Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Huis toe, meneer Beckham!

Marcus Low

Van tyd tot tyd wankel die mensdom op die rand van tragedie. Die druk van ’n knoppie, die neem van ’n besluit, kan ons manier van leef fundamenteel verander.

En toe kom Vrydagoggend. Hoe naby was ons regtig? Maar die heroïese spel van Ronaldinho het die nagmerie laat wyk. Die Engelse, onder leiding van David Beckham, is huis toe. Die integriteit van die wêreldspel leef voort. Vir nog vier jaar is ons veilig.

Brasilië se oorwinning het hulle die titel van gunstelinge laat kry. Hulle sal te staan kom teen Turkye, wat vir Senegal, Afrika se laaste hoop, uitgeskakel het.

In die ander semifinaal gaan Duitsland teen Suid-Korea te staan kom. Die Duitsers was gelukkig om teen die goed-georganiseerde VSA-span te wen. Hulle lyk nie baie oortuigend nie, maar na alles is dit uitslae wat saak maak.

Die Koreane se tog na die finaal was ietwat meer kontroversieel. Teen beide Italië en Spanje het swak beslissings deur die skeidsregter die Koreane bevoordeel. Hulle werk hard en speel met passie, maar verdien nie regtig om nog in die toernooi te wees nie.

Die verskil tussen wen en verloor is só klein dat een swak beslissing deurslaggewend kan wees. En in ’n reeds onvoorspelbare Wêreldbeker voel ’n mens dat enige iets nog kan gebeur. “A simple twist of fate.”

Een laaste beginsel wag nog om weerlegging. Dit is dat die Wêreldbeker altyd deur een van die sokkerreuse gewen word. Volgens hierdie beginsel sal Brasilië of Duitsland die beker wegdra. Maar ook hierdie vastigheid kan onder ons uitgevee word. Eindelik kan ’n mens maar net terugsit, die spel geniet, en kyk wat gebeur.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.