Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Suiwere beginsels van sakewęreld behoort ook in rugby-arena toegepas te word

Kaapse Kuifie

Die verduidelikings is tog so slim en word tog so mildelik uitgedeel. Suid-Afrikaanse rugby is in die sop want ons spanne vertoon vrot in die Super 12. Die redes is swak afrigting en ’n gebrekkige voederstelsel wat nie talent vroeg genoeg identifiseer nie. Die wisselkoers is vrot, so spelers wyk uit agter ponde en Euro’s aan. Daar word selfs gesę ons spelers is nie fiks genoeg nie, ondanks die feit dat daar voor die Super 12 op TV vertoon is hoe spelers sedert November verlede jaar ysters pomp in afwagting vir “hierdie seisoen, die een waar ons werklik na vore sal kom”.

Die manne by SARVU, asook die paar rugbyskrywers wat als wat hierdie spul sę, vir soetkoek opvreet, sweer trou aan hierdie redes en sal seker die watertekort, die gat in die osoonlaag en die binneboudmates van die Lotto-meisies ook blameer vir ons patetiese Super 12-vertonings. Als om weg te skram waar die probleem werklik lę: heel bo by SARVU, waar besturende direkteur Rian Oberholzer en sy “ę-baas”-voorsitter Silas Nkanunu besig is om die moreel van ons rugbyspelers uit te suig en in hul Castle Lagers uit te spoeg.

Wat ek nie kan verstaan nie, is waarom die suiwere beginsels wat in die sakewęreld geld, nie ook in die rugby-arena toegepas kan word nie. In die sakewęreld word die besturende direkteur en die voorsitter uiteindelik verantwoordelik gehou vir prestasie. As die syfers herhaaldelik sleg lyk, trap die direksie nie die voormanne uit nie, maar vra die bestuurspan heel bo om te verduidelik.

In die rugby-opset lyk die syfers nou die afgelope drie seisoene pateties. Spelers en afrigters kom egter in die spervuur, sonder dat die bestuurspan verantwoording hoef te doen.

Die hoofprobleemarea is, ongelukkig, regstellende aksie. Oberholzer en “ę-baas”, te ruggraatloos om die regeringslui tot rasionaliteit te probeer oorreed, plaas enorme druk op afrigters en spelers deur formules vir spansamestellings af te dwing. ’n Geforseerde twee spelers “van kleur” op die veld maak dit vir Super 12-spanne uiters moeilik om hul fokus te hou op hul hooftaak, naamlik om te wen. ’n Gebrek aan fokus lei weer tot ’n gebrek aan spanmoreel, en sonder spanmoreel kan jy lyne hardloop en verdedigingstegnieke toepas tot jy blou is in die gesig, maar sukses gaan jy nie behaal nie.

Waarom is die Stormers die beste Suid-Afrikaanse span in die Super 12? Fyn, goed afgerig met ’n neiging tot opwindende spel. Maar niemand kan stry dat hulle die gelukkigste en mees gemotiveerde plaaslike span in die reeks is nie.

Ja, die Stormers moet ook SARVU se regstellende drome trotseer. Maar die Stormers is gelukkig dat daar genoeg goeie swart spelers in die omtrek is om die getalle vol te maak. Hoewel dit soms ook maar taai gaan, soos John Daniels uitgevind het terwyl Gus Theron die bankie teen die Waratahs warm moes hou.

Ander spanne is minder gelukkig as die Stormers. Hoe moeilik moet dit nie vir afrigters wees om heeltyd oor hul skouer te loer en te wonder of hul spanne verteenwoordigend genoeg is nie? Wat van belowende jong wit spelers wie se seleksie deur politiekery verhoed word? Die strawwe aard van die Super 12 is allermins die regte tyd om ontwikkelingsaksies toe te pas, en myns insiens is hierdie bykomende drukfaktor — wat die Aussies of die Kiwi’s nie het nie — een van die hoofredes vir die patetiese vertonings.

Soos die politiek nou maar gaan, is die politici se sterte pronkerig noudat hulle oor SARVU geloop het en weet Oberholzer en “ę-baas” sal doen wat van hulle gevra word. Wat verhoed hulle dus om ses swart spelers voor te skryf vir die Węreldbekerspan?

Hiermee wil daar geensins geďnsinueer word dat daar nie talentvolle swart spelers is nie. Die Paulses, die Bobo’s en die Conradies — om ’n paar te noem — het bewys daar is.

Daar moet net ’n duidelike verskil aangeteken word tussen internasionale kompetisie en ontwikkelingsaksies. Die Super 12 en die Drienasies behoort nie die plek vir eksperimentering, regstellende gebare en politiekery te wees nie.

Waarom nie? Kyk na die scoreboard, oom.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.