Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Yebo 2003: Die sportjaar in oënskou

Shimmie Oberholzer

Ja, en nou is 2003 met ons. Sover dié jaar gaan dit nog goed met ons rugbyspanne — dis nou behalwe spelers wat bloot nie opdaag by oefeninge nie en die coach wat dink die man is op pad Stormers toe, maar dan sien ons daar was allietyd net ’n misverstand met die speler se kontrak. Dit smaak my die kommunikasie tussen die coach en die bestuurders by die Blou Bulle/Northern Bulls loop mooi! Dit dui sommer op ’n klopdisselboom-seisoen, voorwaar.

Verder ook mooi om te sien hoe die Cats/Gautengelenge nou vir Bob Skinstad welkom heet en hom ophemel as ’n speler van formaat. Ek kon sweer ek het sommige van dié ophemelaars laasjaar hoor gal braak oor hoe useless die glamour boy (hulle woorde) van die Kaap dan nou was. Maar nou is hy damn-orraait! Dit het niks met afguns, jaloesie of provinsialisme te doene nie, uh-uh, die ophemelaars sê hulle was net misquoted.

En dan wil ek graag net by Sarfu weet, is daar al planne gemaak om Piet Pens (amper sê ek iets anders!), van die turf af te hou hierdie jaar?

Sover rugby.

Krieket lyk nou baie goed; ons is selfs numero uno op die ranglys, en dis lekker, maar met stiltetyd weet ons almal die ware toets lê in die aanvat van die Ausse. Ek sien ook ons manne se houdings raak nou bietjie meer van die hardegat-soort op die veld, en dis mooi. Dis in alle geval die regte manier om die game te speel, maar ek wil vir Pollie waarsku, hy gaan nog eendag ander manne so aan die helmets trek en hulle koppe vryf, en dan moer iemand hom. Onthou vir Merv Hughes? Pasop, Pollie!

Verder is ek erg omgekrap met die Jacques Kallis-alien. Hy is nou besig om vrek hoog te figureer op beide die kolf- en boul-wêreldranglyste, en as iemand soos die Ausse dit uitvind (dat hy eintlik ’n alien is), gaan hulle sterk kapsie maak en dan sal SA van alle lyste geskrap word. Jacques, doen ons ware krieketliefhebbers én daai minister No-can-do Balfour ’n guns en doen die eerbare ding: bedank en gaan terug na die land (planeet) waar jy vandaan kom. Ons kan goed sonder jou klaarkom. No-can-do sê so, dan is dit mos so?!

Sover krieket.

Sokker los ek dié slag uit, want alles daar gaan mooi.

Maar die liewe Ernie Els (ja, hy wat sy huis so op die strand mag bou en ekke dog daar is iets soos beskerming van kusstelsels, hè minister Moosa?) se waardes slaan my so bietjie dronk. So ’n twee weke voor die Sun City Million Dollar-toernooi moes onse liewe Ernie êrens in die Verre-Ooste in ’n toernooi gaan speel. Onse Ernie het toe die organiseerders laat weet néé, hy kan ongelukkig nie, want dis darem so pas na sy seun se geboorte en hy wat Ernie is, is seker hulle wat sy fêns in die Verre-Ooste is, sal verstaan dat hy en sy gesin nou daar vir mekaar móét wees. Twee weke later toe draf onse liewe Ernie by Sun City uit, en ek luister, maar hoor boggerôl van “Ek wil by my gesin wees.”

En onse liewe Ernie wen ’n koele VSA$2 000 000!!!

En Suid Afrika juig!

Die feit dat daar ’n helse verskil in prysgeld is, het natuurlik niks daarmee uit te waai gehad nie! Uh-uh, Ernie was duidelik net behoorlik uitgerus.

En wragtag, die afgelope week reken Ernie (onse liewe) weer dat sou die organiseerders die SA Ope skuif om by die topspelers se programme in te pas, dan speel hy sommer volgende jaar weer in die SA Ope. Maar hier kom die beauty, reken onse liewe Ernie toe by, selfs al is dit net vir ’n paar miljoen rand!

NET VIR ’n PAAR MILJOEN RAND!!

(As Shimmie van die vloektipe was, dan het hy nou iets gesê wat met ’n ph begin en met ’n ok klaarmaak.)

Ek besef toe egter ek moet nie sinies wees nie — Ernie se dinge en bewegings het niks met geldgierigheid te make nie, hy is maar net genuine ’n ware familieman en op die koop toe ’n speler wat graag in sy nasionale Ope wil speel. Ek het, voordat ek dit besef het, eers gedink ek wil graag onse liewe Ernie aan ’n paar mense gaan voorstel wat enigiets sal gee net om ’n paar duisend rand in die hande te kry, aangesien die werkloosheid bietjie druk, jy sien? Maar soos gesê, ek het betyds besef ek moet nie lelik wees met Ernie nie, hy verdien dit nie; wat geld betref is sy voete plat op die aarde!

Laastens wil ek net vir daai topfiks minister No-can-do Balfour vra: Wat is nou eintlik sy amptelike siening op die “No normal sport in an abnormal society”-slagspreuk? Spesifiek wat betref Rob Mugabe. Want om mense van honger te laat omkom net omdat hulle nie vir jou stem nie, kwalifiseer darem seker as abnormaal? Ek het lank hieroor gedink, en ten einde besluit: die spelers moet in Zim speel. Politici moet eerder probeer om eerbaar hulle lande te bestuur. Indien dit die geval was, sou Rob in elk geval al lankal sy gat gesien het. Laat die manne speel en laat die televisiekameras die betogings wat by die gronde gaan wees, aan die wêreld wys. Dit veroorsaak dalk meer druk op daai ou despoot en miskien help dit die politici van die wêreld om ernstig daaroor te raak om Rob te pos. (Ek hoor dok Louis se faks werk nog en hy het hoeka nou spaartyd.)

En die mense, die regte sportliefhebbers van Zimbabwe, sien sommer terselletyd goeie krieket. Die gedagte dat al die onrustigheid dalk die Ausse en die Engele sodanig mag ontstel dat hulle perdalkies die twee wedstryde verloor, kom nie rêrig by my op nie.

Tot volgende keer.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.