beeldmateriaal is fantasties. Dit is ’n fassinerende dialek, met interessante sinskonstruksie en spelling. In die taal se ontwikkeling beweeg dit al hoe nader aan Standaardafrikaans.”

Die produksie voldoen aan van die belangrikste kriteria vir Kuns en Kultuur Trust-befondsing, naamlik werkskepping en kreatiewe vaardighede. Die potensiaal is ook daar vir kulturele uitruil en bemarking.

Maagmeisie verskaf werk aan 11 akteurs, ’n kultuuradviseur en ’n regisseur. Van die spelers kom van Upington in die Noordkaap, waar gewone Griekwa-mense (nie professionele akteurs nie) vir die opvoering gekies is. Die ander spelers is uit Kimberley en die Vrystaat gekies, insluitend ’n jong Griekwa-leier van Bloemfontein. Die amateurlede sal geweldig baie voordeel trek uit die kreatiewe vaardighede wat hulle sal aanleer.

Op die kulturele-uitvoer-front glo Luwes dat “die teaterstuk opgevoer kan word by die Konferensie vir Inheemse Mense in Genève, Switserland, in 2004, met finansiële ondersteuning deur die regering”.

Die Nedbank Kunsverwantskap ondersteun ook ander Kuns en Kultuur-projekte. Help ander Suid-Afrikaanse kunstenaars deur ’n Nedbank Kunsverwantskap-kredietkaart, -tjekrekening of -spaarrekening by jou naaste Nedbank-tak te open. Gaan kyk gerus na www.nedbankarts.co.za om meer inligting te bekom oor hierdie en ander Kuns en Kultuur Trust-projekte.

LitNet: 17 Mei 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.