Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Fourie se Baaisiekel kom Kaap toe

Een van die spogproduksies van vanjaar se Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK), Gert Garries — ’n Baaisiekel Babelas, kom Kaap toe kort ná speelvakke by die Aardklop Nasionale Kunstefees en die Hermanus Walvisfees, waar die stuk volgens alle aanduidings voor uitverkoopte sale gaan speel.

Pieter Fourie se raakvat-verwerking van twee karakters uit Etienne Leroux se omstrede roman Magersfontein, o Magersfontein! speel van 8 tot 12 Oktober in die Artscape-teater.

Fourie het twee van die mindere karakters in die roman tot hooffigure verhef en hulle word die spil waarom die gebeure draai. Anthony Wilson vertolk die rol van Gert Garries, die man met die “formidabele voël” en toegeskryfde pa van Rebekka Daisy se doodverbrande baba. Lourens Smith is Le Grange, die statusbehepte spietkop met sy gesagafdwingende wit langarm-handskoene. Hulle deel die gemeenskaplike lot om in ’n situasie te beland ver buite die grense van hul alledaagse lewe. Hul paaie kruis met dié van ’n Britse filmspan — lord Sudden, dr Fyella Amakeia Laird en ’n chauffeur uit Soweto, almal ook vertolk deur Lourens Smith. Die gehoor volg Gert Garries op sy drie dae lange fietsrit en beleef saam met hom ’n prutpot van emosies.

In ’n sekere sin is hierdie werk ’n terugkeer na Fourie se vroeëre volkstoneeltreffers soos Faan se Trein, Faan se Stasie, Mooi Maria en Die Proponentjie. Resensente by die KKNK en Volksblad-kunstefees het die stuk onderskeidelik beskryf as ’n “Suid-Afrikaanse gelykenis” en “teater vir Jan Alleman”.

Die produksie se gewildheid blyk uit die tempo waarteen die kaartjies tans vir die speelvak by Aardklop verkoop word. By die KKNK het die toneelstuk voor uitverkoopte sale gespeel, en was dit tydens sy speelvak elke dag bo-aan die Krit se lys van Top 5-produksies.

Regie en ontwerp is deur Marthinus Basson; die assistentregisseur is Gaerin Hauptfleisch.

Die stuk speel ook van 3 tot 5 Oktober by die Hermanus Walvisfees.

  • Besprekings vir Gert Garries — ’n Baaisiekel Babelas se speelvak in die Artscape-teater open op Maandag 16 September 2002.
  • Besoek Computicket of skakel Artscape Bel-’n-sitplek by (021) 421 7695.

    Uitgereik namens Rooderandt Produksies 12 September 2002

    Navrae: Pieter Fourie, Rooderandt Produksies, Tel. 044 272 4820

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.