Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Supertwaalf: Lazarus, die Matroos en die Choker

Blou Bul Braampie

Die Supertwaalf-reeks het nog nie begin nie, maar die beseringslyste lyk al klaar meer indrukwekkend as die spanlyste.

Die Stormers het verras deur die Lazarus van heelagterspel, Marius Goosen, vir die wedstryd teen die Sharks te kies. Die vele kere wat ek Marius dopgehou het, het hy my meesal teleurgestel. Hy is veral bekend vir die indrukwekkende drieë wat hy afgestaan het, eerder as vir dié wat hy gedruk het. Aan die positiewe kant moet egter genoem word dat hy nie ’n bang haar op sy kop het nie en dat hy by die Bulls genoeg kans gehad het om te verdedig. Die vrygewige agterlyn van die Bulls het in die verlede dikwels aan Marius die kans gebied om manne soos Lomu, Umaga en Roger Randall in die laaste vesting te stuit.

Die Sharks het die ikoon van onvoorspelbare losskakelspel gekies om Goosen besig te hou. Gaffie du Toit is op ’n goeie dag ’n yster wat kan drop, score en place. Op ’n slegte dag sal ek hom nie eers by ’n Sondagskoolpiekniek laat pale toe skop nie. ’n Ware “choker” as jy nog nooit een gesien het nie.

Teenoor hom Werner Greeff, ’n karnallie van ’n losskakel wat, volgens sy eie belydenis, sy loopbaan baie skade aangedoen het met ’n laat doodvat op Manie du Toit twee seisoene gelede. Du Toit het sy enkel gebreek en Greeff het die Stormers se toer na Australasië weens skorsing misgeloop. Sy plek is deur ’n jeugdige De Wet Barry oorgeneem en die res is geskiedenis. Greef is ewe tuis op senter en vleuel, maar het blykbaar sy rugbytande op losskakel gesny. Hy is groot en seepglad met ’n goeie kop. Met die vlugvoetige Bolla Conradie as skakelmaat kan Greeff dalk net genoeg beweegruimte hê om Gaffie paniekerig te stem. Ek dink Smal het ’n meesterkaart gespeel. Greeff is die regte ou om Gaffie te laat choke. Die vraag is nou net of Lazarus die pas sal kan vat.

Die Bulle en Katte pak mekaar op Loftus in ’n wedstryd wat weinig bied om oor opgewonde te raak. Heyneke Meyer het in die voetspore van sy voorgangers gevolg en beloof dat die Bulle vanjaar die leeutemmers van die Supertwaalf gaan wees. Sy argumente het vir my alte veel na ’n stukkie Jerry Springer-filosofie geklink.

Die Bulle se nuwe kaptein is tuisgekweek in die grootgeldgordel van Waterkloof. Chris le Roux (jr) is die seun van die Afrikaanse minnesanger Chris (sr). Die bietjie wat ek van Chris (jr) gesien het, het my nie beïndruk nie. Sy verdediging was verlede seisoen net nie goed genoeg nie en sy spoed ontoereikend wanneer dit saak gemaak het. Diegene na aan die span sê hy is ’n besielende leier. Ons sal maar moet wag en kyk of hy die mas opkom. Die verlede het egter geleer dat goeie kapteinskap selde genoeg is om ’n speler se plek in die span te verseker.

Vanjaar is dit uithaal en wys vir Heyneke se Bulle. Teen een van die swakker Katte-spanne in jare sal die Bulle moet wen om te wys dat hulle wel nog in die reeks hoort. Die nuwe afrigter van die Katte, Frans Ludecke, speel sonder vier puik losvoospelers. Dit is veral Andre Vos se genadelose dryfwerk wat hy die meeste gaan mis.

Die interessantste wedstryd is beslis die Brumbies teen die Reds. Die beroemde Wendell Sailor is uiteindelik deel van die 15-man-kode en gereed om ’n duik vir die Reds te maak.

Die Brumbies is die oorweldigende gunstelinge om die reeks te wen. Die Matroosman, wat tot onlangs nog rugbyliga vir die Brisbane Broncos gespeel het, is nie verniet gewerf nie. Met die leemte wat die uittrede van John Eales gelaat het, het die Reds naarstiglik na ’n nuwe trekpleister gesoek. Met ’n reusekontrak en ’n sakvol Wêreldbekerbeloftes onder die arm, het die nuweling verlede week die pawiljoene volgepak tydens ’n opwarmingswedstryd. Die Brumbies sal egter sy vaardighede deeglik toets.

Voorspellings: Die Brumbies, die Sharks, die Cats, die Hurricanes, die Chiefs en die Crusaders vir ’n wen. Die Brumbies teen die Sharks in die finaal.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.