Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Six Capetonians perform in Liverpool

Six Cape Town youths are representing South Africa at an international street festival in Liverpool.

They are Siena Alexander, Vusumzi Dyanti, Jackie Manyaapelo, Julio Louw, Nanzi Nojilana and Ndzondelelo Naewele. They are among 150 young artists representing 20 countries.

Artscape picked the troupe of young performing artists from various communities as part of an arts exchange programme between SA and Britain. A group of students from Britain were in Cape Town in February to perform a multidisciplinary piece in the V&A Waterfront.

The Merseyside International Festival was set up in 1990 to unite young people from different, largely European, countries in an annual entertainment jamboree.

This year’s theme is Cultural Diversity.

Kapenaars kry Edinburgh gou aan die lag

Die bekende Kaapse grapkas-kontingent, die Cape Comedy Collective (CCC), tree vanjaar vir die eerste maal die lagspierleeukuil binne: hulle tree vir die eerste keer op by die Edinburgh Randfees, sekerlik die komediewęreld se topforum.

Dis ’n groot sprong vorentoe. Suid-Afrikaners word vir lank reeds in die buiteland as humorloos en stug gestereotipeer.

Die vyftal wat optree, verteenwoordig iets van die verskeidenheid van Suid-Afrika: hulle is Mark Sampson, Kagiso Lediga, Melanie Jones, Riaad Moosa en die rapkunstenaar Sky 189.

Lediga, wat verlede jaar die People’s Choice-toekenning verower het by die Smirnoff Internasionale Komediefees, is ook bekend en bemind vir sy optredes in The Phat Joe Show. Riaad Moosa weer is ’n mediese dokter. Sampson is ’n Brit wat vir etlike jare reeds in Suid-Afrika woon, en wat die CCC in die lewe geroep het.

Die fees duur van 30 Julie tot 25 Augustus.

Besoek die Edinburgh Randfees by www.edfringe.com.

Crossing driftig op die Bos

Die Makendast Teatergroep bied van 31 Julie tot 2 Augustus Crossing (’n vertaling van Drif), een van Reza de Wet se vernaamste dramas, by die Klein Libertas Teater aan. Floyed de Vaal is aan die stuur.

Twee susters, Hermien en Sussie (Erica Wessels en Leigh Graves), wat as baantjie drenkelinge rivier uit vis en hul vertrekkende siele tot bedaring bring, word meteens geteister deur die gees van ’n jong vrou wat nog nie gereed is om haar laaste rivierkruising te onderneem nie.

Sy dring aan op die hervertelling van die gebeure wat haar tragiese einde voorafgegaan het. Só verskyn die eksentrieke Maestro (vertolk deur die Fleur du Cap-wenner, Andre Weideman) en die verlore jongeling Ezmerelda (vertolk deur die Vita-wenner, Jenny Stead) op die toneel.

Seksuele afhanklikheid en emosionele afpersing is aan die orde.

Crossing is pas terug van die Nasionale Kunstefees in Grahamstad. Vertonings op al drie dae begin om 20h00.


Slang se kind in Snor City

Gesplete Tong deur Schalk Schoombie, en finalis in vanjaar se eerste Nagtegaal-Teksskryfwedstryd, word van 30 Julie tot 9 Augustus in die Rendezvous-teater by die Spoornet Staatsteaterkompleks opgevoer. Dit staan onder regie van die skrywer.

Die veteraan-aktrise Rika Sennett en Gideon van Eeden (van Egoli-faam) speel daarin.

Vertonings begin om 20h00. Kaartjies kos R60 en is deur Computicket beskikbaar.

Blokbesprekings (R50 elk vir 10 of meer mense) kan deur die bemarkingsafdeling van die Staatsteater by (012) 392 4000 gemaak word.

Vir die vertoning op Maandag 4 Augustus kos kaartjies R30 vir studente.

Augustus 2003

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.