Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Boetie gaan Pretoria toe

Braam van der Vyver

My Boetie se Sussie se OuMy Boetie se Sussie se Ou
Staatsteater, Pretoria
Regisseur: Pierre van Pletzen
Met: Tobie Cronjé, Neels Coetzee, Hennie Baird, Karin van der Laag, Heidi Mollentze, Hannes Brummer en Minette Smit.
Speelvak: Februarie 2004 tot Junie 2004





Vir die afgelope twee dekades vermaak Pierre van Pletzen al gehore regoor die land met sy treffer-klugte. Vanjaar se stuk is geen uitsondering nie. My Boetie se Sussie se Ou is ’n meesterstuk uit die pen van die ou hand Ray Cooney, wat deur Van Pletzen vertaal en verwerk is. Soos met verlede jaar se produksie van My Vrou se Man se Vrou is Van Pletzen weer die regisseur.

Van Pletzen is nie net ’n geswore perfeksionis nie, hy het ook ’n fyn oog wanneer dit by die keuring van komiese akteurs kom. Die akteurs met wie hy hierdie nuwe stuk aandurf, pas volmaak in hulle rolle.

Tobie Cronjé, wat in verskeie van Van Pletzen se ander klugte te sien was, anker weer die produksie. Hy lewer vanjaar ’n wêreldklas vertoning wat nie misgeloop behoort te word nie. Benewens die feit dat hy vir komedie geskape is, is Cronjé se komiese tydsberekening net eenvoudig voortreflik. Hy gee ’n duiselingwekkende pas aan; wonder bo wonder hou sy mede-akteurs by.

Die verhaal draai weer, soos met verlede jaar se produksie, om die Londense taxi-bestuurder John Smith, wat twee huwelike aan die gang hou. Cronjé is in die rol van Stanley Gardner, Smith se slordige loseerder. Hendrik Baird fladder vreesloos deur die moeilike rol van Smith. Hy laat hom nie intimideer deur die teenwoordigheid van ’n komiese reus soos Cronjé op die verhoog nie en lewer ’n kompakte, effektiewe vertoning.

Wat Smith se twee vroue betref het Cooney waarskynlik nie genoeg in die oorspronklike teks gedoen om hulle rolle te differensieer nie. Van Pletzen korrigeer die probleem deur aktrises met uiteenlopende style vir die rolle te gebruik. Karen van der Laag en Heidi Mollentze vaar altwee uitmuntend in hulle onderskeie rolle.

Neels Coetzee is ook weer op sy pos. Hy is een van die mees alsydige akteurs op die Suid-Afrikaanse verhoog en het in die verlede al vir van die snaaksste insidente in Pretoria se klug-geskiedenis gesorg. (Diegene wat al ’n pad saam met die klug geloop het, sal onmiddellik terugdink aan die toneel met die daggakoekies.) Dié keer is hy Dêda, Stanley se seniele ou pa. Wees verseker dat Dêda geen wag voor sy mond het nie.

Die twee jonger spelers, Minette Smit as John se dogter Vicky, en Hannes Brummer as sy seun Gavin, laat nie op hulle wag nie; hulle hou die ooms en tannies goed besig.

My Boetie se Sussie se Ou is uit die stal van Kookoo Produksies. Dis dieselfde maatskappy wat verlede jaar die kasregisters met My Vrou se Man se Vrou laat kreun het. Die vennote in Kookoo Produksies is Sean Else van Eden-faam, Elzabé Zietsman, die doyenne van Afrikaanse kabaret, en Theresa du Preez. Dié drietal het saam genoeg ondervinding van die teaterwese om die finansiering en produksie van so ’n trefferklug baas te raak. Hulle sorg vir ’n voortreflik professionele produksie: alles werk, veral Theresa se mediaskakeling, wat seepglad verloop.

So wat is my bevinding? My Boetie se Sussie se Ou is die volgende in die reeks van trefferklugte uit die Pierre van Pletzen-stal. Hoewel die klug nie in almal se smaak val nie, dra dié produksie die stempel van meesterlike vakmanskap. Dit is eintlik jammer dat die talent van Van Pletzen, Cronjé en Coetzee nooit op die wêreldverhoë uitgestal is nie. Hulle sou sekerlik met die bestes kon meeding.

Besprekings kan by Computicket gedoen word. Die speelvak is reeds byna uitverkoop.



9 Maart 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.