Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ope brief aan Rudolf Strooihalm

Beste mnr Strooihalm

Ek onthou jou woorde aan die begin van die seisoen. Jy het gesê ons sal moet groen bloei vir die Bokspan. Wel, met jou aan die stuur, moet ek bely, bloei ons al die kleure van die reënboog. Jy gee nuwe betekenis aan die woord reënboogvolk.

Die nuus wat ek vir jou het, behoort jou nie te verras nie. My boodskap is eenvoudig: Wanneer jy Saterdag oor die veld stap om die veldoppervlak in Carisbrook te inspekteer, wil ek hê die volgende woorde moet deur jou kop weergalm: The Buck stops here.

Voordat jy jou kop oor die vertolking breek, verduidelik ek die stelling. Dis eenvoudig. In al jou propaganda het jy en jou spindokters verkondig dat dit die Wêreldbekerprestasies van die deelnemende spanne sal wees wat die lot van die afrigters sal bepaal. Dit is ongelukkig op hierdie stadium net wensdenkery. Die feit van die saak is dat nog ’n vrot Springbokvertoning jou doppie gaan klink. Die volk het genoeg gehad.

Ek sien die Bokke se flou vertoning teen die Wallabies het sommer jou skryflus ook gedemp. Jou weeklikse wyshede het nie in Rapport verskyn nie. Boonop het die tugkomitee nog vir Bakkies en Kempies ook uit jou planne weggeruk.

Wat nou gemaak? Vir my stem jou posisie nogal ooreen met die van ’n dobbelaar wat met sy laaste R100-skyfie by die roelettafel stelling inneem. Jy het een kans om in spel te bly. Jou oorlewingskanse lyk op medium termyn maar beroerd. Ek sien jy het die naweek reeds aangedui dat Louis Koen dalk gepos kan word. Hoe gaan jy dit aan Rooi Rudy verduidelik?

As regsgeleerde behoort jy te weet van die spreuk in die erfreg wat sê jy moet jou vertroue gaan soek waar jy dit gelaat het. Dieselfde beginsel geld vir rugby-afrigters. Dit sal sinneloos wees om nou vir Koen uit die beginspan weg te laat. Aan die ander kant vereis die dobbel-scenario wat ek hier bo vir jou geskilder het, senuwees van staal. Dalk moet jy maar die kans waag en met Joost en Russell op skakelpaar begin. Pretorius en Barry kan die middelveld vorm, terwyl Jorrie Muller op vleuel en Terblanche op heelagter kan diens doen. Dit gee jou genoeg spoed op die verdediging - ’n kommoditeit waarsonder jy nie op die veld kan gaan nie.

Ek verkies Joost op skrumskakel, want hy skrik nie vir Marshall nie. Die twee ken mekaar se spel goed en agter ’n stewige Springbokpak kan min verkeerd loop. Speel Russell op losskakel en kyk of jy deur die All Blacks se verdediging kan kom. Hy het genoeg flair om die opponente se verdedigers te laat twyfel. Boonop het die Wallabies verlede Saterdag gewys dat die All Blacks nie daarvan hou om te verdedig nie. Onthou net, as jy Russell en Pretorius langs mekaar laat speel, sal jy ’n losvoorspeler moet kry om die gapings te help toestop. Wannenburg kan dalk jou beste opsie wees. Gebruik hom as ’n skaduwee vir Spencer en hou dan duime vas dat die twee Bonsai-agterspelertjies hulle opponente kan blok. Let wel, ek sê nie onderstebo duik nie.

Laastens kan jy vir Geo Cronjé sy langverdiende debuutkans gee. Meer kan jy nie doen nie.

Ek hoop dit werk.

Blou Bul Braampie

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.