|
|
Dramabiblioteek n noodsaakJean Meiring
Die verhoogtekskompetisie wat hulle in die lewe geroep het en borg, en wat vanjaar sy eerste lewe beleef het, het na berig word, suksesvol verloop. Byna n honderd tekste is ingeskryf; sewe is met louere uitgesonder. Sewe nuwe opvoerbare stukke in Afrikaans is n prestasie waaroor niemand haar neus sou wou optrek nie. Trouens, dis n groot prestasie. Dat die kompetisie n ou Griek bekroon en geen nuwe Turk van onder n maatemmer uitvee nie, is nie noodwendig ernstige kritiek nie. Daar is genoeg onbekende name onder die presterende uitgesonderdes om teatergangers opgewonde te maak. Daar kan (en behoort ook) baie oor die afgelope kompetisie besin (te) word om n goeie ding nóg beter te maak. Dít gebeur wel. (Sien OpStage passim.) Maar die een stukkie nuus of waarskynlik eerder in-die-vooruitsig-stellery wat my veral opgewonde stem, het ek êrens (byna weggesteek) aan die einde van n nuusberig in Die Burger gelees. En dit is dat die Nagtegaal-egpaar, n herrese meneer en mevrou Maecenas, beplan dat daar mettertyd (stellig) op Oudtshoorn n databank van die ingeskrewe toneelstukke ingerig en opgebou word. Sodat toneelgeselskappe en individue in die toekoms tekste daar kan soek. Tekste daar kan lees, bespreek, kritiseer? My gedagtes gaan onwillekeurig na die pragtige Poetry Library, wat as deel van die Royal Festival Hall-kompleks op die opnuut trendy en vibrante suidelike bank van die Teems een van die blinkste sterre in Londen se belletristiese kroon is. Dié biblioteek is in 1953 ingerig en het vele omswerwinge onderneem voordat dit in 1988 in die Royal Festival Hall-kompleks n intrek geneem het. Dit huisves twee kopieë van elke digbundel wat sedert 1912 in Brittanje gepubliseer is, en ook talle buitelandse digbundels, oorspronlike werke in Engels en ook vertalings uit die wêreldletterkunde. Een kopie word vir navorsingsdoeleindes altyd op die rak gehou, en n ander mag deur ingeskrewe lede geleen word. Vandag bevat dit byna 80 000 bundels; so te sê elke land in die wêreld word verteenwoordig. Ook bevat dit baie materiaal wat andersins moeilik opgespoor sou kon word: little magazines, geleentheidspamflette, koerantknipsels, noem maar op. Gesien die tragiese feit dat bitterweinig Afrikaanse drama- en kabarettekste enigsins meer gepubliseer word, is so n databank van dramatekste n uitmuntende idee. Maar, sou ek die Nagtegaals aanraai, dink gróót. Maak dit n dramabiblioteek geskoei op die Poetry Library in Londen. (En vermy tog ten alle koste die onpoëtiese woord databank.) Laat die dramabiblioteek gaandeweg wyer as net die kompetisie-inskrywings self strek. Versamel die waarskynlik meer as n honderd nuwe tekste wat oor die afgelope dekades uit die AKTV Tienertoneeltoneelkompetisie gespruit het en waarvan talle baie goed is en wat ongepubliseer êrens in n laai of legger stof opgaar. Versamel ook die honderde nuwe tekste wat oor die afgelope byna tien jaar vir die Klein Karoo Nasionale Kunstefees en die Aardklop Nasionale Kunstefees geskryf is. Ook die talle ou Afrikaanse toneeltekste dikwels wel van twyfelagtige kwaliteit wat uit druk is. En waarom dit tot net Afrikaanse tekste beperk? Laat dit groei tot iets groter en meer omarmend. Sodoende sal aspirant-teksskrywers goeie en minder goeie tekste kan lees, en in die proses leer. Regisseurs en vervaardigers sal tekste vir produksies kan soek. En navorsers sal AARS! of Spanner of bob-bok staan styf te lese kan kry. Die wankelrige (Suid-) Afrikaanse kanon sal dus bestendig word. Die intertekstualiteit waarna Salomi Louw, een van die beoordelaars van die eerste kompetisie, elders in OpStage vewys as n tipiese kenmerk van n suksesvolle teks, sal sodoende gestu word. Hoe kan n skrywer intertekstualiteit pleeg as nóg sy nóg haar gehoor toegang tot ander tekste het? Dié dramabiblioteek moet natuurlik of vernaam n elektroniese sy hê: Sodoende kan lede, wie se niebuitensporige ledegeld die koste van die projek sal help dra, in die kleinste uithoekies van die land in hul eie studeerkamers toegang tot die biblioteek hê. Ja, klein begin ... Maar mettertyd sal so n biblioteek die tuiste kon word van rehearsed readings, teksskryfwerkswinkels, n kompetisie tydens die KKNK vir kort komiese sketse. Die moontlikhede is soos n goeie (?) hoërskoolredenaar sou sê legio ... |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |