Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Dié fees is ’n kalf en ’n half

Die Kalfiefees vind van 7 tot 10 Augustus op Hermanus plaas.


Jean Meiring het vir die voorsitter van die Kalfiefeeskomitee, Cas van Rensburg, gevra om te vertel van die teateraanbod by vanjaar se fees. En ook gevis of daar die een of ander bokkem agter die skerms is wat straks soutig is.


Drie spiksplinternuwe teaterstukke

Cas: Die toneelaanbod vanjaar op die Kalfiefees is besonder opwindend, omdat drie produksies hier hul premières beleef.

Vir eers is daar Jan en Jorie, ’n stuk oor die lewe van die bekende skrywer Jan Rabie en sy vrou, die skilder Marjorie Wallace. Dit is geskryf deur die jong dramaturg Malan Steyn, met Nicole Holm en haar man, Francois Toerien, in die hoofrolle. Juanita Swanepoel is die regisseuse. Sy het juis vanjaar weer eens by die KKNK ’n prys gewen vir haar bydrae tot die woordkuns.

Groot verwagtinge word voorts gekoester vir Perlemoenstories, ’n koproduksie van die Kalfiefees en Media24 se Suidoosterfees wat later vanjaar plaasvind. Werklose mense in die vissersdorpie Hawston is betrek en vir twee maande in werkswinkelsituasies gelei om nie net die drama te skryf nie, maar ook daarin te speel, die verhoogbestuur te doen, ens. Dit het plaasgevind onder leiding van die akteur en skrywer Anthony Wilson en dit is ’n projek met verreikende gevolge. Verskeie instansies is reeds daarin geïnteresseerd en daar gaan met die stuk getoer word. Perlemoenstories is boonop ’n baie tydige ondersoek na ’n vissersgemeenskap wat sukkel met viskwotas en tussendeur ’n balans moet vind tussen ’n (onwettige) uitkoms en brood op die tafel, terwyl hulle terselfdertyd besef dat die seebronne deur hul optrede bedreig word.

Die derde nuwe stuk is die van Lizz Meiring, met die titel Lippetaal. Dit is ’n ernstige drama wat handel oor ’n onderwerp waarvan die meeste mense wegskram, naamlik die dun lyn tussen jou verpligtinge as kind én volwassene teenoor jou ouers en die reg om jou eie lewe te lei. Die hoofkarakter, Una, is die enigste en “normale” kind in ’n gesin wat gehoor- en gesiggestremd is. Sy kom na jare in die buiteland terug om haar hartseer, angs en skuldgevoelens te kom konfronteer. Die titel Lippetaal is deur die bekende radiopersoonlikheid Cobus Robinson voorgestel en verwys na lippe lees, die manier waarop gehoorgestremdes verstaan wat mense praat.

Jean: En dan sien ek is Theo Kleynhans se toneelstuk Skottelgoed ook op die fees. So ook die wen-woordkunsstuk Die uurwerk kantel, wat onder regie van Juanita Swanepoel staan. En daar is die poësieprogram Jou ma se poësie. En dan bring die twee voormalige lede van die wen-musiekteaterstuk Vonk Voort! elk ’n kabaretprogram fees toe: Emile Minnie se show Emile Minnie - Live en Johann Slabbert se Nagboek.

Die volle program kan by http://kalfiefees.com besoek word.


Iets van agter die feesskerms

Cas: Die Hermanus Times-Kalfiefees was weer eens in onguns by die kerk, soos twee jaar gelede toe ’n gay dansproduksie aangebied is. Hierdie keer is beswaar gemaak teen die deelname van ’n sielkundige, Marleen de Villiers, wat gaan praat by ’n geleentheid wat deur die tydskrif Sarie geborg word. Die tema is die gesondheid van die vrou, en die bekende aktrise Wilna Snyman is die hoofspreker. Sy praat oor haar ervaring die afgelope jaar met borskanker. Me De Villiers praat oor die holistiese benadering tot gesondheid, maar die plaaslike dominee het beswaar gemaak teen die feit dat sy ook ’n Reiki-meester en ’n joga-instruktrise is. Volgens hom spruit dit uit die Boeddhisme en is dit sonde.

Die Kalfiefees-komitee het daarop besluit om die Sarie-geselsdag na ’n ander venue te verskuif.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.