Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kloon jou hier, kloon jou daar, en siedaar

Ingrid Lehmensich

Fuse
Met: Andrew Buckland, Daniel Buckland en Mongi Mthombeni
Regie: Janet Buckland
Die Barney Simon-teater, Markteater
Tot 28 Novermber 2004.

"Dis nou wat mens teater noem," het my aktrise-vriendin Fiona gefluister en haar lekker in haar stoel uitgestrek. Ons sit in die Barney Simon by die Markteater en kyk Andrew Buckland se jongste show, Fuse.

Wel, mens kan seker nie 'n fout maak as jy een van Buckland se teaterstukke gaan kyk nie. Hy's darem maar net die koning van fisieke teater!

Fuse is 'n apokaliptiese komedie wat in die jaar 2136 afspeel. Dis 'n sci-fi whodunit-riller oor die einde van die wêreld.

Die stuk vra wie die man dan is wat met die dodelikste virus denkbaar die raadsaal van die grootste internasionale biotegniese maatskappy wat dit ontwerp het, soos 'n suicide bomber binnestorm en dit loslaat. Hy self gaan dood, die raad word uitgewis, die hele gebou word binne minute geïnfekteer, die stad in ure en die hele planeet binne weke. Kort voor lank is almal dood. Wat het hierdie man gedryf om dit te doen?

Gelukkig is daar diep onder in die kelder twee laboratoriumrotte wat ondervinding het van kloning en genetika en gou-gou kloon hulle vir Phil, die man wat na hulle gekyk het, wat hulle grootgemaak het en na hulle omgesien het.

Deur die kombinasie van visuele komedie, politiese satire, hansworsery, fisieke teater en mimiekkuns bewys Buckland, wat ook die stuk geskryf het, weer eens watter meester hy is.

Saam met hom in die span is sy seun Daniel, en Mongi Mthombeni. Die veelbekroonde Janet Buckland (The Ugly Noo Noo, Between The Teeth, en The Water Juggler) het die regie behartig.



LitNet: 13 November 2004

Wil jy reageer op hierdie inligting? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.