Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Bafana Bafana se kanse

Marcus Low

Suid-Afrika is in ’n groep saam met Spanje, Slowenië en Paraguay. Om na die tweede ronde deur te dring, gaan ons waarskynlik teen twee van hierdie spanne moet wen. Vier jaar gelede, in Frankryk, het ons nie een wedstryd gewen nie.

Aanvanklik het dinge maar ongunstig gelyk vir die Bafana Bafana. By die Afrika-beker het hulle reeds in die kwarteindronde uitgeval. Sedertdien het die afrigter Carlos Queiroz bedank, of was hy dalk afgedank, en is Jomo Sono as afrigter aangewys. Skaars die ideale voorbereiding.

Maar Sono ken sy storie. Hoewel die spelpatroon nog ’n bietjie sukkel, veral in die middelveld, lyk dinge al beter, soos die onlangse oorwinnings teen Skotland en Turkye getuig.

Oor die kwaliteit van ons spelers is daar min twyfel. Benni McCarthy skop doel na doel vir sy Portugese klub, Porto. Sibusiso Zuma by Kopenhagen, Quinton Fortune by Manchester United en Siyabonga Nomvete by Udinese in Italië, is net ’n paar van die ander in die Bafana-span wat op die hoogste vlak meeding.

Die vraag is egter of Sono hierdie talent in ’n suksesvolle span kan omskep. Met sy strategieë sal hy ook moet vergoed vir ons tekort aan sterk spelers in die sentrale middelveld. In onlangse wedstryde het die Bafana gesukkel om hierdie deel van die veld te beheer.

Hoewel hy dit nie sal erken nie, sal Sono waarskynlik tevrede wees met ’n plek in die tweede ronde. Dit sal ’n prestasie in sigself wees om bo Slowenië en Paraguay te eindig. Indien die Suid-Afrikaners deurdring, sal hulle waarskynlik in die tweede ronde teen Duitsland of Kameroen te staan kom. Enigiets meer is wensdenkery.

Ek wil graag optimisties wees, maar die sokkerwêreld is effens meer kompeterend as dié van rugby en krieket. In die wêreldbeker is ons maar net nog een van 32 spanne van die hoogste kwaliteit.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.