Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die maer man met die groen trui se woorde

Naomi Maartens

Om ’n (goeie) boek in ’n fliek te omskep, bly ’n risiko. Dieselfde geld vir die toonsetting van ’n gedig. Laasgenoemde dra reeds musiek in homself en hoe gemaak dat die een musiekvorm nou nie die ander verdring nie?

Twaalfuur middag stap ons die SANW-ouditorium binne vanuit die helder sonlig en die atmosfeer is dadelik dié van ’n laatnag-teater: intiem, rokerig en skemer. Die middeljarige gehoor om my weet nie wat op hulle wag nie.

En toe oorweldig hulle ons: Steve Hofmeyr, Valiant Swart, Johannes (Kerkorrel), Amanda Strydom, Laurinda Hofmeyr, Mynie Grové, Anton Goosen, Lize Beekman en die klanke van Brasse vannie Kaap.

Sal ek Breytenbach gaan lees voordat ek vanmiddag my bagasie tuis neersit? Sal ek agterna deur die skares beur om die violis te vra hoe hy so hartstogtelik in die agtergrond kon fiddle? Was ék dan nie die een wat nie noodwendig ooghare vir een of twee van die sangers in hul vorige stadiums gehad het nie — en nou het hulle my voete onder my uit? Die musiek is te hard en dis wonderlik!

Wee die een wat nog kla dat Afrikaanse musiek onluisterbaar is. Hierdie was groots.

Ten slotte sit ek nog verstar en luister hoe die saal stil word van die tril van luidsprekers, toe ’n vrou agter my aan haar vriendin noem: “As ek geweet het dit gaan so ’n lawaai wees, het ek Stoepstories gaan luister.”

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.