Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Uys naai voort, maar is sy steek weg?

Francois Tredoux

 

The End is Naai
Met: Pieter-Dirk Uys
Theatre on the Bay
Tot 31 Julie.

Pieter-Dirk Uys is lankal ’n ikoon van die Suid-Afrikaanse teaterwêreld. En dis gepas so, want hy’t amper eiehandig gesorg dat satire deel van die politieke landskap geword het. Ikoonstatus is egter ’n swaard met twee snykante. En dié dubbelkantigheid is duidelik te sien in The End is Naai, wat tans by Theatre on the Bay speel.

Die status van heldhaftige bespotter van al wat magsfiguur en -instansie is, sorg dat daar gehore is om die venue vol te maak. Dit sorg ook dat die boodskap – dat geen regering toegelaat mag word om sonder teëspraak sommer te doen wat dit goeddink nie – by die gehore posvat. En dis ’n belangrike boodskap – dit moet gehoor word. Dis ook belangrik om te sorg dat die verlede, wat mense geneig is om vinnig te wil vergeet, altyd in die kollig bly – soos dit hoort in hierdie land, waar jongmense wat nou kan stem, nie weet hoe om apartheid te spel nie.

Pieter-Dirk Uys is ’n ou meester hiermee. Hy het ’n paar issues wat vir hom belangrik is, en waaraan hy gestalte gee in sy eenmansvertonings. Hy sal nie toelaat dat ons vergeet van PW Botha nie. Of van Pik Botha nie. Of van MIV en die huidige regering se hande-vou-en-wag-vir-’n-alternatiewe-oplossing-houding jeens die epidemie nie. En hy gebruik die feit dat sy gehore na hom luister. Maar is dit die regte gehore? Is die mense wat na Theatre on the Bay kom vir ’n P-D Uys-vertoning, nie klaar die “semi-converted” nie? En ek sê “semi”, want Saterdagaand se (grotendeels wit) gehoor het die hardste gelag vir dié sketse wat swart regeringslede se swakhede of stommiteite uitlig.

Die ander kant van die swaard, wat terugsny, is die feit dat Uys al vir soveel jare met hierdie einste “roadshow” besig is. Dit het weliswaar oor die jare heen ander titels gehad. Van die karakters het langs die pad van die wa af geval soos wat hulle alter ego’s se politieke mag verminder of verdwyn het. Maar dis in wese dieselfde vertoning.

Maak geen fout nie: Uys is goed. Die verandering van P-D Uys na enige van die ander karakters, sommer daar op die verhoog, deur net ’n ander hemp aan te trek, of vals wimpers of ’n snor aan te sit, is nog steeds merkwaardig. Maar baie van die sketse het nie fut nie. Ons het al genoeg gesien hoe Manto Tshabalala-Msimang voorgestel word as ’n groenteverkoper. Dis nie meer snaaks nie – alhoewel dit nog steeds skreiend is.

Daar is sketse wat beter werk as ander: Grace Mugabe maak mens se bloed yskoud met haar “entitlement”-kinderrympie; Pik Botha wek simpatie met sy pogings om in aller yl nog steeds in die kalklig te wees; Nowell Fine is … ja, wel, nog steeds een van my gunstelinge met haar onbedoelde filantropie; en Kader Asmal is ’n uitstekende nuwe toevoeging tot die lysie.

Die oorheersende gevoel wat my bybly na die vertoning, is egter een van “been there, done that”. Dis seker my verdiende loon omdat ek ’n aanhanger van ’n ikoon is.



 

LitNet: 16 Julie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

 

 

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.