Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ballie, maak jou bek oop

Carin van Vuuren

Balle
Teks: Saartjie Botha
Regie: Christine Truter
Spelers: Neels van Jaarseveld, Nina Swart, Altan Ungerer en Lorraine Burger
By die Volksbladfees in Bloemfontein
Julie 2004

Na die groot gewag wat van dié stuk gemaak is, is ek teleurgestel. Ek het gevoel dit het nie veel om die lyf nie en die situasie is nie volledig ontgin nie.

Balle speel af in 'n potspelkamer van 'n kroeg: die heiligdom van die fanatiese potspelspelers wat niemand op hul terrein duld nie. Een man is ongetroud en die ander is ses jaar reeds getroud, en op die punt waar die sewejaar-jeukerigheid begin kop uitsteek.

Die vergelyking tussen die lewe en 'n potspel waarin mense soos balle rondgestamp word en waarin jy die bal moet speel soos hy lê, is duidelik.

Hul praatjies oor rugby en ander onbenullighede word onderbreek wanneer die een se eggenote en die ander se meisie van etlike jare opdaag. Hul ergernis groei met die onderbreking en die vroue se onkunde oor die spel.

Dis egter 'n simptoom van dieperliggende probleme in die verhoudings. Die enkellopers is beide onwillig om tot trou te kom, en die getroudes besef hul huwelik is in gevaarwaters, maar die kans om uitmekaar te gaan is deur 'n moontlike swangerskap in die wiele gery.

Die dialoog is skerp, maar is nie altyd hoorbaar oorgedra nie. Die stuk word baie realisties aangepak, wat daarop neerkom dat die spelers dikwels met hul rûe na die gehoor speel. Dit behoort egter deur die spelers in aanmerking geneem te word en vereis projeksie en duidelike artikulasie van hulle. Ongelukkig kom hulle nie hier die mas op nie, sodat baie verlore gaan.

Die stuk se ontwikkelingslyn is ook swak en eentonig, met geen krisis of klimaks nie, en die ontknoping is flou.

Die spelers skep goeie karakters waarmee die jonger gehoorlede identifiseer. Hulle het ook die kwinkslae geniet wanneer hulle dit kon hoor. Dis 'n interessante idee en die onderwerp is relevant, maar dis nie ten volle ontgin nie. Baie van die gehoorlede het gevoel soos muurblomme in 'n potspellokaal wat net hier en daar 'n woord van 'n gesprek kon vang en maar hulle eie afleidings moes maak. Hulle het dus nie 'n baie bevredigende teater-ervaring gehad nie.



LitNet: 30 Julie 2004

Stem jy saam? Stuur reaksies op hierdie stuk na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.