Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Openingsgala van internasionale klassiekemusiekfees sleur mee

Maatjan Lampbrecht

In die ZK Mathews-ouditorium in Pretoria het die volle musikale impak van plaaslike komponis Jean Zaidel-Rudolph en Isak Roux, komponis uit Stuttgart, die gehoor op 5 November tydens die Openingsgala van die Internasionale Klassiekemusiekfees getref.

Zaidel-Rudolph slaag met haar Lifecycle goed daarin om die delikate dreunsange en -klanke van die Nqoko-vroue te integreer in ‘n boeiende moderne interkulturele komposisie. Hans Huyssen, die dirigent, het die spel en sang — wat maklik uiteen kon val — meesterlik in ‘n hegte en musikaal sinvolle geheel gebind.

Supergroep Ladysmith Black Mambazo het Roux-verwerkings gesing, begelei deur die Engelse Kamerorkes en plaaslike musikante, met Ralf Gothóni op die podium. Gothóni het daarvoor gesorg dat ‘n gesonde balans tussen sang en musiek gehandhaaf word. Roux het self vir drie items agter die klavier ingeskuif en sy status as buitengewoon goeie jazzpianis herbevestig.

Toe die encores vir Mambazo aanbreek, het die gehoor spontaan op maat van Roux se Dona Nobis Pacem begin hande klap. Sal Dona dalk Mambazo se volgende groot treffer wees? Daarna is die gehoor letterlik stomgeslaan deur Roux se meesleurende verwerking van ’n baie ou, tradisionele Zulu-wiegelied: Uhalil’ umtwana. Die slotsang was Schubert se Heilig, heilig, heilig uit sy Duitse Mis. Robert Brooks, Artistieke Direkteur van die Fees, het by Mambazo aangesluit. Die stemmekombinasie was aangrypend. Oral het mense trane gesit en wegvee. Dit laat ‘n mens tog wonder waarom Bach se Jesu’ joy van vroeër in die program nie werklik enige impak op die gehoor gehad het nie, maar die Mozart en Schubert wel.

Ladysmith Black Mambazo se CD met al die Roux-verwerkings word vroeg aanstaande jaar internasionaal vrygestel. Dit sal beslis ‘n monument van musikaliteit wees: Mambazo s’n, die kamerorkes en gasspelers s’n, en bowenal Isak Roux s’n.

14 November 2003

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.