Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Spelers en spanne om voor uit te kyk

Marcus Low

Elke vier jaar word nuwe legendes gebore, en lig iemand die sokker-wêreldbeker. ’n Span word aangewys as die beste ter wêreld in die grootste sport op die planeet. Op 30 Junie is dit weer sulke tyd. Dié maandlange sokkerfees skop dus op 31 Mei af.

Die gunsteling is Argentinië, wat met hul vloeiende en aantreklike spel die Suid-Amerikaanse kwalifiserende rondtes oorheers het. Hou gerus die oë oop vir die ervare doelskieter Gabriel Batistuta en die uitmuntende Hernan Crespo.

Die huidige wêreld- en Europese kampioene, Frankryk, se kanse lyk ook goed. Met spelers soos Zinedine Zidane, David Trezeguet en Thierry Henry, het hulle amper té veel goeie spelers. Hulle spel bied egter nie altyd opwindende kykstof nie. Anders as die Franse rugbyspan, is hul sokker relatief konserwatief.

Derde op ons lys is die Brasiliërs. Hoewel dié ‘Samba Boys’ ’n teleurstellende 12 maande agter die rug het, is hul potensiaal onmiskenbaar. Die lank beseerde Ronaldo behoort weer fiks te wees, en saam met Rivaldo en Ronaldinho kan hulle enige span laat les opsê.

Italië het waarskynlik die beste verdediging in die toernooi. Let gerus op na Paulo Maldini en Alessandro Nester se selfversekerde keerwerk. Voorlangs sal Christian Vieri hard probeer om die goue toks (vir top doelskieter) in te palm.

In die vyfde en sesde posisies, het ons die sokkerwêreld se tradisionele onderpresteerders, Spanje en Portugal. Beide spanne speel aantreklike sokker en laat die bal die werk doen. Die Spaanse doelskieter Raúl en die Portugees Luis Figo, is die spelers om dop te hou.

Kameroen gaan waarskynlik Afrika se sterkste aanslag bied. Die Leeus, wat die laaste twee Afrika bekers ingepalm het, is in ’n groep saam met Ierland, Duitsland en Saudi Arabië. Met hul sterk, dog tegnies-vaardige spel, kan Kameroen dit ver bring. Baie sal afhang van die doelskieter Patrick Mboma. Ons eie Bafana Bafana se kanse lyk egter nie te goed nie.

Onoortuigende en wisselvallige spel maak dat Duitsland en Engeland hierdie keer nie onder die gunstelinge is nie. Hoewel ’n mens nie sommer die Duitsers wil afskryf nie, is hulle skaars ’n skadu van die 1990 wenspan. In die Duitse span gaan die middelveld-generaal Michael Ballack ’n kardinale rol speel, en vir die Engelse gaan baie afhang van David Beckham en Michael Owen.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.