Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Koos innie Doos

’n Kabaret deur Anthony Costandius en Piet Oosthuizen

Koos innie Doos is ’n opwindende nuwe Afrikaanse kabaret deur Anthony Costandius, 'n sielkundige, en Piet Oosthuizen, 'n psigiater. Hul is al twee verantwoordelik vir die teks en Costandius vir die musiek.

Links: Aletia Upstairs as Monica, Koos die Apteker se vrou
Regs: Jannie Hofmeyr, as dr Anton Katarsis
Die stuk vertel die verhaal van dr Anton Katarsis, 'n sielkundige, en sy veelbewoë pasiënt, Koos die Apteker. Koos ontspoor na aanleiding van dr Manto se R26-per-voorskrif-debakel en as gevolg van die eise en geite van sy materialistiese, gierige en oppervlakkige vrou, Monica. Die stuk, wat handel oor die “ander” kant van terapeut en pasiënt wees, deel ook so ‘n paar dwarsklappe uit na die mediese/farmaseutiese węreld, asook na dr Manto, en prut oor die hele die kwessie van OK en nie-OK wees. Tussen dit als deur is daar die gewone smerigheid van die liefde en verraad en al die ander dinge wat ons menslik en broos maak.

Die stuk speel vanaf 14 tot 17 September 2005 in die Klein Libertas-teater op Stellenbosch. Regie word gedoen deur Marinda Engelbrecht en die musiekregie deur Anthony Costandius. Die hoofrol van dr Anton word vertolk deur Jannie Hofmeyr, Koos die Apteker deur Johann Engelbrecht en die rol van Pildosie, die sielkundige se assistent, deur Pieter Marais. Monica, die apteker se vrou, word vertolk deur Aletia Upstairs. Daar is 'n "live band" bestaande uit klavier, tjello, kontrabas, fluit, klarinet, sax en tuba en daar word uitgesien na 'n regte "kabaret"-klank.

Jannie Hofmeyr is ‘n ou bekende in die musiek- en teaterwęreld op Stellenbosch. Afgesien daarvan dat hy ‘n professor in biochemie aan die Universiteit van Stellenbosch is, is hy ’n klassiek-opgeleide musikant en het hy veral in die 1970’s en 1980’s bygedra tot die totstandkoming van Afrikaanse kabaret. In daardie tyd toonset hy werk van oa Hennie Aucamp, Etienne van Heerden en Ingrid Jonker. Een van sy bekendste toonsettings uit daardie tyd is “Die Lewe is ’n Grenshotel” (wat later die temalied van die Musiek en Liriek-beweging sou word). Die liedjie het, saam met nog ‘n toonsetting van hom, “Die Telemans van Weskou”, op Laurika Rauch se eerste plaat verskyn. In 1979 toonset hy ’n aantal lirieke vir en neem deel aan Hennie Aucamp se Met Permissie Gesę. Dit was die eerste volskaalse Afrikaanse kabaret. In die tagtigerjare is dit opgevolg deur die toonsetting van lirieke vir Etienne van Heerden se kabarette Onder Ekstreme Provokasie en Ekskuus vir die Wals, waaraan hy ook deelneem. Dis ook daar dat hy en Anthony Costandius mekaar ontmoet en verder saamwerk aan laasgenoemde se kabaret 3-D, ’n produksie waarvoor die regie deur Zoettje Hofmeyr gedoen is.

Sedert die destydse samewerking was Costandius eers in die onderwys, daarna ’n skoolsielkundige en is hy nou in privaat praktyk as voorligtingsielkundige. Op musikale gebied bly hy aktief en dirigeer die Kaapse Jeugkoor vanaf 1989 tot 1994 en dra ook by tot verskeie musiekproduksies aan die HTS Bellville, waar hy vanaf 1987 tot 1991 onderwys gee. In 2000–2001 is Costandius die leier van die klein sanggroep Doxa Deo, wat in gewyde musiek spesialiseer. Sedert 2003 is hy die klawerbordspeler vir die rock-orkes Bone Idol.

Na vele omswerwinge is Costandius en Hofmeyr weer saam in ’n produksie, en ons hoop dit is die begin van groot dinge. Hul volgende projek behels die opneem van liedere wat oor die afgelope 20 jaar vir verskeie kabarette geskryf, maar nooit op CD vasgelę is nie

Kaartjies vir Koos innie Doos kos R50 per persoon.

Bespreek by Die Klein Libertas-teater, Stellenbosch 021-8838164.



LitNet: 6 September 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SęNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.