Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die slagting van Loftus

Blou Bul Braampie

As een van die arme donners wat verlede Saterdag R300 moes opdok om die slagting van Loftus te beleef, kan ek nie anders as om die nuwe week suur-suur te begin nie. Om sake te vererger het ek nog boonop vooraf ’n wenk van my rugbyprofeet-pel, Nico Jordaan, gehad dat die Bokke se wiele lelik gaan afkom.

Corné Krige het weer na die fiasko met die ou storie van “Moenie paniekerig raak nie” vorendag gekom. Wat hy eintlik wil sę is: “Moenie paniekerig raak nie. Ek het gekyk. Die geld is in my tjekrekening inbetaal.” Vir ’n wedstrydfooi van R75 000 het die meeste Springbokke nie veel meer gedoen as om uit die bed uit op te staan en hulle stewels vas te maak nie. As betaling volgens prestasie geskied het, moes die meeste van die agterlynspelers nie meer as R75 gekry het nie.

Dis in stryd met my lewensfilosofie om ’n ou te skop as hy lę, maar met die agbare Springbokafrigter, Rudolf Strooihalm, het ek ’n appeltjie om te skil. Wie op dese aarde, mnr Strooihalm, het vir jou laat verstaan dat Rudi Joubert ’n internasionale agterlyn kan afrig? As jy dink die vraag is onredelik, kyk gerus weer na die video van verlede Saterdag se wedstryd. Hel, dit was R600 se beproewing vir die prys van R300. Van die verdedigingspatroon waarvan ek verlede week geskryf het, was daar geen sprake nie. Never mind die patroon, van behoorlike tackles was daar weinig tekens by die manne in groen en goud te bespeur. Dis die Men in Black wat die plettervatte uitgevoer het.

Toe ek twee weke gelede geskryf het die Bokke se donkerste uur is nog nie verby nie, moes ek vir die gelag betaal toe die Bokke die Wallabies onder stof loop - dit ten spyte van die feit dat ek dit duidelik gestel het dat ons dalk nog met die onsekere Wallabies kan afreken. Ek het my selfs deur my gespreksgenote laat oortuig dat die Bokke die All Blacks kan baas raak. Nadat ek die hele week oor die wedstryd gewik en geweeg het, en die spanne as gevolg van beserings en afrigterspraatjies kort-kort van gestalte verander het, het ek op die Saterdagoggend van die wedstryd in ’n rugbyraai die volgende telling ingevul: All Blacks 25, Suid-Afrika 22. Ek het die hele tyd geglo dat ons oor genoeg skietgoed beskik om die All Blacks in toom te hou. Wat ’n flater!

Wat nou? Vir die Bokbestuur bly daar net een gooi van die dobbelsteen oor. Kies Derick Hougaard op losskakel en kyk of die jong ster nie die Bokke se geluk kan laat draai nie. Om Hougaard tot sy reg te laat kom, sal Joost saam met hom gekies moet word. Dit is die skrumskakel wat hy vertrou en dit is die skrumskakel saam met wie hy sukses behaal het.

Ek weet die kritici smag na Joost se kop op ’n skinkbord. Ek stem saam hy was verlede Saterdag onnatuurlik stadig by die breekpunte. Die rede daarvoor was egter die buite-agterspelers van die Bokke se patetiese verdediging. Joost het naderhand nie meer geweet waar om te gaan keer nie.

Vir my beskik Hougaard oor die talent om die David Beckham van rugby te word. Sy sorgvrye vertoning in verlede jaar se Curriebekerfinaal het die stempel van grootsheid gedra. Werk die eksperiment, kan die Bokke uit hulle spiraal van onbeholpenheid uitbreek. Dink maar terug hoe het ’n geniale Naas Botha ’n wenkultuur by die Blou Bulle lewendig gehou.

Die Bokkeurders kan bekostig om een van die 26 toerplekke aan die jongeling af te staan. Louis Koen en André Pretorius kan ook saamgaan om in te staan as die eksperiment nie slaag nie.

Wat kan Strooihalm verloor? Hy hou reeds die rekord vir die Springbokafrigter wat met die grootste tellings oorsee en plaaslik verloor het. Die kanse is bitterskraal dat ons die Drienasies gaan wen. Die twee wedstryde wat werklik saak maak, is die botsings teen Engeland en (waarskynlik) die All Blacks tydens die Węreldbeker. Raak van Rudi Joubert ontslae en waag met Hougaard.

’n Laaste woordjie aan die keurders: Ek dink julle het oordeelkundig gekies tot nou toe. Dit was ’n baie moeilike taak om spelers te sif na die ellende van Twickenham verlede jaar. Ek dink nie die fout lę by julle nie. Ek dink die spelers het julle gedrop. Julle grootste probleem is dat Corné Krige tans glad nie die beste nommer 6-flank in die land is nie. Hoe lank kan julle nog bekostig om Hendrik Gerber te ignoreer? En wil julle regtig die węreld se bestes met ’n klomp pasiënte soos John Smit, Joe van Niekerk en Jean de Villiers aandurf? Daardie manne het maande lank nie kontakrugby gespeel nie. Om hulle nou na ’n paar oefenwedstryde teen die bestes in die węreld op die veld te stuur is moeilikheid soek.

23 Julie 2003

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.