Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Nou moet ons maar vorentoe kyk …

Blou Bul Braampie

Teen die agtergrond van die grootste rugby-onreg wat sedert die einde van die apartheidsera in Suid-Afrika gepleeg is, is die Springbokspan toe aangekondig. Die span lyk op sigself nie sleg nie.

Die agbare Springbokafrigter, Rudolf Strooihalm, het toe maar besluit om sy lyf Judas te hou en vir Cronjé en Davids uit die span uit te laat. Davids was in elk geval nie ’n ernstige kandidaat nie. Ek verwag dat die lasteraksies hierdie week kophoogte gaan rondvlieg. Ek weet van minstens twee radiostasies hier in Gauteng wat solank maar hulle tjekkies kan pos vir die Geo Cronjé Wêreldbekerfonds. Die Argus sal waarskynlik die kern van die fonds voorsien, nadat die koerant versuim het om die wolhaarstories uit die binnekringe behoorlik te ontleed.

Kom ons kyk na die span. Strooihalm en sy bende het wyslik besluit om al die hospitaalgevalle weg te laat. Die enigste spelers wat ongelukkig kan voel, is Jaco van der Westhuyzen en Brent Russell. Toevallig is beide van hulle substituut-losskakels. Ricardo Loubser, wat wel gekies is as alsydige agterspeler, kan nie losskakel speel nie. Wat sou gebeur as Koen nie teen die Engelse iets uitrig nie? Hougaard is weliswaar die grootste talent in die span, maar Strooihalm en die keurders het in hulle onvolmaaktheid besuit om hom nie in die Drienasies te laat speel nie. Niemand kan nou vir Hougaard blameer as hy nie sy voete vind nie. Hoewel Werner Greeff op losskakel kan diens doen as die nood druk, sal dit nou weer ’n leemte op heelagter laat. En hoekom het Strooihalm so lank met André Pretorius volhard? Sou Butch James nie ’n beter opsie gewees het nie? Vir hom het die woord besering immers net een betekenis en dit is dat sy opponent die veld verlaat.

Russell bly die gevaarlikste impakspeler in die land. Sy vrotsige verdediging sluit hom uit as ’n lid van die beginspan. Dit is egter in die laaste 15 minute wat hy soos ’n vlakhaas kan rondhardloop en chaos onder die opponente veroorsaak. Ek neem aan Russell en Van der Westhuyzen is seker maar regstellend geoffer.

In die geheel gesien lyk die agterspelers egter goed. Met Marius Joubert se besering is daar niemand wat werklik ’n lyn kan breek nie, maar met die multifase-rugby wat deesdae gespeel word, is dit nie die einde van die wêreld nie. Joost se insluiting sal ook verseker dat die jonger manne se koppe nie uithaak nie.

Voorlangs lyk ons skrumkrag verdag. Die slag van Perth (18 Oktober teen Engeland) sal, soos die meeste rugbywedstryde, voor beslis word. Dit sal nie help om die geoefende Engelse pak te probeer papskrum nie. Ek dink nie die Bokke het genoeg eerlike skrumwerkers om die Engelse pak in toom te hou nie. Dit is hier waar Geo Cronjé ’n belangrike rol in die beginspan gehad het. Die losvoorspelers, wie ook al gekies word, sal hulle koppe in die oond moet hou om te verhoed dat ons die hele tyd op die agtervoet speel.

Dale Santon en Danie Rossouw moet as definitiewe rooikaartrisiko’s beskou word. Ek is bly Rossouw het die span gehaal, maar hy sal homself in toom moet hou. Sandton het in die Supertwaalf bewys dat sy humeur hom in die moeilikheid kan kry. Die weglating van Pedrie Wannenburg ten gunste van Schalk Burger jr is ewe onverklaarbaar. Wannenburg is vir ’n volle seisoen grootgemaak vir die Wêreldbeker - nou word hy soos ’n warm patat uitgelaat. Ek dink daar is dalk te veel vlinders onder die losvoorsplers, maar net die tyd sal leer of hulle bereid sal wees om die Rose met kontakrugby aan te durf.

Ten spyte van al die twyfelagtige keuses beskik die span tog oor ’n struktuur waarvan ek hou. TV-kommentator Kobus Wiese het die span kwaai afgekraak. Tog dink ek dat die span in sekere opsigte sterker is as die een waarmee Kitch Christie die Wêreldbeker gewen het. Die ambulansgevalle is weggelaat, asook diegene oor wie se verdediging daar kommer was. Dit is egter interessant dat al die individuele uitblinkers in die afgelope paar toetse weggelaat is. Dink maar aan Jaco van der Westhuyzen, Brent Russell en Geo Cronjé. Net die ysterman De Wet Barry het hierdie valbyl oorleef.

Nou moet ons maar vorentoe kyk en hoop vir die beste. Sonder Marius Joubert en Geo Cronjé lyk dit op sig of ons nie die halfeindronde sal sien nie. ’n Wêreldbekertoernooi is egter ’n eiesoortige verskynsel wat sonder uitsondering nuwe helde na vore sal bring. Wie hulle gaan wees, sal nog gesien moet word.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.